Lone (grondslag van aantal weke) Voorbeeld Klousules

Lone (grondslag van aantal weke). Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot die verlies wat deur die versekerde gely word weens die betaling van die lone vir die tydperk wat begin met die plaasvind van die skade en nie xxxxxx as die gespesifiseerde aantal weke daarna voortduur nie. Die bedrag wat as skadeloosstelling ingevolge hierdie item betaalbaar is, is die werklike bedrag wat die versekerde vir sodanige tydperk as lone betaal aan werknemers wie se dienste as gevolg van die skade hoegenaamd nie deur die versekerde benut kan word nie en ’n billike gedeelte van die lone wat vir sodanige tydperk aan werknemers betaal word wie se dienste as gevolg van die skade nie ten volle deur die versekerde benut kan word nie. Met dien verstande dat die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word indien die versekerde bedrag van hierdie item minder is as die totale bedrag wat gedurende die gespesifiseerde aantal weke onmiddellik ná die skade aan lone betaal sou gewees het indien die skade nie voorgekom het nie. Item 6