Bruto wins (verskilgrondslag) Voorbeeld Klousules

Bruto wins (verskilgrondslag). Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot verlies aan bruto wins te wyte aan 1. vermindering in omset en 2. verhoging in bedryfskoste en die bedrag hierkragtens as skadeloosstelling betaalbaar is 1. ten opsigte van ‘n vermindering in omset, die bedrag verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag waarmee die omset gedurende die skadeloosstellingstydperk as gevolg van die skade by die standaardomset tekort skiet. XXXX/410/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003 2. ten opsigte van die verhoogde bedryfskoste, die bykomende uitgawes noodsaakliker- en redelikerwys aangegaan met die uitsluitlike doel om die vermindering in die omset xx xxxxx of te verminder wat as gevolg van die skade gedurende die skadeloosstellingstydperk sou plaasgevind het indien daardie uitgawes nie aangegaan was nie, maar hoogstens die som verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag van die vermindering daardeur vermy min enige bedrag gedurende die skadeloosstellingstydperk bespaar ten opsigte van sodanige koste en uitgawes van die besigheid wat uit die bruto wins betaalbaar mag wees en wat gestaak of verminder mag word as gevolg van die skade, met dien verstande dat die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word indien die versekerde bedrag ten opsigte van bruto wins minder is as die bedrag wat verkry word deur die bruto winskoers toe te pas op die jaarlikse omset indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 maande of minder is of die toepaslike veelvoud van die jaarlikse omset indien die maksimum skadeloosstelIingstydperk 12 maande oorskry. Item 1 - Bruto wins (byvoegingsgrondslag) Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot verlies aan bruto wins te wyte aan 1. ‘n vermindering in omset en 2. ‘n verhoging in bedryfskoste en die bedrag hierkragtens as skadeloosstelling betaalbaar is 1. ten opsigte van ‘n vermindering in omset, die bedrag verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag waarmee die omset gedurende die skadeloosstellingstydperk as gevolg van die skade by die standaardomset xx xxxx skiet; 2. ten opsigte van die verhoogde bedryfskoste, die bykomende uitgawes noodsaakliker- en redelikerwys aangegaan met die uitsluitlike doel om die vermindering in die omset xx xxxxx of te verminder wat as gevolg van die skade gedurende die skadeloosstellingstydperk sou plaasgevind het indien daardie uitgawes nie aangegaan was nie, maar hoogstens die som verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag van die vermindering daardeur v...