PRAKTIESE TEOLOGIE – ’N TEOLOGIESE HANDELINGSWETENSKAP Voorbeeld Klousules

PRAKTIESE TEOLOGIE – ’N TEOLOGIESE HANDELINGSWETENSKAP. Binne die beoefening van praktiese teologie as handelingswetenskap, is daar verskil- xxxxx beklemtoninge (Xxxxxx, 1997:14). Praktiese teologie is ‘n handelings - wetenskap omdat die geloofshandelinge xxx xxxxx en die handelingsvelde wat daardeur geskep word, die voorwerp van wetenskaplike studie is. Die handelinge waarvan daar sprake is, word krities beoordeel met die oog op moontlike wysigings (Pieterse, 1993:42). Die handelinge is die kerklike of gelowiges se pogings tot kommunikasie van die Evangelie. In hierdie proses word die Skrif as kernbron gerespekteer alhoewel dit op ‘n indirekte eerder as ‘n direkte wyse funksioneer. Teologiese insigte word uitgebrei en verryk uit die geloofservaring en die ander menswetenskappe. Hoewel die kerk in xx xxxx steeds die fokus xxx, is die algemene gerigtheid xxxx (Burger, 1991:60-61). Oor wat onder die begrip handelingswetenskap verstaan word, skryf Firet (1987:31- 32): “Dat ze gericht is op concrete handelingsvelden; dat ze omwille van het handelen de handelingssituaties en het handelen in de betreffende velden analyseert in hun feitelijkheid en hun potentialiteit; dat ze dit doet xx xxxx op grond van een empirie-transcenderende kritische theorie – voor de betreffende handelingsvelden handelingsmodellen en –strategieën te ontwikkelen.” Die ontwikkeling van praktiese teologie as handelings -wetenskap, het dit nie ten doel om die band wat die disspline met die dogmatiek het, xxxx xx sny nie. Wat die oogmerk wel is, is om die vak van sy beeld as toegepaste wetenskap te ontdoen en vanuit empiriese gesigspunt ‘n eie selfstandige as objek van die teologie op te bou (Heitink, 1993:125). Kritiek teen die handelingswetenskaplike benadering is dat daar te veel xxxx op menslike handelinge gelê word. Veral diegene wat xxxxx Bybels-hermeneuties werk, redeneer dat ofskoon die praxis ‘n rol speel, dit sekondêr is. Xxxxxx (1999:50) skryf: “Die oplossing hiervoor is gesien in die voorstel dat Praktiese Teologie vanweë die aard van die vak gefokus is op die kommunikatiewe (dialektiese/dialogiese) in die handelingsteorie en nie op die handelinge as sodanig nie. Hiermee is gepoog om enige aktivisme of eensydige horisontalisme uit xx xxxxxx. Die werklikheid en praxis van God moet in prakties -teologiese beoefening voorop staan. Want die geloofs -handelinge xxx xxxxx word gegrond in God se handelinge met die mens in die verlede, hede en toekoms. Dit vorm die basis van die handelinge.” Die handelingswetenskaplike benadering tot die beoef...