Skeidingsloon Voorbeeld Klousules

Skeidingsloon. Artikel 41 ’n Werknemer wie se diens as gevolg van bedryfsvereistes beëindig word of wie se dienskontrak ingevolge artikel 38 van die Insolvensiewet, 1936, beëindig word, is geregtig op ‘n skeidingsloon van een week se besoldiging vir elke voltooide jaar van diens. 5.4
Skeidingsloon. (1) Vir die doeleindes van hierdie artikel beteken "bedryfsvereistes" vereistes gegrond op die ekonomiese, tegnologiese, strukturele of soortgelyke behoeftes van 'n werkgewer. (2) 'n Werkgewer moet 'n werknemer wat ontslaan word weens redes gegrond op die werkgewer se bedryfsvereistes of wie se dienskontrak ten einde loop of beëindig word ingevolge artikel 38 van die Insolvensiewet, 1936 (Wet 24 van 1936), 'n skeidingsloon betaal gelyk aan minstens een week se besoldiging vir elke voltooide jaar aaneenlopende diens by daardie werkgewer, bereken ooreenkomstig artikel 35. [Sub-a. (2) vervang by a. 9 van Wet 11 van 2002.] (3) Die Minister kan die bedrag van die skeidingsloon ingevolge subartikel (2) by kennisgewing in die Staatskoerant verander. Hierdie verandering mag slegs gedoen word na oorleg met NEOAR en die Koördinerende Bedingingsraad vir die Staatsdiens ingestel kragtens Bylae 1 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995. (4) 'n Werknemer wat onredelikerwys xxxxx xx die werkgewer se aanbod van alternatiewe diens by daardie werkgewer of 'n ander werkgewer te aanvaar, is nie op 'n skeidingsloon ingevolge subartikel (2) geregtig nie. (5) Die betaling van 'n skeidingsloon ter nakoming van hierdie artikel raak nie 'n werknemer se reg op enige ander bedrag wat regtens betaalbaar is nie. (6) Indien daar 'n geskil is wat net oor die geregtigdheid op 'n skeidingsloon ingevolge hierdie artikel handel, kan die werknemer die geskil skriftelik xxxxxx xx- (a) 'n raad, indien die partye by die geskil binne die geregistreerde bestek van daardie xxxx xxx; of (b) die KVBA, indien xxxx xxxx jurisdiksie het nie. (7) Die werknemer wat die geskil na die raad of die KVBA xxxxxx, moet hom oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (8) Die raad of die KVBA moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (9) Indien die geskil onbesleg xxx, xxx die werknemer dit na arbitrasie xxxxxx. (10) Indien die Arbeidshof 'n geskil oor 'n ontslag gegrond op die werkgewer se bedryfsvereistes bereg, kan die Hof die bedrag aan skeidingsloon waarop die ontslane werknemer geregtig mag wees, ondersoek en bepaal en kan die Hof 'n bevel uitreik wat die werkgewer gelas om daardie bedrag te betaal. 42