TEORIE EN PRAXIS IN PRAKTIESE TEOLOGIE. Oor die teorie/praxis verhouding in praktiese teologie, skryf Xxxxxxx en Xxxxxxxxx (1996:43): “At the heart of all theology their lies a particular set of crucial theoretical yet practical issues. What is the relationship between the specific theological activity of describing the nature and content of the Christian faith and what Christians actually do in their lives? … That is : what is the relationship between theory, ideas and doctrine, on the one hand, and the practical action which expresses that belief on the other.” Die praktyk waarna in die praktiese teologie xxxxxx word, is die geloofshandelinge van individue en groepe in die samelewing sowel binne as buite die kerk, wat hulle lewe en samelewing wil laat inspireer deur die Christelike tradisie met die oog op xxxx vir die mens en die wêreld (Heitink, 1993:148). Oor wat met teorie bedoel word, skryf Xxxxxxx (1993:149): “Onder theorie word verstaan een samehangende hermeneutische-theologische theorie, die de Christijke tradisie betrek op en verbindt met de ervaring, het leven en handelen van de moderne mens.” In beide die omskrywinge van praxis en teorie is daar sprake van die Christelike tradisie. Om hierdie rede word daar met teorie bedoel die teologiese teorie wat die kommunikasie van die Evangelie van Xxxxx in en xxxx die kerk in die wêreld dien (Firet, 198:34). Daar bestaan egter nie so iets xxxx ‘n suiwer teorie nie, ook nie ‘n suiwer teologiese- of prakties -teologiese teorie nie. Teorieë staan in die gang van die geskiedenis en is ‘n verlengstuk van die geskiedenis. Dit beteken dat xxxx xxxxxx direk of indirek in verhouding tot die praxis staan en word sy vorming deur die praktyk beinvloed. Prakties -teologiese teorieë is gebed in die gebeure rondom Christus se aardse lewe en bediening en tegelyk teorieë vir die samelewing van ons tyd. Om hierdie xxxx xxx bestaan daar ook nie so iets xxxx ‘n teorielose praxis nie. Praxis word altyd deur teorie bepaal (Wolfaart, 1978:285-286; Heitink, 1993:149). In prakties -teologiese ondersoeke speel die verhouding tussen teorie en praxis ‘n belangrike rol. Hulle mag nie teen mekaar afgespeel word nie. Hulle beklee ‘n gelykwaardige posisie langs mekaar. Hoewel hulle gelykwaardig is, staan hulle tot mekaar in ‘n verskeidenheid verhoudinge, naamlik van volledig skeiding tot identifikasie met mekaar. Die verhouding word die beste as ‘n bipolêre spannings - verhouding beskryf deurdat daar nie volledig skeiding, maar ook nie identifikasie mag wees nie. Teorieë m...