Woordeboekbetekenis van finansieringskostes Voorbeeld Klousules

Woordeboekbetekenis van finansieringskostes. Volgens Die Woordeboek van Regs en Handelsterme (1992:51) word finansier omskryf as die voorsiening, verkryging, beheer van finansies. Black’s Law Dictionary (2007:662) definieer finansiering as xx xxxxxx te verkry of te voorsien. Black’s Law Dictionary (2002:663) dui aan dat finansiering ook die daad of proses is xx xxxxxx te verkry (“act or process of raising or proving funds”). The South African Concise Oxford Dictionary (2002:430) omskryf weer finansiering as die geldelike ondersteuning van ʼn onderneming (“monetary support of an enterprise”). Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (2000:224) omskryf finansier as geld verskaf of verkry. Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (2010:265) omskryf finansiering as die verskaffing van geld. Dit blyk uit die bogenoemde dat die gewone woordeboekbetekenis van die woord finansieringskostes xxxxxx xx die xxxxx xx geld te verkry, asook die xxxxx xx xxxxxx xx voorsien. Leningskommissie is die koste vir die verkryging van lenings en vervolgens word daar aan die hand gedoen dat dit binne die gewone woordeboekbetekenis van finansieringskostes val. Die vraagstuk of finansieringskoste naby verwant is aan rente moet bepaal word om tot ʼn gevolgtrekking te kan kom of leningskommissie binne die omskrywing rente en verwante finansieringskoste val. Die betekenis van die woord verwant word voorts bespreek om tot die bogenoemde gevolgtrekking te kan kom. 2.3.3