Hoeveel soorte dienskontrakte is daar?
Hoeveel soorte dienskontrakte is daar?
Daar bestaan 2 tipes kontrakte:
Onbepaalde termyn dienskontrakte
Meeste dienskontrakte is onbepaald wat beteken dat wanneer ‘n werknemer begin werk weet
niemand wanneer die kontrak gaan eindig nie. ‘n Onbepaalde termyn dienskontrak kan slegs op een van die volgende wyses beëindig word:
• Deur afdanking of beëindiging van die kontrak weens wangedrag of die onbekwaamheid van ‘n werknemer of a.g.v. besnoeiing.
• Wanneer die weknemer normale aftree ouderdom bereik xxxx neergelê deur die maatskappy of industrie.
• By afsterwe van die werknemer.
Bepaalde termyn dienskontrakte
• Dit gebeur gereeld, veral op plase dat die werkgewer na ander gebiede gaan xx xxxxx te werf om op die plaas op ‘n tydelike basis xx xxxx. Die werknemers verlaat xxx xxxxx tuistes om op die plase te gaan werk. Hierdie werkers kan xx xxxxxx word as kontrakwerkers.
• Sommige plase het tye wat hulle ekstra werkers nodig het. Hierdie tye word seisoene genoem. Indien ‘n werknemer slegs vir die seisoen op die plaas werk, word hy of sy ‘n seisoenwerker genoem.
• Vir beide kontrakwerkers en seisoenwerkers moet die werkgewers die werknemers vir die volle kontraktermyn betaal selfs al sou daar nie meer werk oor wees om te doen nie. Indien ‘n werkgewer ‘n werknemer aanstel vir ‘n jaar, moet die werknemer vir die volle jaar betaal word, tensy die kontrak beëindig word a.g.v. die werknemer se foutiewe optrede of gedrag.
• Die werkgewer kan nie die bepaalde termynkontrak vroeër beëindig nie, behalwe as die kontrak pertinent hiervoor voorsiening maak.