LOONBETALINGS
Wat is die regsposisie?
Wat word aanbeveel?
Xxxx moet volgens ‘n skriftelike ooreenkoms op die gewone betaaldag betaal word, of
• aan die einde van die loontydperk, of
• met diensbeëindiging.
Xxxx kan kontant, per tjek of in ‘n werknemer se bankrekening betaal word. Werkgewers mag nie lone of ‘n gedeelte daarvan weerhou vir die:
• indiensneming of opleiding van ‘n werknemer,
• verskaffing van toerusting of gereedskap, of
• voorsiening van beskermende drag of toerusting nie.
Xxxx wat kontant of per tjek betaal word, moet aan alle werknemers gegee word:
• by die werkplek of ‘n plek wat afgespreek is met die werknemer;
• gedurende die werknemer se werkure; en
• in ‘n verseëlde koevert.
Die elektroniese oorplasing van geld is waarskynlik die veiligste betaalmetode. Die werkgewer kan werknemers help om ‘n bankrekening te open.