Stilbaai Rioolwerke Konstruksiewerk aan die Stilbaai Rioolwerke sal binnekort in aanvang neem.
Stilbaai Rioolwerke
Konstruksiewerk aan die Stilbaai Rioolwerke xxx binnekort in aanvang neem.
Die tenders vir die konstruksie is reeds toegeken en die kontrakteurs gaan binnekort op terrein wees. Die werke bestaan uit ‘n siviele kontrak en ‘n meganies/elektriese gedeeltes:
Siviele Kontrak
Tender Nommer: HES-TECH 45/1819
Tender Beskrywing: Opgradering van die Stilbaai Rioolwerke: Siviele Werke
Kontrakteur: Ruwacon (Pty) Ltd
Kontrak waarde ( BTW Ingesl): R 7 051 767.34 (BTW In)
Meganies / Elektriese Kontrak
Tender Nommer: HES-TECH 44/1819
Tender Beskrywing: Opgradering van die Stilbaai Rioolwerke: Meganies en Elektriese Werke
Kontrakteur: Inenzo Water (Pty) Ltd
Kontrak waarde ( BTW Ingesl): R 8 092 064.31 (BTW In)
Beide kontrakte xxx voltooi wees teen 30 Junie 2020. Die hoofdoel van die projek is om die suiwerings-kapasiteit op te gradeer om aan nasionale standaarde te voldoen. Die kapasiteit xxx voldoende wees vir die huidige behoeftes van Stilbaai en xxx ook voorsiening maak vir die vakansie seisoen spitse. Die doelwit is om teen Desember 2019 reeds sekere kritieke elemente te voltooi sodat die komende seisoen goed verloop.