MultiChoice (Eiendoms) Beperk FAIS-Openbaarmaking
MultiChoice (Eiendoms) Beperk FAIS-Openbaarmaking
MultiChoice (Eiendoms) Beperk (”MultiChoice”) is ‘n gemagtigde finansiëledienste-verskaffer (FDV), registrasienommer 11514. As ‘n regstreekse bemarker word hierdie openbaarmaking gedoen ter vervulling van die bepalings van paragraaf 15 van die Algemene Gedragskode.
Die verhouding tussen MultiChoice en NMS Insurance Services (SA) Limited is gegrond op ‘n armlengte-kontrak waarvolgens NMS Insurance Services (SA) Limited die versekeringsfasiliteit van u dekodeerderdienskontrak verskaf.
MultiChoice, as die gemagtigde nie-verpligte tussenganger van die produkte hieronder, ontvang ‘n 20%-kommissie op die premies op die dekodeerderdienspolisse wat maandeliks deur NMS Insurance Services (SA) Limited onderskryf word, vir die voorsiening van tussengangerdienste aan NMSIS.
Alle telefoongesprekke met u word opgeneem en ‘n transkripsie van die opname is beskikbaar op versoek. MultiChoice aanvaar verantwoordelikheid vir die optrede van sy personeel wat volgens hul mandaat optree. MultiChoice is in besit van professionele vrywaringsversekering.
MultiChoice is gemagtig om te adviseer en tussengangerdienste xx xxxxx met betrekking tot die volgende produkte:
• Korttermynversekering – Persoonlike produkte
• Korttermynversekering – Handelsprodukte
Slegs sekere MultiChoice-werknemers mag u adviseer oor die bogenoemde produkte.
Indien u ’n klagte het, skakel MultiChoice waar ‘n klagtebeampte na u klagte xxx omsien. Let asseblief daarop dat, volgens die bepalings van die FAIS-wetgewing, alle klagtes skriftelik aan ons gemaak moet word en dit mag op een van die volgende maniere aan ons gelewer word:
• Ingelewer by enige van ons takkantore
• Gefaks aan (011) 577 4908
• Per e-pos aan XXX@xxxxxxxxxxx.xx.xx
.
Merk die klagte asseblief duidelik as “DDK-klagte”.
Indien ons nie die klagte xx xxxxx oplos nie, mag u ‘n xxxx indien by enige van die bemiddelaars wie se besonderhede hieronder verskyn, maar in die besonder by die FAIS- ombudsman. Indien u meer wil weet van ons klagteprosedure, besoek asseblief xxxx://xxx.xxxx.xxx vir verdure inligting aangaande die klagteprosedure.
Die voldoeningsbeampte se besonderhede:
Xxxxx Xxxx Key Comply cc
Voldoeningspraktyknommer 6090
Suite 11, 2 Hood Laan, Rosebank, 2196
Posbus 752415 Gardenview 2047
Telefoonnommer: (011) 447 0747 E-pos: xxxxx@xxxxxxxxx.xx.xx
Die FAIS-ombudsman se besonderhede vir alle klagtes rakende FAIS-advies
Die Klantekontak-afdeling Die FAIS-ombud
Celtis House Eastwood-kantoorpark Lynnwood
Pretoria
Posbus 74571 Lynnwood Ridge 0040
Telefoonnommer 0860 FAISOM (324 766) E-pos: xxxx@xxxxxxxxx.xx.xx
Die korttermyn-ombusman se besonderhede vir alle klagtes rakende korttermynversekering
Sunnyside-kantoorpark Vyfde verdieping, Gebou D Princes of Wales-terras Parktown
Johannesburg 2193
Posbus 32334 Braamfontein 2017
Telefoonnommer: (011) 726 8900
Faksnommer: (011) 726 5501 E-pos: xxxx@xxxx.xx.xx
Shoprite Checkers (Eiendoms) Beperk FAIS-openbaarmaking
Polisse waarvoor Shoprite Checkers die gemagtigde tussenganger vir premie-invordering is
Shoprite Checkers (Eiendoms) Beperk, wat handel dryf as Shoprite Checkers, is ‘n gemagtigde finansiëledienste-verskaffer (FDV), registrasienommer 7732.
Die verhouding tussen Shoprite Checkers en NMS Insurance Services (SA) Limited is gegrond op ‘n armlengte-kontrak waarvolgens NMS Insurance Services (SA) Limited die versekeringsfasiliteit van u dekodeerderdienskontrak verskaf. Shoprite Checkers is ’n geregistreerde privaat maatskappy en het geen belang in NMS Insurance Services (SA) Limited nie.
Shoprite Checkers aanvaar verantwoordelikheid vir die optrede van sy personeel wat volgens hul mandaat optree. Shoprite Checkers is in besit van professionele vrywarings- en getrouheidsversekering.’n Tussenganger-waarborgfasiliteit is in plek.
Shoprite Checkers is gemagtig om premies in te vorder namens NMS Insurance Services (SA) Limited vir korttermyn-versekering – persoonlike produkte, beperk tot polisse waarvoor dit die gemagtigde tussenganger vir premie-invordering is.
Indien u ’n premie-invorderingsklagte het, skakel asseblief vir Shoprite Checkers waar ‘n klagtebeampte na u klagte xxx omsien. Let asseblief daarop dat, volgens die bepalings van die FAIS-wetgewing, alle klagtes skriftelik aan Shoprite Checkers gemaak moet word en dit mag voorgelê word by die Shoprite Checkers-tak waar u die betaling gemaak het.
Indien Shoprite Checkers nie die klagte xx xxxxx oplos nie, mag u ‘n xxxx indien by enige van die bemiddelaars wie se besonderhede hieronder verskyn, maar in die besonder by die FAIS- ombudsman. Indien u meer wil weet van Shoprite Checkers se klagtebeleid en -prosedure, besoek asseblief xxxx://xxx.xxxxxxxx.xx.xx of doen navraag by enige van Shoprite Checkers se takkantore.
Voldoeningsbeampte se besonderhede:
Xxxxx van der Xxxx Privaatsak X10036
Xxxxxxxxxxxxx 0 Xxxxxxxx
Meadowvale Mall 1610
Edenvale 1610
Telefoonnommer: (000) 000 00000
Faksnommer: (011) 456 71
Die FAIS-ombudsman se besonderhede vir alle klagtes rakende FAIS-advies
Die Klantekontak-afdeling Posbus 74571
Die FAIS-ombud Lynnwood Ridge
Celtis-huis 0040
Eastwood-kantoorpark Lynnwood
Pretoria
Telefoonnommer 0860 FAISOM (324 766) E-pos: xxxx@xxxxxxxxx.xx.xx
Die korttermyn-ombusman se besonderhede vir alle klagtes rakende korttermynversekering
Sunnyside-kantoorpark Posbus 32334
Vyfde verdieping, Gebou D Braamfontein
Princess of Wales-terras 32 2017
Parktown Johannesburg
Telefoonnommer: (011) 726 8900
Faksnommer: (011) 726 5501 E-pos: xxxx@xxxx.xx.xx
Shoprite Checkers se besonderhede
H/v Xxxxxxx Xxxx & Old Paarl-weg Posbus 215 Brackenfell Brackenfell
7561 7561
Telefoonnommer: (021) 980 4000
Faksnommer: (021) 980 4273
Maatskappy-registrasienommer: 1929/001817/07