Huishoudelike Versekering Afdeling algemene huishoudelike aanspreeklikheid
Huishoudelike Versekering Afdeling algemene huishoudelike aanspreeklikheid
Omskrewe gebeurtenisse
1. Skade wat die versekerde wetlik aanspreeklik word om te betaal as vergoeding vir besering of skade.
2. Mediese nooduitgawes wat deur die versekerde namens ‘n potensiële xxxxx aangegaan word as gevolg van besering.
3. Aanspreeklikheid wat deur die versekerde aanvaar word ingevolge enige kontrak wat met ‘n sekuriteitsfirma aangegaan is en voortspruitend uit enige opsetlike of nalatige optrede of versuim van werknemers van die sekuriteitsfirma terwyl hulle enige pligte ingevolge die kontrak uitvoer, as gevolg waarvan besering of skade voorkom.
Spesifieke omskrywings
1. Besering beteken die toevallige sterfte, liggaamlike besering of siekte van enige persoon.
2. Skade beteken toevallige verlies van of fisiese skade aan tasbare eiendom benewens eiendom wat aan die versekerde behoort of onder die versekerde se toesig of beheer is of deur die versekerde intrust gehou word.
3. Die versekerde sluit lede van die versekerde xx xxxxx wat normaalweg by die versekerde inwoon in, en, ingeval van die versekerde se dood, die versekerde se boedel.
4. Gebeurtenis beteken ‘n gebeurtenis of reeks gebeurtenisse wat uit enige enkele voorval voortspruit.
5. Gebiedsgrense beteken enige plek ter wêreld.
Skadeloosstellingsperke
1. Die bedrag betaalbaar deur die maatskappy xxx xxx die skadeloosstellingsperk vermeld in die bylae oorskry nie.
2. Die skadeloosstellingsperk sluit koste en uitgawes in wat
(a) deur enige xxxxx van die versekerde verhaalbaar is.
(b) met die skriftelike instemming van die maatskappy aangegaan word.
3. Die maatskappy mag, ten opsigte van enige gebeurtenis, aan die versekerde die skade loosstellingsperk betaal, min enige koste en uitgawes wat aangegaan word, of enige xxxxxxx bedrag waarvoor die eis of eise geskik kan word, wat ook al die mindere bedrag is.
4. Die skadeloosstellingsperke wat hieronder vermeld word, is onafhanklik van enige bedrag wat in die bylae vermeld word van toepassing, en moet tesame met die tersaaklike klousules in hierdie afdeling saamgelees word.
Omskrewe gebeurtenis 2. Mediese nooduitgawes R5 000
Klousule 1. Kontant- en kredietkaarte R5 000
Spesifieke uitsonderings
Die maatskappy xxx xxx die versekerde skadeloos stel ten opsigte van die volgende nie:
1. Aanspreeklikheid wat die versekerde ingevolge ooreenkoms aanvaar en wat nie sou bestaan het in die afwesigheid van sodanige ooreenkoms, behalwe xxxx spesifiek in Omskrewe gebeurtenis 3 vermeld.
2. Aanspreeklikheid ten opsigte van die dood of liggaamlike besering of siekte van enige persoon wat ‘n lid van die versekerde se huishouding is.
3. Aanspreeklikheid ten opsigte van dood of liggaamlike besering of siekte van enige persoon in die diens van die versekerde indien sodanige aanspreeklikheid ontstaan ten opsigte van besering of siekte voortspruitende uit en in die loop van die diens van sodanige persoon by die versekerde, behalwe xxxx spesifiek in Uitbreiding 4. Aanspreeklikheid teenoor huishoudelike werknemers vermeld.
4. Aanspreeklikheid ten opsigte van dood, liggaamlike besering, siekte, verlies of skade veroorsaak deur of in verband met of voortspruitende uit
SAE 04/2000 (hersien 08/2007)
(a) die eienaarskap of okkupasie van enige perseel of geboue, behalwe aanspreeklikheid voortspruitende uit die gebruik van tuinimplemente, en xxxx spesifiek in Uitbreiding 2. Huiseienaarsaanspreeklikheid en Uitbreiding 3. Huurdersaanspreeklikheid vermeld.
(b) die gebruik van lugvaartuie, voertuie (behalwe as passasier in ‘n private motor) of watertuie.
(c) enige professie of besigheid van die versekerde.
Memoranda
1. Algemene uitsondering 1 is nie op hierdie afdeling van toepassing nie.
2. Algemene bepaling E is nie op hierdie afdeling van toepassing nie.
Uitbreidings en klousules
1. Kontant- en kredietkaarte
Die maatskappy xxx die versekerde skadeloos stel teen aanspreeklikheid of verlies wat voortspruit uit die bedrieglike gebruik van die versekerde se kontant- of kredietkaarte deur enige persoon wat nie ‘n lid van die versekerde xx xxxxx of huishouding is nie. Die maatskappy xxx xxx die versekerde skadeloos stel indien die versekerde nie die verlies van die kaart so gou moontlik aangemeld het by die organisasie wat dit uitgereik het en die uitreikingsvoorwaardes nagekom het nie.
2. Huiseienaarsaanspreeklikheid
Die maatskappy xxx alle bedrae betaal wat die versekerde as eienaar van ‘n residensiële perseel in die Republiek van Suid-Afrika wetlik aanspreeklik word om te betaal, veroorsaak deur besering of skade wat in of om die gebou plaasvind. Aanspreeklikheid voortspruitend uit of wat verband hou met die versekerde se beroep of besigheid word uitgesluit.
3. Huurdersaanspreeklikheid
Die maatskappy xxx alle bedrae betaal wat die versekerde as huurder van ‘n residensiële perseel in die Republiek van Suid-Afrika wetlik aanspreeklik word om te betaal, veroorsaak deur
(a) verlies van of skade aan die gebou en/of die verhuurder se vaste toerusting en bybehore as gevolg van
(i) brand, ontploffing, storm, water, hael of sneeu;
(ii) die bars, lekkasie of oorloop van water- of verhittingsinstallasies of -pype, insluitend skade aan sodanige installasies of pype;
(iii) diefstal of poging daartoe.
(b) toevallige brekasie van sanitêre ware en vaste glas.
(c) toevallige skade aan water-, riool-, gas-, elektrisiteits- en telefoonverbindings tussen die gebou en die openbare of hooftoevoer.
Met uitsluiting van
(a) skade
(i) veroorsaak deur insakking of grondverskuiwing, maar hierdie uitsluiting is nie van toepassing op die verwydering van grond wat die versekerde eiendom ondersteun deur middel van vloeiende oppervlakwater nie.
(ii) aan sanitêre ware as gevolg van skrape, afsplintering of ontsiering.
(b) aanspreeklikheid voortspruitend uit of wat verband hou met die versekerde beroep of besigheid.
4. Aanspreeklikheid teenoor huishoudelike werknemers
Die maatskappy xxx die versekerde skadeloos stel teen
(a) alle bedrae wat die versekerde wetlik aanspreeklik word om te betaal as gevolg van die liggaamlike besering van die versekerde se werknemers voortspruitend uit die werk wat hulle in diens geneem is om te verrig.
(b) koste en uitgawes wat deur die versekerde met sy voorafinstemming aangegaan word by die verdediging van enige strafregtelike stappe wat teen die versekerde ingestel word voortspruitend uit ‘n beweerde oortreding van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, nr. 85 van 1993 (xxxx gewysig).
Afdeling algemene huishoudelike aanspreeklikheid 2/2
SAE 04/2000 (hersien 08/2007)
Met uitsluiting van aanspreeklikheid voortspruitend uit of wat verband hou met die versekerde se beroep of besigheid.