Spesifieke uitsonderings Voorbeeld Klousules

Spesifieke uitsonderings. Die volgende word by hierdie afdeling uitgesonder: a) verlies voortspruitende uit verlies aan rekenaartyd of -gebruik; b) verlies voortspruitende uit onopsetlike foute of weglatings; c) verlies vanweë die vrywillige oorhandiging of oorgawe van versekerde eiendom in 'n wetlike aankoop- of ruiltransaksie; d) verlies vanweë enige bedrieglike, oneerlike of kriminele xxxx xxxx enige werknemer, prinsipaal, lid, vennoot, trustee of gemagtigde verteenwoordiger van enige versekerde terwyl in diens of andersins en hetsy alleen opgetree word of in sameswering met ander; e) verlies aan potensiële inkomste met inbegrip van maar nie beperk nie tot rente en dividend; f) koste, fooie en ander uitgawes deur die versekerde opgeloop in die vasstelling van die bestaan van 'n verlies wat deur hierdie afdeling gedek word; g) enige verlies wat xxxxxx as 24 maande voor die ontdekking daarvan plaasgevind het; h) enige gevolglike verliese van enige aard wat volg op verliese waarna daar in omskrewe gebeurtenisse xxxxxx word; i) aanspreeklikheid wat op ooreenkoms aanvaar word tensy die versekerde nieteenstaande sodanige ooreenkoms aanspreeklikheid sou aanvaar het; j) verlies voortspruitende uit bedrieglike kenmerke vervat in enige sagteware of rekenaarprogrammatuur aangekoop of verkry en wat nie spesifiek vir die versekerde se unieke vereistes ontwikkel of geskryf is nie; k) verlies ontdek 12 maande ná die beëindiging van hierdie afdeling; l) verliese op die hals gehaal deur enige ander maatskappy of ander regsentiteit wat gedurende die versekeringstydperk bekom of waarmee gedurende die versekeringstydperk saamgesmelt word tensy: (i) die versekerde voor die voorgestelde samesmelting of verkrygingsdatum skriftelike kennisgewing van die voorgestelde samesmelting of verkryging aan die maatskappy gegee het, en (ii) die versekerde die skriftelike toestemming van die maatskappy verkry het om die dekking deur die xxxxx xxxxxxx uit xx xxxx tot sodanige bykomende maatskappy of regsentiteit, en (iii) die versekerde die bykomende premie betaal xxxx xxxx die maatskappy gekwoteer vir die bykomende blootstelling en met dien verstande dat: (a) (i) die maatskappy se totale aanspreeklikheid nie verhoog word bó die versekerde bedrag vermeld in die bylae nie; (a) (ii) enige maatskappy of saamgesmelte entiteit wat by die dekking ingesluit word nie op skadeloosstelling ingevolge enige xxxxx xxxxx geregtig is nie; (a) (iii) die dekking wat deur hierdie xxxxx xxxxxxx word slegs van toepassing is op omskrew...
Spesifieke uitsonderings. (van toepassing op alle onderafdelings en uitbreidings van hierdie afdeling) Hierdie afdeling dek nie aanspreeklikheid nie: 1. vir enige eise waar die versekerde voor die aanvang van hierdie polis bewus was van die omstandighede of gebeurtenis wat tot die eis aanleiding gegee het 2. wat voorgekom het voor die toepaslike terugwerkende datum wat in die bylae gemeld word 3. voortspruitend uit die opsetlike, bewustelike of doelbewuste verontagsaming deur die versekerde se tegniese of administratiewe bestuur van die nodigheid om alle redelike stappe te doen xx xxxx te voorkom 4. voortspruitend uit besering van enige persone wat ’n diens- of vakleerlingskapkontrak met die versekerde het, waar sodanige besering in die uitvoering van sodanige kontrak ontstaan, behalwe in soverre en waar die versekerde gekies het om werkgewersaanspreeklikheid te koop 5. voortspruitend uit klousules wat vooraf vasgestelde skadevergoeding of boetes bepaal, of prestasiewaarborge, behalwe in soverre bewys kan word dat aanspreeklikheid in die afwesigheid van sodanige klousules of waarborge sou bestaan het 6. vir die toepaslike eerste bedrag betaalbaar ten opsigte van xxxx xxx of xxxxx xxxx wat uit een oorspronklike oorsaak voortspruit. Die bepalings van hierdie klousule geld vir eise voortspruitend uit skade alleenlik en geld ook vir verdedigingskoste wat deur die versekerde aangegaan word 7. wat die onderwerp van versekering deur ’n xxxxx xxxxx(se) uitmaak en hierdie polis word nie betrek xx xxxx met sodanige ander versekering by te dra nie 8. vir enige eise wat ontstaan uit ’n ontwerp, formule (behalwe die ontwerp of formule van ’n produk), spesifikasie of advies van ’n professionele aard wat deur of namens die versekerde in ruil vir ’n fooi gegee is 9. vir enige eise wat ontstaan of wat kan ontstaan uit of in verband met magnetiese en/of elektriese velde 10. voortspruitend uit enige onregmatige daad wat deur ’n direkteur en/of beampte van die versekerde gepleeg word. Vir die doeleindes van hierdie versekering beteken “onregmatige daad” enige werklike of beweerde pligsversuim, skending van vertroue, nalatigheid, xxxx, weglating, wanvoorstelling, misleidende verklaring, verkeerde behandeling, verbreking van vertrouensplig, xxxxxx, kwaadpratery, onregmatige handel, verbreking van waarborg van gesag of ander regsaanspreeklikheid deur ’n direkteur of beampte, gesamentlik of afsonderlik, wat suiwer uit hoofde van hul uitvoering van hul pligte of hul hoedanigheid as direkteure en beamptes o...
Spesifieke uitsonderings. Die versekeraar xxx xxx ingevolge hierdie onderafdeling aanspreeklik wees nie vir: 4.1 gevolglike verlies; 4.2 waardevermindering, slytasie, meganiese of elektriese onklaarraking, weiering of brekasie; 4.3 skade aan buitebande tensy 'n xxxxx xxxx van die voertuig terselfdertyd beskadig word; 4.4 skade aan xxxx xxxxx ongelykhede in die pad of ander oppervlak of weens botsing met sodanige ongelykhede; 4.5 verlies of skade aan toebehore of onderdele weens diefstal tensy die voertuig terselfdertyd gesteel word; 4.6 defektiewe vakmanskap of die gevolge daarvan aan voertuie terwyl in of op die perseel; 4.7 verlies of skade aan xxxxxx xx voertuie terwyl in of op die perseel; 4.8 skade aan die voertuie in Definisie 1.1 en 1.3 omskryf terwyl in of op die perseel indien die verlies of skade regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur of voortspruit uit brand, ontploffing, weerlig, diefstal of enige poging daartoe, weerstoestande, aardbewing of aardtrilling of vulkaniese uitbarsting; 4.9 aanhouding, konfiskasie, nasionalisering of rekwisisie deur doeane- of ander beamptes of owerhede. Onderafdeling B
Spesifieke uitsonderings. Die versekeraar is nie ingevolge hierdie onderafdeling aanspreeklik nie vir 6.1 soveel van enige vergoeding as wat ingevolge enige verpligte motorvoertuigversekeringswetgewing versekerbaar is; 6.2 besering aan enige persoon wat vervoer word in of op of wat in of op enige motorfiets, bromponie, syspan of sleepwa klim of daaruit klim of daarvan afklim; 6.3 besering aan enige persoon wat ' n lid van dieselfde huishouding as die versekerde is; 6.4 skade aan eiendom wat behoort aan, in trust gehou word deur of in die bewaring of onder die beheer van die versekerde is of vervoer word deur die voertuig, daarop gelaai of daarvan afgelaai word; 6.5 besering of skade veroorsaak deur of voortspruitend uit die bedryf, demonstrasie of gebruik vir ander doeleindes as instandhouding of herstel van die voertuig (tensy dit 'n vurkhyswa is) van enige gereedskap of toerusting wat xxxx uitmaak van of vas is aan of gebruik word in verband met die voertuig of enigiets wat vervaardig word deur of vervat word in enige sodanige gereedskap of toerusting. Onderafdeling C
Spesifieke uitsonderings. Die versekeraar xxx xxx ingevolge hierdie onderafdeling betaal nie vir skade aan enige voertuig regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur of voortspruitend uit 5.1 brand, ontploffing, weerlig, diefstal, weerstoestande, aardbewing of aardtrilling; 5.2 defektiewe vakmanskap of enige gevolg daarvan.