BASIESE DIENSVOORWAARDES (IV) SEKTORALE VASSTELLING No. 13
ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE
BASIESE DIENSVOORWAARDES (IV) SEKTORALE VASSTELLING No. 13
Xxxxxxxxx verlof & siekverlof
11/27
Werkure: Hierdie nuusbrief handel oor jaarlikse- en siekverlof waarop ‘n plaaswerker geregtig is.
1 SEKTORALE VASSTELLING NO. 13, PLAASWERKER SEKTOR
1. Definisies
2. Xxxxxxxxx Xxxxxx
1. DEFINISIES
3. Siekverlof
“Sektorale Vasstelling” word deur die Minister van Arbeid ingevolge artikel 52 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, in gestel. Dit stel die minimum basiese diensvoorwaardes vir ‘n bepaalde sektor vas. In hierdie geval is die sektor Landbou.
“Plaaswerker” is enige persoon wat in diens geneem word en waar sodanige indiensneming in geheel of gedeeltelik verband hou met landbou aktiwiteite.
Dit sluit ook huishulpe en sekuriteitswagte wat onderskeidelik in ‘n huis op ‘n plaas of op ‘n landbou perseel werk in. Dit sluit enige persoon uit wat deur ‘n ander sektorale vasstelling gedek word, hetsy
of sodanige persoon/e op ‘n plaas werk al xxx xxx (bv. werknemers betrokke by ‘n restaurant of gaste kompleks geleë op ‘n plaas en sekuriteitswagte wat deur ‘n sekuriteitsfirma voorsien word.)
“Jaarlikse Verlofsiklus” is die periode van 12(twaalf) maande wat volg op:
- ‘n werknemer se datum van indiensneming,
- die verstryking van die werknemer se vorige verlofsiklus.
“Siekverlof siklus” is ’n periode van 36 (ses en dertig) maande wat volg op:
- ‘n werknemer se datum van indiensneming,
- die verstryking van die werknemer se vorige siekverlof siklus.
2. JAARLIKSE VERLOF
GEREGTIGHEID OP JAARLIKSE VERLOF
• ’n Plaaswerker wat vir minstens 4 maande uit enige periode van 12 maande in diens is van dieselfde werkgewer, is geregtig
op jaarlikse verlof xxxx hieronder uiteengesit. (Indien die werknemer se totale indiensnemingstermyn, gemeet oor ’n periode van 12 (twaalf) maande vanaf die werknemer se eerste dag van indiensneming, 4 (vier) maande oorskry is die werknemer geregtig op verlof.)
VOORBEELD:
Waar die werknemer byvoorbeeld tydelik aangestel word gedurende die “oes-seisoen” en weer gedurende dieselfde periode van 12 (twaalf) maande tydelik aangestel word tydens die saai-of –snoei- seisoen, xxx die werknemer geregtig wees op verlof indien hierdie afsonderlike indiensnemings periodes gesamentlik 4 (vier) maande oorskry.
BEREKENING VAN JAARLIKSE VERLOF
• ’n Plaaswerker moet minstens 3 (drie) weke betaalde verlof ontvang vir elke periode van 12 maande (xxxxxx xxxxxx) gewerk.
• By ooreenkoms kan die werknemer 1 (een) dag betaalde verlof ontvang vir elke 17 (sewentien) dae gewerk, of 1 (een) uur betaalde verlof vir elke 17 (sewentien) uur gewerk.
• ’n Xxxxxxxxxx tussen die werkgewer en die werknemer kan bepaal wanneer
sodanige verlof geneem mag word. Indien daar geen ooreenkoms bestaan nie, word die verlof geneem gedurende ’n tydstip deur die werkgewer bepaal. Enige verlof moet binne 6 maande na die einde van die werknemer se jaarlikse verlof siklus geneem word.
BESPREKING
Dit is algemene praktyk dat die boerdery/
pakstoor na afloop van ’n betrokke seisoen sluit, waartydens almal op verlof gaan. Hierdie tydperk/e moet verkieslik in die werknemer se skriftelike diensvoorwaardes (dienskontrak) vervat word.
Dit moet gespesifiseer word dat hierdie tydperk/e xxxx vorm van die werknemer se jaarlikse verlof. Indien daar slegs een verlofperiode gedurende elke periode van 12 (twaalf) maande diens is,
is die werknemer geregtig om 3 (drie) weke se
aaneenlopende verlof te neem.
Dit moet verder gespesifiseer word dat, in die geval waar die werknemer gedurende sy dienstydperk nie genoeg verlof geakkumuleer het nie, hy/sy
slegs vergoed xxx word vir die verlof waarvoor hy/ sy kwalifiseer. Die oorblywende tydperk van die verlofperiode xxx dus onbetaald wees.
Indien daar meer as een verlofperiode gedurende ’n tydperk van 12 (twaalf) maande is, kan die werkgewer bepaal hoe xxxx xxxx verlofperiode moet duur en verval die werknemer se geregtigheid om 3 (drie) weke se aaneenlopende verlof te neem. Daar is dus nooit ‘n tydperk waar die werknemer vir 12 (twaalf) maande aaneen werk sonder enige verlof nie.
• Die werknemer moet ‘n addisionele verlofdag ontvang vir elke publieke vakansiedag wat binne die werknemer se verlofperiode val, indien sodanige publieke vakansiedag op ‘n dag val waarop die werknemer normaalweg sou gewerk het.
BESPREKING
Gestel die plaas sluit gedurende die periode 22 Desember ‘12 tot 3 Januarie ‘ 13 ( Laaste werksdag is 21 Desember en eerste werksdag na verlof is 3 Januarie).
Gedurende hierdie tydperk is daar 3 publieke vakansiedae (Kersdag, Welwillendheidsdag en Nuwejaarsdag) wat in die verlofperiode val.
Die totale verlofperiode strek oor 8 werksdae (indien die werknemer 5 (vyf) dae per week Maandag tot Vrydag werk), maar die werklike verlofdae wat die werknemer ontvang het, is slegs 5 dae.
Die 3 (drie) publieke vakansiedae wat binne die verlofperiode val, tel nie as verlof nie aangesien dit op die werknemer se normale werksdae val.
• Enige geleentheidsverlof wat die werknemer gedurende ‘n betrokke verlofsiklus geneem het, is verhaalbaar van die werknemer se jaarlikse verloftoevalling.
• Jaarlikse verlof mag nie geneem word in die plek van of gedurende ‘n
kennisgewingsperiode of gedurende enige ander verlof waarop die werknemer geregtig sou wees (bv. siekteverlof).
BESPREKING
In die geval waar die werknemer se dienste, xx xxxxx rede ook al, met kennis beëindig word, mag die werknemer se verlofperiode nie as sy kennisperi- ode xxxx xxx.
In die geval waar die werknemer weens siekte afge- boek is en sodanige siekteverlofperiode strek oor ‘n periode waar die plaas/pakstoor sluit vir jaarlikse verlof, mag die werknemer se jaarlikse verlofsaldo nie afwaarts aangepas word nie en moet daar aanvaar word dat die betrokke werknemer se jaarlikse verlof nog aan hom/haar verskuldig is. Indien die werker egter reeds met verlof is en tydens sy verlof afge- boek word, kan hy/sy nie siekteverlof binne die verlof tydperk neem nie.
Xxxxxxxxx verlof is nie omruilbaar vir kontant nie, be- halwe waar die verlof uitbetaal word tydens diens- beëindiging.
• Die werkgewer mag nie van die werknemer vereis om gedurende die werknemer se ver lofperiode xx xxxx nie.
• Die werknemer se verlofgelde is betaalbaar met die aanvang van die werknemer se ver- lofperiode en moet bereken word teen die werknemer se jongste vergoedingstarief.
BESPREKING
3. SIEKTEVERLOF
Gestel die werknemer se jaarlikse verlofperiode begin direk nadat die werknemer ’n verhoging in vergoed- ing ontvang het, hetsy of sodanige vergoeding volgens die diskresie van die werkgewer of volgens wetgewing is, moet die werknemer se verlofgelde teen die nuwe (aangepaste) vergoedingstarief be- reken word.
• Die werknemer is geregtig om, gedurende elke periode van 36 opeenvolgende maande diens, die ekwivalent van die aantal dae wat die werknemer normaalweg oor ‘n periode van 6 weke werk, as betaalde siekteverlof te ontvang.
• Gedurende die eerste 6 maande van xxxxx
xxx die werknemer geregtig wees op 1 dag betaalde siekteverlof vir elke 26 dae gewerk.
BESPREKING
Die werknemer xxx eers vir siekteverlof kan kwalifiseer indien hy/sy vir minstens 26 (ses en twintig) dae gewerk het.
Indien die werknemer xxxxxx as 6 maande in diens van die werkgewer is of gaan wees, word die werknemer se siekteverlof oor ‘n periode van 36 (ses en dertig) maande bereken.
Die aantal dae siekteverlof waarop die werknemer geregtig sou wees, word bereken deur die werknemer se normale werksdae per week met 6(ses) te vermenigvuldig. In die geval waar die werknemer
se normale werkweek uit 5 (vyf) dae bestaan, is die werknemer se totale siekteverlof, vir die
daaropvolgende siekverlofsiklus, 30 (dertig) dae
{5dae x 6weke = 30dae}.Waar die werknemer 6 (ses) dae per week werk is dit natuurlik 36 (ses en dertig) dae {6dae x 6weke = 36dae}.
• Indien die werkgewer op versoek van die werknemer ooreenkom om enige van die werknemer se mediese xxxxxx xx betaal, mag sodanige mediese kostes van die werknemer se vergoeding verhaal word.
BESPREKING
Daar is geen perk op die bedrag wat weens hierdie bepaling weekliks/tweeweekliks/maandeliks van die werknemer se vergoeding verhaal mag word nie. Indien die werkgewer die werknemer finansiëel bystaan en sodanige gelde xxx xxxxxxx, word dit
aanbeveel dat die werknemer skriftelik toestemming xxxxxxx tot die aftrekking. Die totale bedrag verhaalbaar en terugbetalingspaaiemente moet gespesifiseer word).
Let Wel: die werkgewer word nie verplig om enige bydrae tot die werknemer se doktersonkoste xx xxxx nie. Die voorafgaande is ook nie van toepassing op werkverwante beserings of siektes nie.
• Die werkgewer is nie verplig om die werknemer vir siekteverlof te betaal indien;
- Die werknemer vir meer as 2 (twee) opeenvolgende dae afwesig is, of
- Op meer as 2 (twee) geleenthede in ‘n 8 weke periode afwesig is, en
- Op versoek van die werkgewer nie ’n gepaste mediese sertifikaat kan toon nie.
• Indien dit vir ’n werknemer wat op die perseel van die werkgewer woonagtig is, nie redelikerwys prakties moontlik
is om ’n siektesertifikaat te bekom nie, mag die werkgewer nie siekteverlof vergoeding weerhou nie, behalwe waar die werkgewer redelikerwys bystand aan die werknemer xxxxxxx het om sodanige siektesertifikaat te bekom.
BESPREKING
Gestel die werkgewer se perseel of plaas is vêr van die naaste kliniek, hospitaal of dokter geleë en die werknemer is woonagtig op die werkgewer se perseel, mag die werkgewer nie siekverlof vergoeding weerhou indien die werknemer nie ’n mediese sertifikaat kan toon nie, behalwe as die werkgewer hetsy direk of indirek vervoer aan die werker voorsien het .
As die werknemer nie op die werkgewer se perseel woonagtig is nie, is die voorafgaande nie van toepassing nie.
• ’n Siektesertifikaat is slegs geldig indien dit uitgereik word deur ’n persoon wat:
- Geregistreer is by ‘n mediese raad wat gestig is kragtens ’n Parlementêre Wet, of
- Enige professionele persoon gemagtig om mediese toestande te diagnoseer en waar sodanige diagnosering binne sy/ haar professionele ekspertise (bevoegdheid) val.
Bv. Dokters, sielkundiges en tandartse, asook beroepslui wat geregistreer is by die beroepsraad vir verwante gesondheidsdienste. By klinieke xxx
sertifikate geldig wees slegs indien dit uitgereik word deur gekwalifiseerde mediese praktisyns, ingesluit verpleegkundiges wat gekwalifiseerd is om te ondersoek, te diagnoseer en te behandel.
Ten spyte van enige van die voorafgaande, mag die werkgewer redelikerwys van die werknemer vereis om die werkgewer in xxxxxx xx stel van die werknemer se afwesigheid.
Intydse onderwerpe met betrekking tot aangeleenthede wat verband hou met Agri Xxx-Kaap word gekeur vir publikasie, maar die inligting wat voorsien word en standpunte wat gehuldig word het geen verifiëring van bevindinge, gevolgtrekkings en opinies deur Agri Xxx-Kaap behels nie. Dus weerspieel die standpunte wat in die Agri Xxx-Kaap nuusbriefgehuldigwordnienoodwendigdiévan AgriWes-Kaapofsypersoneelenledenie. AgriWes-Kaapaanvaargeenverantwoordelikheidvirenigebenadelingen/ofskade aan persone of eiendom as gevolg van produk-aanspreeklikheid, nalatigheid of die gebruik van enige metodes, produkte, instruksies of idees wat vervat is in die materiaal nie. Die inligting en advies is beskikbaar gestel in trou en is afgelei van die inligting verskaf deur die voorsteller en word voorgehou as betroubaar en akkuraat ten tye van vrylating daarvan. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om sy of haar eie besluite te neem oor die akkuraatheid, geldigheid, betroubaarheid en korrektheid van die inligting. Vir enige navrae in verband met hierdie e-nuusbrief skakel xxxxx die Redakteur.
VIR MEER NAVRAE SKAKEL XXXXX: AGRI XXX-KAAP KANTOOR
SURIKA BOTH: xxxxxx@xxx.xx.xx | 021 860 3804
KOPIEREG: XXXXX XXXXX