ALGEMENE INLIGTING AANGAANDE STUDIELENINGS
ALGEMENE INLIGTING AANGAANDE STUDIELENINGS
LET WEL: Hierdie dokument vorm xxxx van die amptelike dokumentasie t.o.v. die aansoek om en toekenning van die Helpmekaar Studiefonds (voortaan HSF) lenings en moet as sodanig beskou en gelees word.
1. Xxxxxxx is slegs beskikbaar aan studente wat:
• voltyds by ’n instansie studeer wat by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid geakkrediteer is (SAQA);
• aan die keuringsvereistes van die Direksie voldoen, o.a. akademiese prestasie.
2. Xxxxxxx is slegs bedoel vir klasgeld, losies en xxxxx en xxx xxx noodwendig voldoende wees om die totale studiekoste te dek nie. Aansoekers moet dus deeglik uit eie bronne begroot vir ekstra uitgawes.
3. Die meeste finansiële instansies xxx studielenings slegs vir een jaar op ‘n slag goedgekeur. By HSF word lenings egter toegeken vir die volle studietermyn (die normale duur van die kursus). Dit beteken dat die student en ouer die gemoedsrus het dat befondsing in plek is vir die volle studietermyn, mits die student suksesvol studeer.
3.1 In 2021 is die maksimum leningsbedrae per kursus: Medies/Veeartsenykunde R80 000 x.x.
Ingenieurswese (universiteite) R80 000 x.x.
Tandheelkunde R80 000 x.x.
Xxxxx graadkursusse R75 000 x.x.
Ingenieurswese (universiteite van tegnologie) R60 000 x.x.
Diplomakursusse R55 000 x.x.
3.2 Aansoeke om xxxxxxx vir ’n eerste kwalifikasie geniet voorkeur.
3.3 Nagraadse studente in spesifieke beroepsgerigte kursusse, bv. BRek. Hon., LLB, BPsig Hon., NOS, ens., kan vir ’n addisionele lening aansoek doen na voltooiing van voorgraadse studie. Sluitingsdatum vir addisionele lenings is 30 November 2020.
4. Leninguitbetalings word by maksimum vier geleenthede per jaar gemaak - slegs ná ontvangs van ’n opvraging. Alle opvragings word deur die aanlynportaal gedoen.
LET WEL: LAAT VYF WERKSDAE NÁ ONTVANGS VAN DIE OPVRAGING TOE VIR UITBETALING
LENINGUITBETALINGS | UITBETALING AAN | BESONDERHEDE |
Eerste betaling | Instansie | Registrasiegeld en deposito na ontvangs van Desember-uitslae / Matrieksertifikaat |
Tweede betaling | Student of ouer | 50% van die leningsbedrag minus 1ste betaling, na bewys van registrasie ontvang is |
Derde betaling | Instansie | 1ste bedrag xxxx xxxx die instansie vereis na ontvangs van instansie se rekening |
Vierde betaling | Student of ouer | Restant van totale leningsbedrag na ontvangs van Junie-uitslae. Die student is xxx self verantwoordelik vir betaling van die finale rekening aan die instansie |
5. Dokumentasie vereis
5.1 Daar word van elke student vereis:
5.1.1 om ’n bewys van registrasie aan die HSF te verskaf sodra dit beskikbaar is; en
5.1.2 om tydens studiejare aan die einde van elke semester sy/haar amptelike uitslae/ studieverslag in te dien sodra dit beskikbaar is, ongeag of xxxxxxx xxxxxx onttrek (gaan) word.
5.2 Indien ’n student, sonder ’n aanneemlike rede, nie sy/haar eksamen slaag nie, of nie die voorwaardes van die lening nakom nie, kan sy/xxxx xxxxxx opgeroep en moet die skuld terugbetaal word op ’n wyse xxxx xxxx die HSF bepaal.
6. Renteberekening tydens studie
6.1 Die rentekoers op lenings tydens studiejare is gelykstaande aan die ABSA Groep Bpk. se primakoers minus 1% xxxx op 1 Xxxxxxxx xxx xxxx jaar, maar die HSF behou die reg voor om van tyd tot tyd die rentekoers in die loop van die jaar aan te pas, indien die primakoers aangepas word.
6.2. Terwyl die student studeer, moet die rente gehef op die leningsbedrag maandeliks per debietorder betaal word, xxxx xxxx die HSF bepaal. Indien die betaling van die rentepaaiement in enige stadium agterstallig is, xxx xxxx leningsfondse uitbetaal word nie.
6.3 Die Helpmekaar Studiefonds beskik oor ’n Trust wat in sommige gevalle ouers en xxxxxx help wat nie die finansiële vermoë het om die rente tydens die studietydperk te betaal nie. Die beskikbaarstelling van hierdie rentebeurse is afhanklik van die beskikbaarheid xxx xxxxxx in die Trust en word jaarliks hersien. Rentebeurse word slegs na deeglike oorweging en op grond van meriete toegeken, en geen leningaansoeker kan daarop aanspraak maak of daarvoor aansoek doen nie.
7. Renteberekening en terugbetaling ná studie
7.1 Na afstudering xxx xxxxx bereken word op die totale uitstaande balans teen die primakoers van die ABSA Groep Bpk. xxxx op 1 Xxxxxxxx xxx xxxx jaar. Die HSF behou egter die reg voor om van tyd tot tyd die rentekoers in die loop van die jaar aan te pas indien die primakoers aangepas word.
7.2 Na afstudering word die lening (kapitaal en rente) xxxx volg terugbetaal met xxxxxx xxxxxxxxxx, versprei oor die terugbetalingstermyn:
1 – 3-jaarkursusse: 2 x die studietermyn.
4 − 6-jaarkursusse: ’n maksimum terugbetalingstermyn van 7 jaar.
8. Sekuriteit
8.1 Om die voortbestaan van die HSF te verseker moet studielenings deur ’n borgskap(pe) gedek word. Die HSF xxx xxxxx xxxxxxx toe xxxxxx dat die borg bykomende sekuriteit gee, maar elke aansoek word op meriete hanteer en aansoekers hoef nie deur hierdie vereiste ontmoedig te word om aansoek te doen nie. Die borgskap en/of bykomende sekuriteit raak egter net van toepassing as iemand (die student of die borg) nie die lening terug betaal nie.
’n Borg is iemand (dikwels ’n ouer of familielid) wat onderneem om verantwoordelikheid vir die voornemende student se skuld te aanvaar.
Met sekuriteit word bedoel iets van waarde wat die HSF in kontant kan omskep indien die xxxxx xx onderneming om die lening terug te betaal nie nakom nie.
8.2 Bykomende sekuriteit kan behels:
8.2.1 Die xxxxxx xxx xxxxxxx / beleggings
Hierdie opsie het geen koste-implikasies nie. Die afkoop- of kontantwaarde xxx xxxxxxx (nie die fondswaarde nie) en/of die waardes van die beleggings, moet by die aansoek aangeheg word.
LET WEL: DIE VOLGENDE WORD NIE AS SEKURITEIT AANVAAR NIE:
• Uittree-annuïteite;
• Pensioenfondse in enige belegging;
• Lewenspolisse sonder kontantwaarde;
8.2.2 Die registrasie van ’n borgverband op eiendom
Indien bostaande opsie nie beskikbaar is nie en die borg wel oor eiendom beskik, is dit ’n moontlikheid, maar ongelukkig een waaraan koste verbonde is. Vir die registrasie van die borgverband kan u van die HSF se voorgestelde of u eie regsadviseur gebruik maak. Die koste van die registrasie sowel as die uiteindelike kansellasie van die borgverband is vir die rekening van die borg.
8.2.3 ’n Tweede borg
Indien die eerste borg (ouer), nie voldoende sekuriteit kan verskaf nie, kan van ’n tweede borg gebruik gemaak word.
Die eerste borg (ouer), sowel as die tweede borg, xxx xxxxx die afdeling ”Sekuriteit” versoek word om inligting te verskaf op die aanlynaansoek.
LET WEL: Dieselfde reëlings ten opsigte van sekuriteit xxxx hierbo gestel, kan ook op ’n tweede borg van toepassing gemaak word.
LET WEL: Indien die student om die een of ander rede nie sy/xxxx xxxxxx volgens ooreenkoms na afloop van studie kan begin terugbetaal nie, sal die borg(e) daarvoor moet instaan.
9. Lewensversekering
Alle lenings word outomaties deur ’n groeplewensversekeringskema wat deur Sanlam onderskryf word, xxxxx, xxxxx die xxxxx verkies om ’n alternatiewe reëling met die HSF te tref. Dekking beloop 14.2 sent per R1 000 van die uitstaande balans van die leningsbedrag. Die uitstaande balans van die lening en gevolglik ook die borgverpligting word gedek in geval van dood / tydelike arbeidsongeskiktheid / permanente arbeidsongeskiktheid van die xxxxx.
Wanneer die student sy studies voltooi, styg die premie na 50.3 sent per R1 000 van die uitstaande balans van die leningsbedrag vir die volgende dekking: dood / tydelike arbeidsongeskiktheid / permanente arbeidsongeskikheid / verlies aan inkomste, xxxx van toepassing. Wanneer die leningskuld vereffen is, verval die versekering outomaties. Die xxxxx xx rekening word maandeliks met die bedrag van die premie gedebiteer.
10. Meer inligting oor enige van die bostaande kan van ons kantoor bekom word. Telefoon: 021 930 8155 / 930 3195
E-pos: xxxx@xxxxxxxxxxxxxxx.xxx Webblad: xxx.xxxxxxxxxxxxxxx.xxx
Die Helpmekaar Studiefonds xx xxxxxx is oor die jare met groot toewyding opgebou. Daar is geen aandeelhouers of persone met private belange nie. Die enigste mense wat voordeel trek uit die Fonds, is studente en van hulle word verwag om hulle verpligtinge getrou na te kom sodat diegene wat ná hulle kom, ook uit hierdie bron gehelp kan word.