Kommersiële Versekering
Kommersiële Versekering
Afdeling kantoorinhoud
Omskrewe Gebeurtenisse
1. Verlies van of skade aan die inhoud (behalwe dokumente xxxx omskryf in onderafdeling C indien dit daarkragtens verseker is en elektroniese dataverwerkingstoerusting), insluitende die verhuurder se los en vaste toebehore, die eiendom van die versekerde of waartoe by verantwoordelik is en tensy andersins vermeld in die bylae, tot die mate waarin die eiendom nie andersins verseker is nie, eiendom wat
besit word deur enige vennoot, of direkteur of werknemer van die versekerde tot hoogstens ‘n bedrag van R2 500 per persoon terwyl dit gehou word in die kantore en/of spreekkamers wat geleë is xxxx in die bylae vermeld (hierna die kantoorperseel genoem) deur enige van die gevare wat in onderafdeling A gespesifiseer word.
2. Verlies van of skade aan die geheel of ‘n xxxx van die eiendom wat ingevolge item C van die bylae verseker word en ingevolge onderafdeling C omskryf en die gevolge daarvan wat ingevolge item D van die bylae verseker en ingevolge onderafdeling D beskryf word.
3. Verlies en/of uitgawe wat ingevolge onderafdelings B en E beskryf word.
Onderafdeling A - Inhoud
1. Brand, weerlig, donderslag, onderaardse brand, ontploffing.
2. Storm, wind, water, hael of sneeu met uitsluiting van verlies van of skade aan eiendom wat voortspruit uit enige proses wat dit ondergaan wat noodsaaklikerwys die gebruik of aanwending van water behels.
3. Aardbewing, maar met uitsluiting van verlies van of skade aan eiendom in die ondergrondse werkverrigtinge van enige myn.
4. Lugvaartuie en ander lugtoestelle of artikels wat daaruit laat val word.
5. Botsing deur diere, bome, antennes, satellietskottels of voertuie met uitsluiting van skade aan sodanige diere, bome, antennes, satellietskottels of voertuie of eiendom in of op sodanige voertuie.
6. Toevallige brekasie van spieëlglas, glasblaaie van meubels of vaste glas wat xxxx uitmaak van enige meubelstuk.
Beperkingsklousule
Die versekeraar se aanspreeklikheid ingevolge hierdie onderafdeling word ten opsigte van dokumente, manuskripte, sakeboeke, planne, ontwerpe, xxxxxxx, xxxxxxx en gietvorms beperk tot die waarde van die materiaal en die bedrae wat aan die arbeid bestee is.
Spesifieke voorwaarde
Eweredigheid (nie van toepassing op gevaar 6 hierbo nie)
Indien die versekerde eiendom by die aanvang van enige verlies of skade deur enige gevaar waarteen dit verseker is gesamentlik meer werd is as die bedrag waarteen dit verseker is, word die versekerde sy eie versekeraar vir die verskil geag en dra by dienooreenkomstig ‘n eweredige xxxx van die verlies of skade. Elke item van die bylae wat sodanige eiendom verseker, is afsonderlik aan hierdie voorwaarde onderworpe.
Onderafdeling B - Huurgeld
Verlies aan huurgeld wat werklik deur die versekerde gely is as gevolg daarvan dat die kantoorperseel of ‘n xxxx daarvan sodanig beskadig word deur enige van die gevare in die onderafdeling A gespesifiseer dat dit onbewoonbaar is, maar slegs vir die tydperk wat vir vervanging nodig is. Die skadeloosstelling ingevolge hierdie onderafdeling beloop hoogstens 25 persent van die versekerde bedrag of waarde (wat ook al die minste is) van alle inhoud van die kantoorperseel wat geraak is.
XXXX/409/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
Vir die doeleindes van hierdie onderafdeling word die woord “kantoorperseel” geag enige persele of xxxx daarvan in die nabyheid van die kantoorperseel in te sluit indien skade aan sodanige persele toegang tot die kantoorperseel verhinder of beperk.
Onderafdeling C - Dokumente
Verlies van of skade aan dokumente wat normaalweg by die kantoorperseel gehou word deur enige gevaar wat nie spesifiek uitgesluit is nie.
Omskrywing
Die woord “dokumente” beteken die volgende:
Films, bande, adressograafplate, xxxxx, rekords, planne, tekeninge, uittreksels, aktes, testamente, verbandbriewe, ooreenkomste, manuskripte, briewe, sertifikate, dokumente en soortgelyke papiere waarop skrif, tik- of drukwerk aangebring is, wat deur die versekerde in die besigheid gebruik word en wat aan hom behoort of waarvoor hy verantwoordelik is, met uitsluiting van geld, geldige pos- of inkomsteseëls, gekanselleerde en ongekanselleerde koepons, effekte, toonderobligasies, tjeks, wissels en enige skriftelike opdrag om ‘n bepaalde bedrag te betaal en enige skriftelike bewys van skuld of verpligting en alle eiendom wat vervoer of aangehou word as monsters of vir verkoop of naverkoopaflewering en rekenaarprogrammatuur en rekenaardatadraende media xxxxx xxxxxx in die bylae vermeld.
Beperkingsklousule
Die versekeraar se aanspreeklikheid ingevolge hierdie onderafdeling word beperk tot alle koste, heffings en uitgawes wat deur die versekerde aangegaan word ter vervanging of herstel van sodanige dokumente.
Spesifieke uitsondering (van toepassing op onderafdeling A) Hierdie onderafdeling dek nie die volgende nie:
1. Eiendom buite die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Swaziland, Zimbabwe en Malawi.
2. Xxxxxxxx, xxxxxxx, xxxxxxx of gietvorms (behalwe tot die mate wat die vermelde artikels ingevolge onderafdeling A verseker is), bedryfsvoorraad, monsters, motorvoertuie en toebehore daarvoor, geld, effekte, seëls, juweliersware of edelgesteentes.
3. Die eerste 10 persent van die skadeloosstelbare bedrag of R1 000, xxxxx ook al die grootste is, indien die verlies of skade aan weerligskade te wyte is.
Spesifieke uitsondering (van toepassing op onderafdeling C) Hierdie onderafdeling dek nie die volgende nie:
1. Verlies of skade wat veroorsaak word deur
(a) elektriese, elektroniese of magnetiese beskadiging, versteuring of uitwissing van elektroniese of magnetiese opnames, tensy te wyte aan weerlig in xxxxx geval die weerligverlies- of skadeloosstelbare bedrag met die grootste van 10 persent of R1 000 verminder word.
(b) ongedierte of inherente defek of deur verwerking, kopiering of xxxxx xxxx aan die dokumente.
(c) die oneerlikheid van enige prinsipaal, vennoot of direkteur van die versekerde, hetsy hy alleen optree of saamspan. Hierdie uitsondering geld nie vir enige direkteur wat ook ‘n werknemer van die versekerde is en ten opsigte van wie die versekerde die reg het om te alle tye in die uitvoering van xx xxxx in diens van die versekerde en in die loop van die besigheid te bestuur, beheer of opdrag xx xxx nie.
2. Geleidelike agteruitgang of slytasie.
3. Koste aangegaan om films en video’s en klankbane oor op te neem.
Onderafdeling D - Regsaanspreeklikheid Dokumente
Regsaanspreeklikheid as ‘n regstreekse gevolg van verlies van of skade aan dokumente xxxx omskryf in onder afdeling C en ten opsigte waarvan betaling, vervanging of herstelwerk gedoen, of aanspreeklikheid deur die versekeraar ingevolge onderafdeling C erken is, tensy sodanige betaling, vervanging, herstelwerk of aanspreeklikheid nie gedoen of erken is nie slegs omdat dit van die versekerde vereis word om die eerste xxxx van die verlies te dra.
Spesifieke uitsondering (van toepassing op onderafdeling D)
Hierdie onderafdeling dek nie aanspreeklikheid nie wat ingevolge enige kontrak, onderneming of ooreenkoms deur die versekerde aanvaar is indien sodanige aanspreeklikheid nie by die versekerde xxx xxxxx het in die afwesigheid van sodanige kontrak, onderneming of ooreenkoms nie.
Onderafdeling E - Verhoging in bedryfskoste
Enige bykomende uitgawes waarvoor daar nie andersins in hierdie afdeling voorsiening gemaak word nie en wat redelikewys deur die versekerde aangegaan word met die doel om die gewone werksaamhede van die besigheid in stand xx xxx as gevolg van verlies of skade ten opsigte waarvan betaling, vervanging of herstelwerk gedoen, of aanspreeklikheid deur die versekeraar ingevolge onderafdelings A of C erken is.
XXXX/409/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
Die skadeloosstelling ingevolge hierdie onderafdeling beloop hoogstens 25 persent van die versekerde bedrag ten opsigte van alle inhoud van die kantoorperseel wat geraak word.
Klousules en uitbreidings
Klousule: Veranderings en wanbeskrywing
Afdeling kantoorinhoud 2/5
Die versekering ingevolge hierdie afdeling word nie benadeel deur enige verandering of wanbeskrywing van
okkupasie nie, hetsy te wyte aan die verskuiwing van prosesse of masjinerie of te wyte aan strukturele veranderings, herstelwerk aan die geboue, masjinerie of toerusting met dien verstande dat die versekeraar so gou moontlik daarna in xxxxxx xxxxxx word en die versekerde instem, indien vereis, om ‘n bykomende premie te betaal.
Klousule: Kapitaaltoevoegings
Die versekering ingevolge hierdie afdeling dek verbouings, verbeterings en toevoegings (maar nie waardevermeerdering bó die versekerde bedrae nie) aan of tot die eiendom vir ‘n bedrag van hoogstens 15 persent van die bedrag waarteen dit verseker is, met dien verstande dat die versekerde onderneem om die versekeraar elke kwartaal van sodanige verbouings, verbeterings en toevoegings in xxxxxx xx stel en om die toepaslike bykomende premie daarop te betaal.
Klousule: Brandbluskoste
Enige koste wat verband hou met die blus of bestryding van brand, word geag skade aan die versekerde eiendom xx xxxx en is betaalbaar benewens enige ander betaling waarvoor die versekeraar ingevolge hierdie afdeling aanspreeklik mag wees met dien verstande dat die versekerde regtens aanspreeklik is vir sodanige koste en die versekerde eiendom deur brand bedreig is.
Klousule: Slotte en sleutels
Benewens die skadeloosstellingsperk wat in die bylae vermeld word, stel die versekeraar die versekerde skadeloos ten opsigte van die vervangingskoste van slotte en sleutels vir enige versekerde kantoorperseel ná die verdwyning van enige sleutel vir sodanige perseel of indien die versekerde rede het om te glo dat enig ongemagtigde persoon in besit van ‘n duplikaat van sodanige sleutel mag wees.
Met dien verstande dat
1. die versekeraar se aanspreeklikheid hoogstens R1 000 ten opsigte van enige enkele gebeurtenis beloop.
2. die versekeraar nie aanspreeklik is vir die eerste R100 van elke gebeurtenis nie.
Klousule: Nuwe en bykomende persele
Indien die versekerde ander kantore of spreekkamers okkupeer behalwe dié wat geleë is xxxx in die bylae vermeld in die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Swaziland, Zimbabwe en Malawi, geld die versekering ingevolge hierdie afdeling asof sodanige kantore of spreekkamers kantoorpersele binne die bestek van hierdie afdeling is.
Met dien verstande dat
1. die versekerde die versekeraar binne ‘n redelike tyd ná okkupasie daarvan in xxxxxx xxxx en die bykomende premie betaal wat pro rata bereken word vanaf die tydstip van okkupasie tot aan die einde van die versekeringstydperk wat op daardie tydstip van krag was.
2. hierdie klousule nie geld vir enige verlies, indien en in soverre dit andersins verseker is nie.
Klousule: Verwydering van puin
Die versekering ingevolge hierdie afdeling word uitgebrei om sodanige redelike koste en uitgawes in te sluit wat noodsaadlikerwys deur die versekerde aangegaan word ten opsigte van die verwydering van puin ná verlies of skade aan die versekerde eiendom deur enige gevaar waarteen hierkragtens verseker is, met dien verstande dat die aanspreeklikheid van die versekeraar vir sodanige verlies of skade en koste en uitgawe in totaal die bedrag beloop wat in die bylae vermeld word ten opsigte van die eiendom wat geraak word.
Die versekeraar betaal nie vir enige koste of uitgawe nie
1. aangegaan vir die verwydering van puin behalwe vanaf die terrein van sodanige eiendom wat vernietig of beskadig is en die gebied onmiddellik aangrensend aan sodanige terrein.
2. voortspruitend uit besoedeling of kontaminasie van eiendom wat nie deur hierdie polis/afdeling verseker is nie.
Klousule: Tydelike verwydering
Behalwe ten opsigte van die persoonlike eiendom van enige vennoot, direkteur of werknemer van die versekerde, word verlies van of skade aan die versekerde eiendom deur enige gevaar waarteen hierkragtens verseker is terwyl dit tydelik gehuisves word in enige gebou in die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Swaziland, Zimbabwe en Malawi, geag word plaas te gevind het terwyl sodanige eiendom in die kantoorperseel gehou is.
Klousule: Tydelike herstelwerk en maatreëls ná verlies
Afdeling kantoorinhoud 3/5
XXXX/409/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
Die versekering ingevolge hierdie afdeling word uitgebrei om alle redelike koste en uitgawe te dek wat deur die versekerde aangegaan word in die uitvoer van sodanige herstelwerk en die tref van tydelike maatreëls as wat redelikerwys nodig mag wees na verlies van of skade aan die versekerde eiendom deur enige gevaar waarteen hierkragtens verseker is, met dien verstande dat die aanspreeklikheid van die versekeraar vir sodanige verlies of
skade en koste en uitgawe in totaal hoogstens die bedrag beloop wat in die bylae vermeld word ten opsigte van die eiendom wat geraak is.
Klousule: Huurders
Die versekeraar se aanspreeklikheid teenoor die versekerde word nie geraak nie deur enige optrede of versuim aan die xxxx van enige eienaar van ‘n gebou of enige huurder (behalwe die versekerde) wat sonder die versekerde se medewete geskied. Die versekerde moet die versekeraar egter van enige sodanige optrede of versuim wat strydig is met die bepalings, uitsonderings of voorwaardes van hierdie afdeling, in xxxxxx xxxx sodra hy daarvan bewus word en is verantwoordelik vir enige bykomende premie wat betaalbaar is vanaf die datum waarop enige verhoogde risiko deur die versekeraar aanvaar word.
Klousule: Herstelwaardevoorwaarde
Die grondslag waarop die bedrag betaalbaar bereken word vir ‘n eis ten opsigte van inhoud, is óf die vervanging van die inhoud met soortgelyke eiendom in ‘n toestand gelykstaande aan, maar nie beter of omvangryker nie as die toestand daarvan toe dit nuut was
óf
die herstel van die inhoud tot ‘n toestand aansienlik dieselfde maar nie beter nie as die toestand daarvan toe dit nuut was met dien verstande dat, indien op die tydstip van vervanging of herstel, die bedrag wat die koste verteenwoortig wat aangegaan sou gewees het ter vervanging as al die inhoud verlore, vernietig of onherstelbaar beskadig was, die bedrag oorskry waarteen dit verseker is ten tyde van die verlies of skade, die versekerde geag word sy eie versekeraar xx xxxx vir die verskil en hy dienooreenkomstig ‘n eweredige xxxx van die verlies dra.
Uitbreiding: Kwaadwillige beskadiging
Andersins onderworpe aan die bepalings, voorwaardes, uitsluitings, uitsonderings en waarborge hierin vervat, word onderafdelings A, B en C van hierdie afdeling uitgebrei om skade te dek wat regstreeks veroorsaak word deur of deur middel van of as gevolg van die opsetlike of voorbedagte of moedswillige daad van enige persoon wat gepleeg word met die doel om sodanige skade te veroorsaak, behalwe skade aan
1. roerende eiendom wat
(a) gesteel word,
(b) beskadig word in ‘n poging om dit of ‘n xxxx daarvan te verwyder vanuit enige perseel wat deur die versekerde besit of geokkupeer word.
2. roerende of onroerende eiendom wat deur diewe beskadig word terwyl daar by enige persele wat deur die versekerde besit of geokkupeer word in-of uitgebreek word of terwyl daar gepoog word om in of uit te breek.
3. onroerende eiendom wat deur die versekerde besit of geokkupeer word en wat veroorsaak word deur of deur middel van of as gevolg van
(a) die verwydering of gedeeltelike verwydering van of enige poging daartoe;
(b) die sloping of gedeeltelike sloping of enige poging daartoe,
van die vermelde onroerende eiendom of enige xxxx daarvan met die bedoeling om enige xxxx daarvan te steel.
Met dien verstande dat hierdie uitbreiding nie die volgende dek nie:
(a) Verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur brand of ontploffing.
(b) Gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd behalwe verlies aan huurgeld indien dit spesifiek verseker is.
(c) Verlies of skade wat spruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid.
(d) Verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige xxxxxx ingestelde owerheid.
(e) Verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene uitsondering 1(a) (i), (ii), (iii), (iv), (v) of (vi) van hierdie polis xxxxxx word of die optrede van enige xxxxxx ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige xxxxx xxxx gehandel word met, sodanige gebeurtenis.
Indien die versekeraar uit hoofde van voorbehoudsbepaling (a), (b), (c), (d) of (e) beweer dat hierdie afdeling nie verlies of skade dek nie, rus die las op die versekerde om die teendeel te bewys.
XXXX/409/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
Indien die versekerde gebou of gebou wat die versekerde eiendom bevat vir 30 opeenvolgende dae onbewoon gelaat word, word die versekering ingevolge hierdie uitbreiding opgeskort ten opsigte van die geraakte eiendom, tensy die versekerde voor die plaasvind van enige skade die skriftelike toestemming van die versekeraar verkry vir die voortsetting van hierdie uitbreiding.
Afdeling kantoorinhoud 4/5
Gedurende die aanvanklike tydperk van 30 opeenvolgende dae van onbewoning word die versekerde ‘n medeversekeraar saam met die versekeraar en dra by ‘n xxxx van enige skade gelykstaande aan 20 persent van die eis voor die aftrekking van enige eerste bedrag betaalbaar.
Uitbreiding: Oproer en staking (indien in die bylae as ingesluit vermeld)
Andersins ondeworpe aan die bepalings, voorwaardes, uitsluitings, uitsonderings en waarborge wat daarin vervat word, word onderafdelings A, B en C van hierdie afdeling uitgebrei om verlies of skade te dek wat regstreeks veroorsaak word deur of deur middel van of as gevolg van
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting.
2. die optrede van enige xxxxxx ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige xxxxx xxxx gehandel word met, enige gebeurtenis waarna in 1 hierbo xxxxxx word.
Met dien verstande dat hierdie uitbreiding nie die volgende dek nie
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind.
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd behalwe verlies aan huurgeld indien dit spesifiek verseker is.
3. verlies of skade wat spruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid.
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige xxxxxx ingestelde owerheid.
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene uitsondering 1(a) (ii), (iii), (iv), (v) of (vi) van hierdie polis xxxxxx word of enige optrede van enige xxxxxx ingestelde owerheid by die beheer voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige xxxxx xxxx gehandel word met, sodanige gebeurtenis.
Indien die versekeraar uit hoofde van voorbehoudsbepaling (a), (b), (c), (d) of (e) beweer dat hierdie afdeling nie verlies of skade dek nie, rus die las op die versekerde om die teendeel te bewys.
Uitbreiding: Diefstal as gevolg van kragdadige betreding (indien in die bylae as ingesluit vermeld)
Die volgende gevaar word gevoeg tot die gevare van toepassing op onderafdeling A - inhoud:
7. Diefstal wat met kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van die kantore en/of spreekkamers gepaard gaan of enige poging daartoe of weens diefstal (of enige poging daartoe) wat volg op geweld of dreigement van geweld.
Met dien verstande dat
(a) die versekeraar nie ingevolge hierdie uitbreiding aanspreeklik is nie vir diefstal of poging tot diefstal deur enige prinsipaal, direkteur of werknemer van die versekerde.
(b) die bedrag betaalbaar verminder word met die eerste bedrag betaalbaar vermeld in die bylae vir hierdie uitbreiding.
(c) die maksimum bedrag betaalbaar hoogstens die versekerde bedrag beloop vermeld in die bylae vir hierdie uitbreiding, min die eerste bedrag betaalbaar.
Uitbreiding: Diefstal (indien in die bylae as ingesluit vermeld)
Die volgende gevaar word gevoeg tot die gevare van toepassing op onderafdeling A - inhoud:
Diefstal of enige poging daartoe behalwe deur ‘n prinsipaal, vennoot in of van of direkteur of werknemer van die versekerde.
Met dien verstande dat
1. die bedrag betaalbaar verminder word met die eerste bedrag betaalbaar vermeld in die bylae vir hierdie uitbreiding.
2. die maksimum bedrag betaalbaar hoogstens die versekerde bedrag beloop vermeld in die bylae vir hierdie uitbreiding, min die eerste bedrag betaalbaar.
Memorandum
Afdeling kantoorinhoud 5/5
XXXX/409/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
Algemene uitsondering 1 word slegs ten opsigte van onderafdeling D geskrap en deur die volgende vervang: Hierdie onderafdeling dek nie verlies, skade, aanspreeklikheid of onkoste wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur of in verband met of as gevolg van oorlog, inval, die optrede van ‘n buitelandse vyand, vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar is al xxx xxx), burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie, militêre of geiusürpeerde gesag nie.