REGLEMENT 14
REGLEMENT 14
REGLEMENT VIR DEELTYDSE PREDIKANTSPOSTE
1. AARD
1.1 ’n Deeltydse predikantspos is ’n pos vir ’n predikant wat op ’n deeltyds basis vir ’n onbepaalde termyn ’n predikantspos in ’n gemeente beklee. (Die begrip “deeltyds” xxxxxx xx die bediening van ’n predikant wat in ’n bepaalde gemeente bevestig is en wat volgens diensooreenkoms vir ’n vasgestelde gedeelte van sy tyd diens xxxxx aan die gemeente en slegs ’n gedeelte van sy lewensonderhoud van die gemeente ontvang.)
1.2 ’n Deeltydse predikantspos vertoon die karakter van ’n gewone pos vir predikant.
1.3 ’n Predikant in ’n deeltydse predikantspos vervul ampspligte van Artikel 9 op ’n deeltydse basis xxxx ooreengekom.
2. SKEP VAN POS
2.1 Indien die gemeente ’n deeltydse predikantspos vir ’n predikant xxx xxxx, of om finansiële of ander redes ’n bestaande voltydse pos in ’n deeltydse predikantspos wil omskep, doen die kerkraad ’n gemotiveerde voorlegging aan die ring of sy gevolmagtigde.
2.2 Die ring of sy gevolmagtigde keur, met inagneming van die gemeente se bedieningsbehoeftes en finansiële omstandighede, die deeltydse predikantspos goed.
2.3 Die ring of sy gevolmagtigde adviseer die kerkraad met die opstel van die diensooreenkoms.
2.3.1 Uitvoering word gegee aan die tersaaklike bepalings van Artikel 8 van die Kerkorde, Reglement 13 vir Beroeping, Bevestiging, Xxxxxxxx en Emeritaat van Predikante, ander toepaslike bepalinge in reglemente en verbandhoudende besluite.
2.3.2 ’n Deeltydse predikantspos kan nie geskep word om die bevoegdheid van predikant te verkry of te behou nie, of om sitting in kerklike vergaderinge te verkry nie.
2.3.3 Die diensvoordele van ’n deeltydse predikantspos word belyn met die sinodale riglyne vir ’n voltydse predikantspos, proporsioneel tot die werkslading van die pos. ’n Voltydse en deeltydse predikantspos in dieselfde gemeente word in proporsionele terme gelykwaardig behandel.
2.3.4 ’n Deeltydse predikantspos is pensioendraend, onderworpe aan die volgende
vereistes:
2.3.4.1 ’n predikant in ’n deeltydse predikantspos se pensioenbydraevlak word bereken volgens die ooreengekome bydraekategorie;
2.3.4.2 die werkgewer bepaal die werkgewerbydrae tot die pensioenfonds aan die hand van die reëls van die pensioenfonds;
2.3.4.3 die werkgewer se bydrae bepaal die ooreenstemmende bydraekategorie van die werknemer;
2.3.4.4 wanneer die predikant in ’n deeltydse predikantspos beroep is en reeds by ’n ander wetlik goedgekeurde pensioenfonds ingeskakel is (dit sluit vrywillige annuïteitsfondse uit), xxxx xxxx nie by die kerk se amptelike pensioenfonds ingeskakel te word nie. Die werkgewer moet egter steeds die minimum bydraekategorie, xxxx bepaal deur die reëls van die wetlik goedgekeurde pensioenfonds waarby die predikant ingeskakel is, bydra. (Elke pensioenfonds reël self die minimum bydraevlakke. Werkgewers moet hulle eie pensioen- en sinodale kantoor skakel xx xxxxx xx xxxx van die minimum bydraevlak.)
2.3.5 ’n Deeltydse predikantspos het duidelik omskrewe bedienings verpligtinge wat in direkte verband met die amp van predikant staan.
2.4 Nadat die ring of sy gevolmagtigde die pos en die voorgestelde diensooreenkoms goedgekeur het, kan die kerkraad oorgaan tot beroeping.
2.5 By die skep van ’n deeltydse predikantspos in die kerkverband, sien die betrokke kerkvergadering toe dat aan die toepaslike vereiste van hierdie reglement voldoen word.
2.6 'n Deeltydse predikantspos het dieselfde verlofvoordele as 'n voltydse predikantspos.
2.7 ’n Emeritus, jonger as die normale aftreeouderdom, kan met goedkeuring van die ring of sy gevolmagtigde in ’n deeltydse predikantspos beroep word.
3. BEROEPING EN BEVESTIGING
3.1 By die beroeping en bevestiging word uitvoering gegee aan die voorskrifte van Artikel 8 van die Kerkorde en Reglement 13 vir die Beroeping, Bevestiging, Xxxxxxxx en Emeritaat van Predikante.
3.2 ’n Predikant wie se pos van ’n voltydse pos na ’n deeltydse predikantspos verander word, se diensooreenkoms word dienooreenkomstig gewysig, goedgekeur en onderteken, sonder om weer beroep en bevestig te word.
4. AFVAARDIGING NA MEERDERE VERGADERINGE
’n Predikant in ’n deeltydse predikantspos word na meerdere vergaderings afgevaardig.
5. DIENSBEËINDIGING
5.1 ’n Predikant in ’n deeltydse predikantspos tree by aanvaarding van ’n beroep of by bereiking van die normale aftree-ouderdom uit diens van die gemeente/kerkverband.
5.2 ’n Predikant in ’n deeltydse predikantspos kan vóór verstryking van die termyn weens wangedrag, ongeskiktheid en bedryfsvereistes uit diens van die gemeente/kerkverband ontslaan word (vergelyk Reglement 21 vir die Bestuur van Diensverhoudinge vir Predikante by Ongeskiktheid en Onvermoë en Reglement 22 vir Tug en Vermaning).
5.3 By diensbeëindiging word ’n Akte xxx Xxxxxxxx uitgereik waar van toepassing en word die bevoegdheid van die predikant/emeritus behou.
5.4 By diensbeëindiging/aanvaarding van emeritaat, stel die kerkvergadering die Algemene Taakspan Predikantesake daarvan in kennis.
5.5 ’n Predikant in 'n deeltydse predikantspos wat emeriteer, kan in dieselfde gemeente in ’n vaste termynpos aangestel word (voldoen aan vereistes in 17.4.3). In so 'n geval vind daar geen beroeping en bevestig plaas nie. 'n Nuwe diensooreenkoms moet aangegaan word.
6.
VERGOEDING VIR PREDIKANT IN DEELTYDSE PREDIKANTSPOS
Die pos se werkopdrag, diensure asook vergoeding en voordele word volgens ’n vooraf ooreengekome diensooreenkoms tussen die werkgewer en die werknemer bepaal. Die riglyne in die Reglement 13 vir ’n Voltydse
Predikantspos, punt 6, dien as basis van onderhandelinge.