TERME EN VOORWAARDES
TERME EN VOORWAARDES
Die Versekeraar onderneem om die Versekerde skadeloos te stel vir Regskoste verbandhoudend met ‘n Regsgeding voortspruitend uit ‘n Versekerde Gebeurtenis wat ontstaan na Datum van Dekking, onderhewig aan die Polis.
1. DEFINISIES
“Administrateur” beteken Legalex (Edms) Bpk, registrasie nommer 2003/003715/07.
“Administrasiefooi” beteken ‘n bedrag gelykstaande aan die eerste Premie wat gelyktydig daarmee eenmalig deur die Versekerde aan die Versekeraar betaalbaar is.
“Datum van Dekking” beteken, ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ hierin bepaal, die datum van ontvangs van die derde Premie deur die Versekeraar.
“Dekking” beteken skadeloosstelling van die Versekerde vir Regskoste deur die Versekeraar.
“Dekkingslimiet” beteken die beperking in geldwaarde van Dekking per Regsgeding of per Jaar, ▇▇▇▇ omskryf in die Polisskedule.
“Eis” beteken die proses waardeur die Versekerde aansoek doen ▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ op die voorgeskrewe Eisvorm.
“Eisvorm” beteken die Administrateur se voorgeskrewe vorm waarop Eise ingedien word, tesame met relevante inligting, dokumente, bewyse en aanhangsels.
“Genomineerdes” beteken die Versekerde se eggenoot en hulle minderjarige kinders, wie deur die Versekerde skriftelik aan die Versekeraar genomineer is.
“Jaar” beteken die periode bereken vanaf datum van ontvangs van die eerste Premie tot die laaste dag van die maand van ontvangs van die twaalfde Premie en elke ooreenstemmende periode van ontvangs van elke twaalfde Premie daarna.
“Polis” beteken die versekeringsooreenkoms tussen die Versekerde en die Versekeraar ▇▇▇▇ vervat in die Terme en Voorwaardes en die Polisskedule.
“Polisskedule” beteken die dokument hierby aangeheg, waardeur die tipe Polis identifiseer en die omvang van voordele en Dekking waarop die Versekerde geregtig is, omskryf word.
"Polisdatum" beteken die datum van ontvangs deur die Versekeraar van die eerste Premie en Administrasiefooi.
“Premie” beteken die bedrag betaalbaar deur die Versekerde aan die Versekeraar ▇▇▇▇ uiteengesit in die Polisskedule, maar uitgesluit die Administrasiefooi.
“Prokureur” beteken ‘n praktiserende prokureur aangestel deur die Versekeraar of die Administrateur om die Versekerde in ‘n Regsgeding te verteenwoordig.
“Regsgeding” beteken enige regsproses, behalwe regsprosesse in hierdie Polis uitgesluit.
"Regskoste" beteken professionele fooie en uitgawes, redelikerwys gehef of aangegaan deur ‘n Prokureur ter verteenwoordiging van die Versekerde in ‘n Regsgeding voortspruitend uit ‘n Versekerde Gebeurtenis, behalwe kostes uitgesluit in hierdie Polis.
“Terme en Voorwaardes” beteken hierdie dokument.
“Versekeraar” beteken Guardrisk Versekerings Maatskappy Beperk, registrasie nommer 1992/001639/06.
"Versekerde" beteken die persoon of entiteit (na gelang van die geval) ten ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇ hierdie Polis uitgereik word.
“Versekerde Gebeurtenis” beteken enige onvoorsienbare gebeurtenis wat dien as skuldoorsaak vir ‘n Regsgeding, behalwe gebeurtenisse uitgesluit in hierdie Polis.
2. WIE IS GEDEK?
Dekking word ▇▇▇▇▇▇▇ aan:
2.1 die Versekerde; en
2.2 in die geval van ‘n familiepolis, ook die Versekerde se Genomineerdes; en
2.3 in die geval van ‘n besigheidspolis, die Versekerde besigheid.
3. WANNEER TREE DEKKING IN ▇▇▇▇▇▇▇?
3.1 Die Polis tree in ▇▇▇▇▇▇▇ op die Polisdatum.
3.2 ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ uiteengesit in die Polis, tree Dekking in ▇▇▇▇▇▇▇ vanaf die Datum van Dekking.
3.3 Dekking vir Regsgedinge verbandhoudend met huweliks-, egskeidings- en familiereg tree in ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇ ontvangs, deur die Versekeraar, van die sesde Premie.
3.4 Die Versekerde is geregtig tot gebruikmaking van voordele verbandhoudend met die Polis (anders as Dekking) vanaf die Polisdatum.
4. WAT WORD GEDEK?
Dekking word ▇▇▇▇▇▇▇ vir die Versekerde se Regskoste, onderhewig aan:
4.1 die maksimum Dekkingslimiet per Regsgeding, ▇▇▇▇ omskryf in die Polisskedule; en
4.2 die maksimum Dekkingslimiet per Jaar, ▇▇▇▇ omskryf in die Polisskedule;
4.3 met dien verstande dat die Dekkingslimiet per Regsgeding of per Jaar nie kumulatief is nie en nie na ‘n ander Regsgeding of ‘n volgende Jaar oorgedra word nie.
5. WAT WORD NIE GEDEK NIE?
Geen Dekking word ▇▇▇▇▇▇▇ vir die volgende Regskoste nie:
5.1 aangegaan of betaalbaar buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika;
5.2 gedek deur enige ander versekering;
5.3 direk of indirek voortspruitend uit die versuim van die Versekerde om die Versekeraar onverwyld in ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ stel van die plaasvind van ‘n Versekerde Gebeurtenis of ontstaan van ‘n Regsgeding;
5.4 voortspruitend uit die Versekerde se versuim om die advies van die Versekeraar, die Administrateur, die Prokureur of enige van hulle diensverskaffers te volg;
5.5 voortspruitend uit die Versekerde se versuim om die Versekeraar onverwyld in te lig oor enige spertye of spesiale omstandighede verbandhoudend met enige Regsgeding of Versekerde Gebeurtenis;
5.6 voortspruitend uit die Versekerde se versuim om tydig alle relevante inligting met betrekking tot ‘n Regsgeding of Versekerde Gebeurtenis aan die Versekeraar te openbaar of enige sodanige inligting weerhou;
5.7 wat verhoog word weens die optrede van die Versekerde en wat andersins vermy kon word;
5.8 wat die party-en-party skaal van geldende hoftariewe oorskry;
5.9 wat die geldwaarde (indien bepaalbaar) van die onderwerp van die Regsgeding oorskry;
5.10 van enige iemand anders as ‘n Prokureur aangestel deur die Versekeraar of Administrateur;
5.11 enige aanspreeklikheid anders as Regskoste, insluitend maar nie beperk nie tot: boetes, vonnisse, belastings, heffings, seëlgelde, opsporingsgelde, getuiegelde, ▇▇▇▇- of verblyfkoste, hofbevele, skadevergoeding of kostebevele teen die Versekerde.
6. ▇▇▇▇▇▇ GEBEURTENISSE WORD GEDEK?
6.1 Dekking word ▇▇▇▇▇▇▇ vir Regskoste voortspruitend uit Versekerde Gebeurtenisse wat plaasvind na Datum van Dekking.
6.2 Onderhewig aan die Terme en Voorwaardes, sluit sodanige gebeure die pleging van kontrakbreuk, onregmatige dade en misdrywe deur of teen die Versekerde in.
7. ▇▇▇▇▇▇ GEBEURTENISSE WORD NIE GEDEK NIE?
Geen Dekking word ▇▇▇▇▇▇▇ vir Regskoste voortspruitend uit enige van die volgende gebeurtenisse nie:
7.1 wat plaasvind voor Datum van Dekking; of
7.2 waarvan die Versekerde voor Datum van ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ dra of redelikerwys, in die oordeel van die Versekeraar of Administrateur, ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇ of ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ het, die plig waarvan op die Versekerde rus om die datum van sodanige gebeurtenis en/of kennis daarvan te bewys;
7.3 wat plaasvind buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika;
7.4 wat aanleiding gee tot enige Regsgeding teen die Versekeraar, Administrateur, Prokureur of enige van hulle diensverskaffers;
7.5 wat verband hou met die Versekerde se beroep of professie;
7.6 wat verband hou met egskeidingsbevele uitgereik voor Datum van Dekking;
7.7 toegangs- of onderhoudsaangeleenthede ten opsigte van kinders gebore buite ‘n huwelik voor Datum ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇;
7.8 wysiging van huweliksgoederebedelings van huwelike voltrek voor Datum ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇;
7.9 wat voortspruit uit opsetlike of kwaadwillige handelinge deur die Versekerde;
7.10 ▇▇▇▇▇▇, naamskending en verwante aangeleenthede;
7.11 wat plaasvind terwyl die Versekerde onder die invloed van alkohol of enige verdowingsmiddel is;
7.12 wat verband hou met besetting van eiendom, plakkers, grondeise, watereise, politieke aktiwiteite of gebeurtenisse gedek onder SASRIA versekering;
7.13 wat verband hou met besigheids- of kommersiële aktiwiteite, behalwe waar ▇▇▇▇▇▇▇ geniet word onder ‘n besigheidspolis, ▇▇▇▇ omskryf in die Polisskedule;
7.14 interne dispute tussen ▇▇▇▇▇▇▇, lede, aandeelhouers of direkteure van die Versekerde;
7.15 verkeersoortredings waar die Versekerde die keuse het om ‘n skulderkenningsboete te betaal;
7.16 die bestuur van ‘n motorvoertuig waar die betrokke voertuig:
7.16.1 bestuur word sonder ‘n geldige bestuurslisensie; of
7.16.2 bestuur word deur die Versekerde of enige Genomineerde sonder die eienaar se toestemming; of
7.16.3 nie verseker is in ooreenstemming met enige wet of regulasies nie; of
7.16.4 nie gelisensieerd is nie; of
7.16.5 nie in ‘n padwaardige toestand is nie;
7.17 wat verband hou met die belang van die algemene publiek of gemeenskaps- of belangegroepe;
7.18 onluste, oproer, stakings, uitsluitings, publieke wanorde of burgerlike ongehoorsaamheid;
7.19 oorlog, burgeroorlog, inval of ▇▇▇▇▇▇▇▇ optrede;
7.20 muitery, militêre oproer, opstand, rebellie, revolusie, krygswet, staatsgreep of verklaarde noodtoestand;
7.21 optrede deur enige persoon, groep van persone of organisasie daarop gemik om die staat, regering, provinsiale-, plaaslike- of ander owerheid omver ▇▇ ▇▇▇▇ of te beïnvloed;
7.22 optrede deur enige persoon, groep van persone of organisasie daarop gemik om enige politieke doelwit te bereik of ekonomiese of sosiale verandering teweeg te bring of in protes teen die staat, regering, provinsiale-, plaaslike- of ander owerheid;
7.23 wetlike- of andersins gemagtigde optrede deur enige owerheid;
7.24 misdrywe gepleeg met opset of voorbedagte rade waar die nagevolge voorsien kon of ▇▇▇▇ gewees het; en
7.25 enige poging tot enige optrede voorafgaande beskryf.
8. ▇▇▇▇▇▇ REGSGEDINGE WORD GEDEK?
Dekking word ▇▇▇▇▇▇▇ vir Regskoste van die volgende Regsgedinge:
8.1 alle siviele en strafregtelike Regsgedinge deur of teen die Versekerde of (na gelang van die geval) die Genomineerdes;
8.2 voorhuwelikse kontrakte en onbestrede egskeidings, waar die Versekerde Gebeurtenis plaasvind na ontvangs deur die Versekeraar van die sesde premie.
9. ▇▇▇▇▇▇ REGSGEDINGE WORD NIE GEDEK NIE?
Geen Dekking word ▇▇▇▇▇▇▇ vir Regskoste van die volgende Regsgedinge nie:
9.1 wat gevoer word buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika;
9.2 arbeidsregtelike aangeleenthede;
9.3 wat in die hof vir ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ gevoer word of gevoer kan word;
9.4 administratiewe aangeleenthede wat nie Regsgedinge is nie, ▇▇▇▇ rekonsiliasie van en dispute oor rekeninge;
9.5 appèlle, hersienings en verrigtinge van tribunale en kommissies van ondersoek;
9.6 patente, handelsmerke, ontwerpe, kopiereg of ander vorme van intellektuele goederereg;
9.7 gespesialiseerde regsdissiplines waartoe ‘n Prokureur in algemene praktyk nie geregtig is om toe te tree nie;
9.8 die oordrag van onroerende eiendom of enige beswaring of kansellasie van enige beswaring daarteen;
9.9 verrigtinge waar die Versekerde deur die staat of aangewese amptenaar verteenwoordig word;
9.10 administrasies, sekwestrasies, likwidasies, rehabilitasies, kompromieë, skuldberading en besigheidsredding;
9.11 verbandhoudend met bestrede egskeidings, gesinsgeweld, troubreuk of die opbreek van enige huwelik;
9.12 tussen die Versekerde en enige Genomineerde of Genomineerdes onderling ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ hierin uiteengesit;
9.13 wat na die mening van die Versekeraar kwelsugtig of beuselagtig is;
9.14 invordering van skuld waar ▇▇▇▇▇▇▇ geniet word onder ‘n besigheidspolis, ▇▇▇▇ omskryf in die Polisskedule;
9.15 wat afhanklik is van die instel van voorafgaande wetlik voorgeskrewe prosesse, ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ prosesse reeds afgehandel is;
9.16 waarby die Versekeraar, Administrateur, Prokureur of enige van hulle diensverskaffers ‘n direkte of indirekte belang het.
10. VOORDELE
10.1 Bykomstig tot die Dekking ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ die Versekeraar, is die Versekerde geregtig tot sodanige ander voordele omskryf in die Polisskedule.
10.2 Die Versekerde is geregtig op gebruik van die telefoniese regsadviesdiens vanaf die Polisdatum, ongeag of die aangeleenthede waarmee dit verband hou ontstaan voor of na Datum van Dekking, maar beperk tot Suid-Afrikaanse reg.
10.3 Die Versekerde is vanaf die Polisdatum geregtig op toegang tot standaard regsdokumentasie, maar nie die opstel, wysiging of aanpassing van enige regsdokumentasie vir enige spesifieke doel of aanwending nie.
10.4 Die nagaan van regsdokumentasie en die ▇▇▇▇▇ van opinies ten opsigte daarvan, word beperk tot telefoniese regsadvies.
10.5 Die Versekerde is geregtig op gebruik van die borgdiensvoordeel (indien op die Polisskedule aangedui) vanaf die Datum van Dekking.
11. EISE
11.1 Met die ontstaan van ‘n Regsgeding voortspruitend uit ‘n Versekerde Gebeurtenis, ▇▇▇ die Versekerde die Versekeraar skriftelik daarvan in ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇ indiening van ‘n Eisvorm.
11.2 Die Eisvorm ▇▇▇ so spoedig moontlik aan die Versekeraar gelewer word, tensy indiening van ‘n Eisvorm weens redes van dringendheid onder die omstandighede nie moontlik is nie, in ▇▇▇▇▇ geval die Eisvorm op die eersvolgende moontlike geleentheid ingedien ▇▇▇ word.
11.3 In alle gevalle, ▇▇▇ die Eisvorm nie later nie as dertig dae na datum van ontstaan van die Regsgeding aan die Versekeraar gelewer word, by gebreke waarvan ▇▇▇▇▇▇▇ vir daardie Regsgeding ▇▇▇ verval.
11.4 Die Eisvorm ▇▇▇ alle relevante besonderhede van die Regsgeding en die Versekerde Gebeurtenis, tesame met alle stawende bewyse, insluitende bewyse van geldwaardes asook alle inligting redelikerwys deur die Versekeraar versoek, bevat.
11.5 Indien die Versekeraar enige bykomende inligting of stawende bewyse versoek, ▇▇▇ die Versekerde dit binne dertig dae na datum van sodanige versoek aan die Versekeraar ▇▇▇▇▇, by versuim waarvan Dekking vir daardie Regsgeding verval.
11.6 Die verpligting om te verseker dat die Eisvorm gedateer, onderteken en tesame met aanhangsels in leesbare vorm deur die Versekeraar ontvang word, rus op die Versekerde.
11.7 Geen ongedateerde, ongetekende, onleesbare, onvolledige, onduidelike, vae of onsamehangende Eise of Eise waarvan relevante inligting, dokumente, bewyse of aanhangsels ontbreek, ▇▇▇ oorweeg word nie en ▇▇▇ die Versekeraar en/of Administrateur nie aanspreeklik wees vir enige vertraging in oorweging van sodanige Eis of enige direkte of indirekte skade deur die Versekerde gely as gevolg daarvan nie.
11.8 ▇▇▇▇ ▇▇▇ so spoedig moontlik deur die Versekeraar oorweeg en beslis word en rus die plig op die Versekerde om die Versekeraar skriftelik in te lig van enige spertye of gronde van dringendheid wat van toepassing op die Eis of die Regsgeding mag wees.
11.9 Die Versekerde ▇▇▇ skriftelik verwittig word van die beslissing ten aansien van enige Eis.
11.10 Indien die Versekerde, ▇▇ ▇▇▇▇▇ rede ookal, gegrief voel deur enige sodanige beslissing ▇▇▇ die Versekerde, benewens enige ander remedie tot sy beskikking, geregtig wees om ‘n skriftelike voorlegging ter heroorweging op die Administrateur se voorgeskrewe vorm aan die Versekeraar ▇▇ ▇▇▇▇.
12. DEKKING VOORWAARDES
12.1 Die Prokureur ▇▇▇ die Versekerde adviseer ten opsigte van die Regsgeding en geen Dekking word ▇▇▇▇▇▇▇ waar die Regsgeding teenstrydig met die advies van die Prokureur gevoer word nie.
12.2 Indien die Versekerde nie die Terme en Voorwaardes nakom nie, ▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ word nie of (na gelang van die geval) opgeskort word vir die duur van sodanige nie-nakoming.
12.3 ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ word ▇▇▇▇▇▇▇ ten opsigte van dieselfde, soortgelyke of herhalende Regsgeding waarvoor daar reeds ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ is nie.
12.4 Indien ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ is vir ‘n Regsgeding en die Versekerde abandoneer die Regsgeding of trek dit terug, ▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ vir dieselfde of ‘n soortgelyke Regsgeding voortspruitend uit dieselfde of soortgelyke Versekerde Gebeurtenis ▇▇▇▇▇▇▇ word nie.
12.5 In die geval van ‘n kriminele oortreding waar die Prokureur van oordeel is dat die Versekerde oor geen lewensvatbare verweer beskik nie, ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ beperk word tot die Regskoste redelikerwys verbandhoudend met versagting van die vonnis.
12.6 In die geval van ‘n siviele Regsgeding waar die Prokureur van oordeel is dat die Versekerde geen redelike kans op sukses het nie, ▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ beperk word tot die Regskoste redelikerwys verbandhoudend met skikking van die Regsgeding.
12.7 Geen verdere Dekking word ▇▇▇▇▇▇▇ waar, na oordeel van die Prokureur, enige redelike aanbod ter skikking van die Regsgeding deur die Versekerde van die hand gewys word nie.
12.8 Vir soverre die Versekerde, op ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ ookal, suksesvol enige geld van die ander party tot die Regsgeding ▇▇▇▇▇▇▇, ▇▇▇ alle ▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ verhaal betaal word aan die Versekeraar, tot op ‘n bedrag gelykstaande aan die Regskoste betaal deur die Versekeraar.
12.9 Die Versekerde sedeer aan die Versekeraar alle vorderingsregte wat die Versekerde mag geniet teen die ander party(e) tot die Regsgeding, tot op ‘n bedrag gelykstaande aan die Regskoste deur die Versekeraar betaal.
12.10 Waar die Versekerde enige voordele of Dekking uit hoofde van hierdie Polis op ‘n oneerlike of bedrieglike wyse verkry of poog te verkry, insluitende deur weerhouding van relevante inligting of dokumentasie, ▇▇▇ ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ word nie en alle Regskoste reeds aangegaan onmiddellik deur die Versekerde aan die Versekeraar terugbetaalbaar wees.
13. PREMIES
13.1 Premies word maandeliks vooruit betaal op sodanige tydstip en wyse van betaling as wat tussen die Versekeraar en Versekerde ooreengekom mag word, by gebreke waarvan Premies maandeliks vooruit per debietorder op die eerste ▇▇▇ ▇▇▇ ▇▇▇▇ maand betaal ▇▇▇ word.
13.2 Dit is die Versekerde se verantwoordelikheid om te verseker dat die Premie deur die Versekeraar ontvang word.
13.3 Sonder om afbreuk te doen aan die voorafgaande, ▇▇▇ die Versekeraar poog om die Versekerde in ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ stel van enige onbetaalde Premie.
13.4 Die Versekerde ▇▇▇ die onbetaalde Premie aansuiwer voor of op die datum van verskuldigdheid vir betaling van die onmiddellik daaropvolgende Premie.
13.5 Indien twee opeenvolgende Premies onbetaald ▇▇▇ ▇▇▇, word die Polis outomaties gekanselleer, in ▇▇▇▇▇ geval die Versekeraar skriftelike bevestiging van sodanige kansellasie aan die Versekerde ▇▇▇ versend.
13.6 Indien die Versekerde binne ‘n periode van dertig dae daarna alle verskuldigde Premies aansuiwer, ▇▇▇ die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇, asof geen kansellasie plaasgevind het nie.
13.7 Gedurende enige periode van wanbetaling van Premie, word Dekking opgeskort vir die duur van sodanige wanbetaling, totdat alle verskuldigde Premies aangesuiwer is.
13.8 Premies is onderhewig aan jaarlikse verhoging op 1 April, met dien verstande dat enige verhoging wat tien persent van Premie oorskry dertig dae vooraf skriftelike kennisgewing aan die Versekerde vereis.
13.9 Indien die Versekerde ‘n BTW handelaar is en begerig is om die BTW komponent van die Premie as insetbelasting te ▇▇▇▇▇▇▇, ▇▇▇ ▇▇▇ die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇ as ‘n belastingfaktuur vir doeleindes daarvan, onderhewig daaraan dat Premies ten volle betaal word en die Versekerde in ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ van die Polis dokumentasie, tesame met bewys van betaling (byvoorbeeld bankstate) van Premie.
14. KANSELLASIE
14.1 Die Polis kan met dertig dae vooraf skriftelike kennisgewing deur die Versekeraar of Versekerde gekanselleer word.
14.2 Sonder om afbreuk te doen aan die voorafgaande, word die Polis outomaties gekanselleer by wanbetaling van twee opeenvolgende Premies.
14.3 ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ hierin uiteengesit, ▇▇▇ ▇▇▇▇ gekanselleerde ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ word nie.
14.4 By kansellasie van ‘n Polis, ▇▇ ▇▇▇▇▇ rede ookal, staak Dekking op die laaste dag van die versekeringsperiode waarvoor die laaste Premie betaal is, waarna geen ▇▇▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇▇ word ten opsigte van enige Regsgeding of Eis wat daarna ontstaan nie.
15. INLIGTING
15.1 Die Versekerde ▇▇▇ die Versekeraar voorsien van sodanige inligting as wat redelikerwys van tyd tot tyd nodig mag wees of versoek mag word, ter nakoming van hierdie Polis.
15.2 Indien die Versekerde se persoonlike- of kontakbesonderhede of Genomineerdes sou verander, ▇▇▇ die Versekerde die Versekeraar skriftelik daarvan verwittig binne dertig dae na datum van sodanige verandering.
15.3 Die Versekerde stem toe dat die Versekeraar vrye toegang ▇▇▇ geniet tot inligting relevant tot enige Regsgeding en magtig hiermee die Versekeraar en Prokureur tot vrylike uitruil van inligting, met abandonering van enige privilegie wat die Versekerde andersins sou geniet.
15.4 Die Versekerde stem toe dat die Versekeraar en/of Administrateur geregtig is tot gebruikmaking van die Versekerde se inligting vir enige doel hoegenaamd, insluitende statutêre nakoming, statistiese analise, risiko bepaling en bemarking.
16. VRYWARING
16.1 Die Versekerde vrywaar hiermee en stel die Versekeraar, Administrateur, Prokureur en hulle diensverskaffers skadeloos ten aansien van enige en/of alle skade, insluitende gevolgskade, voortspruitend uit:
16.1.1 enige versuim om die Versekeraar tydig van enige inligting te voorsien, insluitende die opdatering van veranderde persoonlike- en kontakbesonderhede;
16.1.2 gebruikmaking van enige voordele verbandhoudend met die Polis, insluitende verkryging van telefoniese regsadvies of regsdokumente;
16.1.3 die hantering, oorweging en beslissing van enige Eis;
16.1.4 versuim om enige sperdatums aan die Versekeraar, Administrateur, Prokureur of hulle diensverskaffers tydig te openbaar, insluitende datums van verjaring van Versekerde Gebeurtenisse of Regsgedinge.
16.2 Die Versekerde vrywaar hiermee en stel die Versekeraar, Administrateur en hulle diensverskaffers skadeloos ten aansien van enige en/of alle skade, insluitende gevolgskade, voortspruitend uit enige optrede van die Prokureur, insluitende hantering van enige Regsgeding.
17. ALGEMENE VOORWAARDES
17.1 Die Polis is die volledige ooreenkoms tussen die Versekeraar en Versekerde ten opsigte van die inhoud daarvan.
17.2 Wysiging van die ▇▇▇▇▇ ▇▇▇ op skrif gestel en met dertig dae vooraf kennis aan die Versekerde versend word, met dien verstande dat Eise beoordeel word aan die hand van die Polis, ▇▇▇▇ dit daaruitsien op datum van ontstaan van die Regsgeding.
17.3 Geen voorstellings is of word aan die Versekerde gemaak, anders as in die Polis vervat nie.
17.4 Indien enige voorstellings teenstrydig met die Polis deur die Versekeraar, Administrateur of hulle diensverskaffers aan die Versekerde gemaak is, is die Versekerde geregtig ▇▇ ▇▇▇▇▇ dertig dae na datum van ontvangs daarvan of die Polisdatum (▇▇▇▇▇ ookal eerste plaasvind) die Polis te kanselleer en terugbetaling van alle bedrae aan die Versekeraar betaal, te ontvang.
17.5 Indien enige onversoenbare teenstrydigheid tussen hierdie Terme en Voorwaardes en die Polisskedule bestaan, ▇▇▇ die inhoud van die Polisskedule voorrang geniet.
17.6 Hierdie Polis word geïnterpreteer in ooreenstemming met die reg en wette van die Republiek van Suid-Afrika.
17.7 Woorde wat dui op die enkelvoud sluit die meervoud in, en omgekeerd.
