Kommersiële Versekering
Kommersiële Versekering
Afdeling geboue omvattend
Omskrewe gebeurtenisse
1. Skade veroorsaak deur die omskrewe gevare
(a) in onderafdeling A aan die geboue met inbegrip van alle buitegeboue daarvan (gebou xxxxxxxx, klip, beton of metaal op metaalraamwerk met leiklip-, xxxx-, metaal-, beton- of asbesdak xxxxx xxxxxx in die bylae vermeld) en sport- en ontspanningstrukture, verhuurder se los en vaste toebehore daarin en daarop, mure (behalwe dammure), hekke, pale, heinings en geteerde of plaveide paaie, opritte, weë of parkeerareas;
(b) in onderafdeling B aan openbare toevoeraansluitpunte; geleë xxxx in die bylae vermeld.
2. Verlies aan huurgeld xxxx in onderafdeling C voorsien.
3. Regsaanspreeklikheid xxxx in onderafdeling D voorsien.
Onderafdeling A - Eiendom
1. Brand, weerlig, donderslag, onderaardse brand, ontploffing.
2. Storm, wind, water, hael of sneeu behalwe
(a) dit wat voortspruit uit enige proses wat dit ondergaan en noodsaaklikerwys die gebruik of aan wending van water behels.
(b) slytasie en geleidelikwerkende agteruitgang.
(c) verlies of skade
(i) aan keermure;
(ii) veroorsaak of vererger deur
(1) insakking of grondverskuiwing;
(2) die versekerde se versuim om alle redelike voorsorgmaatreëls te tref vir die onderhoud en veiligheid van;
(3) die versekerde eiendom en om enige vernietiging of skade tot ‘n minimum te beperk.
3. Aardbewing.
4. Lugvaartuie en ander lugtoestelle of voorwerpe wat daaruit laat val word.
5. Botsing deur diere, bome, antennes, satellietskottels of voertuie met uitsluiting van skade aan sodanige diere, bome, antennes’ sateIIietskottels, voertuie of eiendom in of op sodanige voertuie.
6. Diefstal (of enige poging daartoe) wat gepaard gaan met kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige gebou.
Indien enige versekerde gebou of gebou wat die versekerde eiendom bevat, vir 30 opeenvolgende dae onbewoon gelaat word, word die versekering ingevolge hierdie item opgeskort ten opsigte van die geraakte eiendom, tensy die versekerde voor die plaasvind van enige skade die skriftelike toestemming van die versekeraar verkry vir die voortsetting van hierdie uitbreiding. Gedurende die aanvanklike tydperk van 30 opeenvolgende dae van onbewoning word die versekerde ‘n mede-versekeraar saam met die versekeraar en dra by ‘n eweredige xxxx van enige skade gelykstaande aan 20 persent van die eis voor die aftrekking van enige eerste bedrag betaalbaar.
7. Toevallige skade aan sanitêre ware, maar die bedrag betaalbaar word met R250 verminder vir elke sodanige skade.
Spesifieke voorwaarde (nie van toepassing nie op 7 hierbo nie)
Eweredigheid
XXXX/411/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
Indien die versekerde eiendom by die aanvang van enige skade aan sodanige eiendom deur enige gevaar waarteen dit verseker is gesamentlik meer werd is as die bedrag waarteen dit verseker is, word die versekerde sy eie versekeraar vir die verskil geag en dra by dienooreenkomstig ‘n eweredige xxxx van die skade. Elke item, indien daar meer as een is, is afsonderlik aan hierdie voorwaarde onderworpe.
Onderafdeling B - Hooftoevoerverbindings
Toevallige skade aan water-, riool-, gas-, elektrisiteits- en telekommunikasieverbindings wat die eiendom van die versekerde is of waarvoor hy regtens verantwoordelik is, tussen die versekerde eiendom en die hooftoevoerverbindingspunte.
Onderafdeling C - Huurgeld
Verlies aan huurgeld weens die xxxx dat die versekerde eiendom sodanig beskadig word deur enige van die gespesifiseerde gevare dat dit onverhuurbaar is (insluitend gedeeltelik onverhuurbaar), maar slegs vir die tydperk wat vir vervanging nodig is en vir ‘n bedrag van hoogstens 25 persent van die bedrag waarteen die geraakte eiendom verseker is. Die berekeningsgrondslag is die huurgeld wat betaalbaar is onmiddellik voor die skade of die ekwivalent daarvan in huurwaarde.
Onderafdeling D - Aanspreeklikheid
Skadevergoeding waarvoor die versekerde regtens aanspreeklik gehou word as gevolg van die toevallige dood of liggaamlike besering of siekte van enige persoon (hierna besering genoem) of die toevallige verlies van of fisieke skade aan tasbare eiendom (hierna skade genoem) wat voorkom gedurende die versekeringstydperk in, op of in die omgewing van die versekerde eiendom en wat voortspruit uit die versekerde se eienaarskap daarvan.
Die skadeloosstellingsperk
Die bedrag betaalbaar, met inbegrip van enige regskoste wat deur ‘n xxxxx of enige getal eisers van die versekerde verhaalbaar is en alle xxxxx xxxxx en uitgawes wat met die versekeraar se toestemming aangegaan word vir enige enkele gebeurtenis of reeks gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron beloop hoogstens
R1 000 000.
Spesifieke uitsonderings (van toepassing op onderafdeling D)
Die versekeraar stel nie die versekerde ingevolge hierdie onderafdeling skadeloos ten opsigte van die volgende nie:
1. Besering of skade wat opgedoen word deur
(a) enige lid van dieselfde huishouding as die versekerde.
(b) enige persoon wat ingevolge ‘n diens- of vakleerlingskapkontrak in die versekerde se diens is, en wat regstreeks ontstaan uit en in die loop van sodanige diens by die versekerde.
(c) enige xxxxx xxxxxxx en wat spruit uit die eienaarskap van of die gebruik deur of namens die versekerde van meganiesaangedrewe voertuie (behalwe trapfietse en grassnyers).
2. Skade aan eiendom
(a) (i) wat aan die versekerde behoort.
(ii) wat in die bewaring of onder die beheer van die versekerde of enige werknemer van die versekerde is.
(b) wat veroorsaak word deur vibrasie of die verwydering of verswakking of versteuring van die stut van enige grond, gebou of ander struktuur.
3. Aanspreeklikheid wat volgens ‘n ooreenkoms aanvaar word, tensy die versekerde nieteenstaande sodanige ooreenkoms aanspreeklik sou gewees het.
4. (a) Aanspreeklikheid ten opsigte van besering, skade of verlies aan die gebruik van eiendom wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur deursypeling, besoedeling of kontaminasie, altyd met dien verstande dat hierdie uitsondering nie van toepassing is nie waar sodanige deursypeling, besoedeling of kontaminasie deur ‘n skielike onbeplande en onvoorsiene gebeurtenis veroorsaak word.
(b) Die koste van die verwydering, vernietiging of opruiming van deursypelende, besoedelende of kontaminerende stowwe, tensy die deursypeling, besoedeling of kontaminasie deur ‘n skielike, onbeplande en onvoorsiene gebeurtenis veroorsaak word.
Hierdie uitsondering brei nie die polis uit om enige aanspreeklikheid te dek wat, by die afwesigheid van hierdie uitsondering, nie ingevolge hierdie polis verseker sou gewees het nie.
5. Boetes, strafvoltrekkings, straf-, bestraffende of wraaksugtige skadevergoeding.
6. (a) Skadevergoeding ten opsigte van uitsprake in die eerste instansie gelewer of verkry in ‘n ander hof as ‘n hof met bevoegde jurisdiksie binne die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho en Swaziland.
(b) Regskoste en -uitgawes wat deur enige xxxxx van die versekerde verhaal is en wat nie aangegaan en verhaalbaar is in die gebied wat in 6 (a) hierbo beskryf word nie.
Memoranda tot onderafdeling X
XXXX/411/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
1. Indien meer as een versekerde in die bylae vermeld word, stel die versekeraar elke versekerde afsonderlik, en nie gesamentlik nie, skadeloos en enige aanspreeklikheid wat tussen sodanige versekerdes ontstaan word hanteer asof afsonderlike polisse aan elk uitgereik is, met dien verstande dat die totale aanspreeklikheid van die versekeraar nie verhoog word bo die skadeloosstellingsperk wat in die bylae vermeld word nie.
Afdeling geboue onvattend
2/7
2. Met dien verstande dat die totale aanspreeklikheid van die versekeraar nie verhoog word bo die skadeloosstellingsperk wat vermeld word nie, stel die versekeraar ook, asof ‘n afsonderlike polis aan elkeen uitgereik is, die volgende skadeloos
(a) in geval van die dood van die versekerde, enige persoonlike verteenwoortiger van die versekerde ten opsigte van aanspreeklikheid wat deur die versekerde opgeloop is.
(b) enige vennoot of direkteur of lid of werknemer van die versekerde (indien die versekerde dit vervang) teen enige eis waarvoor die versekerde op skadeloosstelling ingevolge hierdie versekering geregtig is.
3. Algemene uitsondering 1 word slegs ten opsigte van hierdie onderafdeling geskrap en deur die volgende vervang:
Hierdie onderafdeling dek nie besering, skade of aanspreeklikheid regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur of in verband met of as gevolg van oorlog, inval, die optrede van ‘n buitelandse vyand, vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar is of nie) burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie, militêre of geüsurpeerde gesag nie.
4. Indien, ten tyde van enige voorval wat aanleiding gee tot ‘n eis ingevolge hierdie onderafdeling, skadeloosstelling ingevolge enige ander versekering verskaf word, dra hierdie onderafdeling nie saam met enige ander versekering by nie, behalwe met betrekking tot enige oorskryding bó die bedrag wat deur sodanige ander versekering betaalbaar is.
Klousules en uitbreidings
Uitbreiding tot onderafdeling A: Insakking en grondverskuiwing (indien in die bylae as ingesluit verveld)
Die onderstaande gevaar word bygevoeg tot die gevare van toepassing op onderafdeling A -Eiendom
8. Skade wat deur insakking en grondverskuiwing veroorsaak word
Met dien verstande dat die versekerde die eerste gedeelte van xxxx xxx dra tot ‘n bedrag wat bereken word teen 1 persent van die bedrag waarteen die eiendom verseker is of R500, wat ook al die grootste is.
Vir die doeleindes hiervan word enige versekerde skade geag deur brand veroorsaak xx xxxx. Met dien verstande dat hierdie uitbreiding nie die volgende dek nie:
(a) Skade aan riole, waterlope, grensmure, tuinmure, keermure, hekke, pale of heinings, tensy dit spesifiek verseker is.
(b) Skade wat veroorsaak word deur of wat toegeskryf kan word aan
(i) foutiewe ontwerp of konstruksie van of die verwydering of verswakking van die stut van enige gebou wat op die versekerde perseel geleë is.
(ii) werksmense wat besig is met enige strukturele verbouings, toevoegings of herstelwerk aan enige geboue wat op die versekerde perseel geleë is.
(iii) uitgrawings bo- of ondergronds, behalwe uitgrawings in die loop van mynboubedrywighede.
(c) Gevolglike verlies van enige aard hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld.
Indien die versekeraar in enige geregtelike aksie, geding of ander verrigting beweer dat skade uit hoofde van die bepalings van hierdie uitbreiding nie deur hierdie versekering gedek word nie, rus die las op die versekerde om die teenteel to bewys.
Uitbreiding tot onderafdelng C: Verhindering van toegang (indien in die bylae as ingesluit ver- meld)
Indien eiendom gedurende die versekeringstydperk binne ‘n radius van 10 km vanaf die persele vermeld in die bylae verloor of beskadig word as gevolg van ‘n gevaar in onderafdeling A omskryf en dit verhinder of belemmer die gebruik van of toegang tot die persele wat kragtens hierdie afdeling verseker word, betaal die versekeraar vir enige verlies aan huurgeld wat die versekerde as gevolg daaarvan ly tot hoogstens ‘n bedrag van 25 persent van die versekerde bedrag van toepassing op die geraakte eiendom. Die berekening van die verlies aan huurgeld word gegrond op die huurgeld betaalbaar onmiddellik voor die verlies of skade of die gelykstaande huurgeldwaarde daarvan.
Klousule: Sekuriteitsfirmas
Nieteenstaande Spesifieke uitsondering 3, indien die versekerde (as die eienaar van die persele wat in die bylae gespesifiseer word) ingevolge ‘n kontrak met ‘n sekuriteitsfirma werknemers van sodanige firma in diens geneem het om die versekerde se eiendom in die loop van die besigheid van die versekerde vermeld in die bylae of persone to beskerm, regtens aanspreeklik gehou word vir die handelinge of versuim van die werknemers van die sekuriteitsfirma in die loop van hulle diens, sluit hierdie afdeling sodanige regsaanspreeklikheid in tot die mate waartoe hierdie skadeloosstelling ingevolge hierdie afdeling verskaf sou gewees het indien die vermelde werknemers ingevolge ‘n dienskontrak by die versekerde, en nie die sekuriteitsfirma nie, in diens was maar slegs tot hoogstens die skadeloosstellingsperk vermeld in die bylae vir hierdie onderafdeling.
Afdeling geboue onvattend
3/7
XXXX/411/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
Indien die sekuriteitsfirma ten tyde van die plaasvind van ‘n gebeurtenis wat tot ‘n eis aanleiding gee ten opsigte van dieselfde gebeurtenis op skadeloosstelling ingevolge enige xxxxx xxxxx geregtig is, is die versekeraar nie aanspreeklik om enige betaling xx xxxx nie behalwe ten opsigte van enige bedrag bó die bedrag wat ingevolge sodanige xxxxx xxxxx betaalbaar is.
Klousule: Argitek- en ander professionele gelde
Die versekering ingevolge onderafdeling A sluit professionele gelde in (vir ramings, planne, spesifikasies, bestekopnames, tenders en toesig) wat noodsaaklikerwys aangegaan is om die versekerde eiendom te herstel of te vervang na skade weens ‘n omskrewe gebeurtenis, maar in geen geval xxx dit 15 persent van die bedrag wat betaalbaar is ten opsigte van sodanige skade oorskry nie en met dien verstande dat die totale verhaalbare bedrag hoogstens die versekerde bedrag van die eiendom wat geraak word, beloop.
Die bedrag wat betaalbaar is ten opsigte van sodanige gelde sluit nie koste in wat aangegaan is in verband met die voorbereiding van die versekerde se eis nie.
Klousule: Kapitaaltoevoegings
Die versekering ingevolge hierdie afdeling dek verbouings, toevoegings en verbeterings (maar nie waardevermeerdering bó die versekerde bedrag(e) nie) aan of tot die eiendom vir ‘n bedrag van hoogstens 15 persent van die bedrag waarteen dit verseker is, met dien verstande dat die versekerde onderneem om die versekeraar elke kwartaal van sodanige verbouings, toevoegings en verbeterings in xxxxxx xx stel en die toepaslike bykomende premie daarop te betaal.
Klousule: Koste van sloping en opruiming en die oprigting van skuttings
Die versekering ingevolge hierdie afdeling sluit die koste in wat noodsaaklikerwys deur die versekerde aangegaan word ten opsigte van die sloping van versekerde eiendom en/of die verwydering van puin en die verskaffing, oprigting en instandhouding van skuttings wat vereis word gedurende sloping,
terreinopruiming en/of boubedrywighede na skade aan die versekerde eiendom weens ‘n omskrewe gebeurtenis, met dien verstande dat die totale bedrag wat verhaalbaar is, hoogstens die versekerde bedrag op die eiendom wat geraak word, beloop.
Die versekeraar betaal nie vir enige koste of uitgawe nie
1. wat aangegaan word vir die verwydering van puin behalwe vanaf die terrein van sodanige eiendom wat vernietig of beskadig is en die gebied onmiddellik aangrensend aan sodanige terrein.
2. wat voortspruit uit besoedeling of kontaminasie van eiendom wat nie ingevolge hierdie polis/afdeling verseker is nie.
Klousule: Brandbluskoste
Enige koste wat verband hou met die blus of bestryding van brand, word geag skade aan die versekerde eiendom xx xxxx en is betaalbaar benewens enige ander betaling waarvoor die versekeraar ingevolge hierdie afdeling aanspreeklik mag wees, met dien verstande dat die versekerde regtens aanspreeklik is vir sodanige koste en die versekerde eiendom deur die brand bedreig is.
Klousule: Verbandhouer
Die belang van enige verbandhouer in die versekering ingevolge hierdie afdeling word nie benadeel deur enige optrede of versuim aan die xxxx van die verbandgewer wat sonder die verbandhouer se medewete geskied nie. Die verbandhouer moet die versekeraar egter daarvan verwittig sodra hy van enige sodanige optrede of versuim bewus word en hy is verantwoordelik vir enige bykomende premie wat betaalbaar is vanaf die datum waarop enige verhoogde risiko ingevolge hierdie klousule deur die versekeraar aanvaar word.
Klousule: Munisipale planondersoekgelde
Die versekering ingevolge hierdie afdeling sluit munisipale planondersoekgelde in, met dien verstande dat die totale bedrag wat ingevolge enige item verhaalbaar is, hoogstens die versekerde bedrag ten opsigte van die eiendom wat aldus geraak word, beloop.
Klousule: Vereistes van openbare owerhede
Die versekering ingevolge hierdie afdeling sluit sodanige bykomende herstel- of herbouingskoste in wat ten opsigte van die beskadigde eiendom aangegaan word, alleenlik weens die noodsaaklikheid om te voldoen aan bou- of ander regulasies wat opgestel is ingevolge enige wet van die parlement of ordonnansie van enige provinsiale, afdelings-, munisipale of ander plaaslike owerheid.
Met dien verstande dat
1. die bedrag wat ingevolge hierdie klousule verhaalbaar is, nie die volgende insluit nie:
(a) Die koste wat aangegaan word ter voldoening aan enige van die bogenoemde regulasies
(i) ten opsigte van skade wat voorgekom het voordat hierdie klousule toegestaan is.
(ii) ten opsigte van skade wat nie ingevolge hierdie afdeling verseker is nie.
XXXX/411/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
(iii) ingevolge waarvan kennis aan die versekerde gegee is voordat die skade plaasgevind het.
Afdeling geboue onvattend
4/7
(iv) ten opsigte van onbeskadigde eiendom, onbeskadigde dele van die eiendom, behalwe fondamente (tensy fondamente spesifiek uitgesluit word by hierdie versekering) van daardie xxxx wat beskadig is.
(b) Die bykomende koste wat nodig sou gewees het om die eiendom te herstel tot ’n toestand wat gelyk is aan sodanige eiendom se toestand toe dit nuut was, indien die noodsaaklikheid om aan enige van die bogenoemde regulasies te voldoen nie ontastaan het nie.
(c) Die bedrag van munisipale of ander belasting, ontwikkelings-of ander heffing of aanslag wat uit waardevermeerdering voortspruit en wat betaalbaar mag wees ten opsigte vand die eiendom of deur die eienaar daarvan weens voldoening aan enige van die bogenoemde regulasies.
2. die herstel- of herbouwerk moet met redelike spoed begin en uitgevoer word en mag in die geheel of gedeeltelik op ‘n ander terrein uitgevoer word (indien bogenoemde regulasies dit vereis), onderworpe daaraan dat die aanspreeklikheid van die versekeraar ingevolge hierdie klousule nie daardeur verhoog word nie.
3. indien die aanspreeklikheid van die versekeraar ingevolge enige item van hierdie afdeling, afgesien van hierdie klousule, verminder word deur die toepassing van enige van die bepalings, uitsonderings en voorwaardes van hierdie afdeling, die aanspreeklikheid van die versekeraar ingevolge hierdie klousule ten opsigte van enige sodanige item in dieselfde verhouding verminder word.
4. die totale bedrag wat verhaalbaar is ingevolge enige item van hierdie afdeling, hoogstens die bedrag beloop wat daarvolgens verseker is.
Klousule: Spoorweg- en ander subrogasie
Die vesekerde word nie benadeel deur die ondertekening van Transnet se besteldiensvrywaring insake gevaarlike persele of ander spesiale ooreenkomste met die Transnet-administrasie betreffende private sylyne of soortgelyke ooreenkomste met ander staatsliggame nie.
Klousule : Herstelwaardevoorwaardes
Ingeval die eiendom beskadig word, is die grondslag waarop die bedrag betaalbaar bereken moet word, die koste van die vervanging of herstel op dieselfde terrein met eiendom van dieselfde soort of aard maar nie beter of omvangryker nie as die versekerde eiendom toe dit nuut was, met dien verstande dat
1. die vervangings- of herstelwerk (wat uitgevoer mag word op ‘n ander terrein en op enige xxxxxx wat vir die versekerde se vereistes geskik is, onderworpe daaraan dat die aanspreeklikheid van die versekeraar nie daardeur verhoog word nie) met redelike spoed begin en uitgevoer word, anders word geen betaling gedoen bó en behalwe die bedrag wat betaalbaar sou gewees het indien hierdie voorwaarde nie hierby ingelyf was nie.
2. totdat uitgawe deur die versekerde aangegaan is ter vervanging of herstel van die eiendom, die versekeraar nie aanspreeklik is vir enige betaling bó die bedrag wat betaalbaar sou gewees het indien hierdie klousule nie hierby ingelyf was nie.
3. indien, op die tydstip van vervanging of herstel, die bedrag wat die koste verteenwoordig wat aangegaan sou gewees het ter vervanging of herstel as die hele versekerde eiendom beskadig was, die bedrag oorskry waarteen dit verseker is by die aanvang van enige skade aan sodanige eiendom deur ‘n omskrewe gebeurtenis, die versekerde geag word sy eie versekeraar xx xxxx vir die verskil en by dienooreenkomstig
‘n eweredige xxxx van die verlies moet dra. Elke item van hierdie afdeling (indien daar meer as een is) waarop hierdie voorwaardes van toepassing is, is afsonderlik aan hierdie bepaling onderworpe.
4. hierdie voorwaardes van nul en gener waarde is, indien
(a) die versekerde versuim xx xxxxx ses maande vanaf die datum van skade of sodanige verdere tydperk as wat die versekeraar skriftelik mag toelaat, die versekeraar in xxxxxx xx stel van sy voorneme om die eiendom te vervang of te herstel.
(b) die versekerde nie in staat is nie of onwillig is om die eiendom op dieselfde of ‘n ander terrein te vervang of te herstel.
Klousule: Tydelike verwydering
Behalwe in die mate waarin dit andersins verseker is, word die verhuurder se los en vaste toebehore gedek terwyl dit tydelik na enige ander perseel verskuif word, insluitende xxxxxxxx per pad, xxxxx of binnelandse waterweg binne die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Swaziland, Zimbabwe en Malawi.
Met dien verstande dat die bedrag wat ingevolge hierdie klousule betaalbaar is, hoogstens die bedrag is wat betaalbaar sou gewees het indien die verlies of skade plaasgevind het op die perseel waarvandaan die eiendom tydelik verwyder is.
Klousule: Huurders
Afdeling geboue onvattend
5/7
XXXX/411/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
Die versekeraar se aanspreeklikheid teenoor die versekerde word nie geraak deur enige optrede of versuim aan die xxxx van enige huurder (behalwe as die versekerde) wat sonder die versekerde se medewete geskied nie. Die versekerde moet die versekeraar egter van enige sodanige optrede of versuim wat strydig is met die bepalings, uitsonderings of voorwaardes van hierdie afdeling in xxxxxx xxxx sodra hy daarvan bewus word en is verantwoordelik vir enige bykomende premie wat aan betaalbaar is vanaf die datum waarop enige verhoogde risiko deur die versekeraar aanvaar word.
Uitbreiding: Prysaanpassingsklousule (indien in die bylae ingesluit vermeld)
Gedurende elke versekeringstydperk word die versekerde bedrag(-e) ingevolge Onderafdeling A van hierdie afdeling verhoog met daardie xxxx van die persentasie xxxx in die bylae vermeld as die verhouding wat die aantal dae sedert die aanvang van sodanige tydperk uitmaak van die geheel van sodanige tydperk. Xxxxx xxxxxx ooreengekom, is hierdie voorbehoudsbepalings slegs van toepassing op die versekerde bedrag(-e) wat ten tyde van die aanvang van die versekeringstydperk van krag is.
By elke hernuwingsdatum moet die versekerde die versekeraar in xxxxxx xxxx van die bedrag(-e) wat verseker moet word vir die komende versekeringstydperk en die persentasie verhoging wat vir sodanige tydperk verlang word. By versuim daarvan word die bepalings van hierdie klousule gestaak.
Die bykomende premie vir hierdie uitbreiding is 50 persent van die premie wat verkry moet word deur die genoemde persentasie toe te pas op die jaarpremie betaalbaar vir die versekerde bedrag waarop hierdie uitbreidig van toepassing is.
Uitbreiding: Kwaadwillige beskadiging
Andersins onderworpe aan die bepalings, voorwaardes, uitsonderings, uitsluitings en waarborge hierin vervat, word hierdie afdeling uitgebrei om verlies of skade te dek wat regstreeks veroorsaak word deur of deur middel van of as gevolg van die doelbewuste of opsetlike daad van enige persoon wat gepleeg word met die doel om sodanige skade te veroorsaak, behalwe skade aan
1. roerende eiendom wat
(a) gesteel word;
(b) beskadig word in ‘n poging om dit of ‘n xxxx daarvan te verwyder uit enige perseel wat deur die versekerde besit of geokkupeer word terwyl daar in- of uitgebreek word of terwyl daar gepoog word om in of uit te breek.
2. roerende of onroerende eiendom wat deur diewe beskadig word terwyl daar by enige gebou op die perseel wat deur die versekerde besit of geokkupeer wordin- of uitgebreek word of gepoog word om in of uit te breek.
3. onroerende eiendom wat deur die versekerde besit of geokkupeer word en wat veroorsaak word deur of deur middel van of as gevolg van
(a) die verwydering of gedeeltelike verwydering van of enige poging daartoe;
(b) die sloping of gedeeltelike sloping of enige poging daartoe;
van die vermelde onroerende eiendom of enige xxxx daarvan met die doel om enige xxxx daarvan te steel.
Met dien verstande dat hierdie uitbreiding nie die volgende dek nie:
(a) Verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur brand of ontploffing.
(b) Gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd behalwe verlies aan huurgeld indien dit spesifiek verseker is.
(c) Verlies of skade wat spruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid.
(d) Verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitontneming wat spruit uit konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige xxxxxx ingestelde owerheid.
(e) Verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene uitsondering 1(a) (i), (ii), (iii), (iv), (v) of (vi) van hierdie polis xxxxxx word of
enige optrede van enige xxxxxx ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige xxxxx xxxx gehandel word met, sodanige gebeurtenis.
Indien die versekeraar uit hoofde van voorbehoudsbepaling (a), (b), (c), (d) of (e) beweer dat hierdie afdeling nie verlies of skade dek nie, rus die las op die versekerde om die teendeel te bewys.
Indien enige versekerde gebou of gebou wat die versekerde eiendom bevat vir 30 opeenvolgende dae onbewoon gelaat word, word die versekering ingevolge hierdie uitbreiding opgeskort ten opsigte van die geraakte eiendom, tensy die versekerde voor die plaasvind van enige skade die skriftelike toestemming van die versekeraar verkry vir die voortsetting van hierdie uitbreiding.
Gedurende die aanvanklike tydperk van 30 opeenvolgende dae van onbewoning, word die versekerde ‘n
mete-versekeraar saam met die versekeraar en dra by ‘n xxxx van enige skade gelykstaande aan 20 persent van die eis voor die aftrekking van enige eerste bedrag betaalbaar.
Uitbreiding: Oproer en staking (indien in die bylae as ingesluit vermeld)
XXXX/411/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
Andersins onderworpe aan die bepalings, voorwaardes, uitsluitings, uitsonderings en waarborge wat daarin vervat word, word onderafdelings A, B en C van hierdie afdeling uitgebrei om verlies of skade te dek wat regstreeks veroorsaak word deur of deur middel van of as gevolg van
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting.
Afdeling geboue onvattend
6/7
2. die optrede van enige xxxxxx ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige xxxxx xxxx gehandel word met, enige gebeurtenis waarna in 1 hierbo xxxxxx word.
Met dien verstande dat hierdie uitbreiding nie die volgende dek nie:
(a) Verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind.
(b) Gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld indien dit spesifiek verseker is.
(c) Verlies of skade wat spruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid.
(d) Verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige xxxxxx ingestelde owerheid.
(e) Skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene uitsondering 1(a) (i), (ii), (iii), (iv), (v) of (vi) van hierdie polis xxxxxx word of enige optrede van enige xxxxxx ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige xxxxx xxxx gehandel word met, sodanige gebeurtenis.
Afdeling geboue onvattend
7/7
XXXX/411/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003
Indien die versekeraar uit hoofde van voorbehoudsbepaling (a), (b), (c), (d) of (e) beweer dat hierdie afdeling nie verlies of skade dek nie, rus die las op die versekerde om die teendeel te bewys.