IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
Rapporteerbaar
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer: 1443/2005
In die xxxx van:
RONLOU PROPERTY DEVELOPMENT
(EDMS) BEPERK Applikant
en
XXXXXX XXXXX XXXXXX Eerste Respondent
XXXXXXX XXXXXX Tweede Respondent
NIMRO 132 (EDMS) XXXXXX Xxxxx Respondent
UITSPRAAK GELEWER OP 5 XXXXX 2005
X.X. XXXXXXX, X:
Inleiding
Ingevolge ‘n koopkontrak, onderteken op 25 Maart 2004, het die eerste en tweede respondente hul grond geleë te Kylemore, Stellenbosch, aan die applikant verkoop. Die koopprys was R9 120 000.00, betaalbaar teen oordrag behalwe vir ‘n deposito van R200 000.00.
Klousule 4 van die kontrak lui xxxx volg:
Die balans van die koopsom, of die volle koopsom, wat ookal van toepasing is, xxx teen Oordrag aan die Aktebesorgers betaal word. Die Koper xxx xxxxx sewe (7) dae na skriftelik daartoe versoek deur die Aktebesorgers aan hulle ‘n bank of bankgewaarborgde tjek, óf ‘n waarborg van ‘n finasiële instelling, óf ‘n ander waarborg wat vir die Verkoper aanvaarbaar is besorg, vir die betaling van die koopsom of die balans sowel as die agentefooi indien die Koper daarvoor aanspreeklikheid aanvaar het.
Klousule 5 van die kontrak bepaal –
Oordrag xxx xxxx die Aktebesorgers geregistreer word so na as moontlik aan 31/03/2005.
Klousule 16 van die kontrak handel oor kontrakbreuk. Klousule 16.1 bepaal xxxx volg –
Indien enigeen van die partye enige bepalings ten opsigte van hierdie Ooreenkoms verbreek, en versuim om sodanige verbreking reg te stel binne sewe (7) dae na skriftelike versoek daartoe, xxx die verontregte party geregtig wees xx xxxxxx benadeling van sy/haar regte, om skadevergoeding te eis vir skade gely as gevolg van sodanige kontrakbreuk:
16.1.1 skriftelike kennisgewing aan die teenparty, die ooreenkoms te kanselleer, of
16.1.2 spesifieke vervulling van sy/haar verpligtinge deur die ander party, in terme van die ooreenkoms, te eis.
Ingevolge klousule 21.5 is –
Faure en Faure oordragprokureurs van die eiendom en erwe.
Die grond is aangekoop met die oog op die onderverdeling daarvan in woonerwe. Klousule 21.1 van die kontrak bepaal in hierdie verband –
Die verkoper moet bewys xxxxx van die goedkeuring van die onderverdeling van 159 erwe op ‘n gedeelte van die eiendom met ondertekening.
Op 23 November 2004 het die partye ‘n skriftelike Addendum tot die koopkontrak aangegaan ingevolge waarvan die koopprys verhoog is na R10 000 000.00.
Klousule 3 van die Addendum bepaal xxxx volg –
Die XXXXX xxx so gou as moontlik registrasie van die eiendom op sy naam laat registreer en op datum van registrasie ‘n bedrag van R6 000 000.00 (SESMILJOEN RAND) aan die VERKOPERS betaal.
Klousule 4 van die Addendum reël die wyse van afbetaling van die balans.
Die eerste en tweede respondent het op 6 Januarie 2005 by monde van Mnr A Geldenhuys (“Geldenhuys”), ‘n prokureur en direkteur van die oordragprokureurs Faure en Faure, ‘n skriftelike versoek aan die applikant xxxxx xx binne veertien dae ‘n waarborg te voorsien vir die betaling van die balans van die koopprys. Die tydperk van veertien dae is twee maal so lank as die sewe dae waarvor die kontrak voorsiening maak.
Die applikant was nie in staat om tydig die nodige waarborge te verkry nie.
Die eerste en tweede respondent het daarna ingevolge klousule 16 van die kontrak die applikant op 21 Januarie 2005 skriftelik versoek xx xxxxx sewe dae die beweerde kontraktuele versuim (synde nielewering van die waarborg) aan te suiwer. By verstryking van hierdie tydperk was die waarborg steeds nie gelewer nie en het die eerste en tweede respondent op 28 Januarie 2005 die kontrak skriftelik gekanselleer.
Dit is gemeensaak tussen die partye dat die oordragprokureur nie op 6 Januarie 2005 en ook nie op 21 Januarie 2005 nie die dokumente gereed gehad het wat nodig was om oordrag van grond in die Akteskantoor te bewerkstellig nie.
Die kansellasie van die kontrak is nie deur die applikant aanvaar nie. Op 17 Februarie 2005 xxxxx die applikant die Hof by wyse van dringende aansoek. In sy Kennisgewing xxx Xxxxx vra die applikant ‘n verklarende bevel dat die koopkontrak en die latere Addendum daartoe ‘n geldige en regtens afdwingbare koopkontrak daarstel, en ‘n bevel wat die eerste en tweede respondent gelas om onmidddelik die stappe te doen wat nodig is ten einde oordrag van die betrokke onroerende eiendom aan die applikant xx xxx, teen die lewering van ‘n waarborg deur die applikant xxxx vereis deur klousule 4 van die kontrak.
Geen regshulp word teen die derde respondent gevra nie behalwe as dit die aansoek sou teenstaan, in xxxxx geval gevra word dat die derde
respondent sodanige koste betaal as wat deur opponering van die aansoek veroorsaak mag word. Die rede vir die voeging van die derde respondent is dat die eerste en tweede respondent, ná kansellasie van die kontrak, die betrokke onroerende eiendom aan die derde respondent verkoop het. Die derde respondent het op 31 Maart 2005 sy teenstand teen die aaansoek teruggetrek.
Waar daar voortaan na die “respondente” xxxxxx word, is dit ‘n verwysing na slegs die eerste en tweede respondent.
Die xxxx is by ooreenkoms tussen die partye uitgestel to 30 Mei 2005 op xxxxx datum die xxxx voor my beredeneer is. Mnr XX xx Xxxx SC het namens die applikant opgetree, en Mnr XX Xxxxxxxxx SC namens die respondente.
Die geskilpunte
Die applikant steun op klousule 4 van die kontrak en voer aan dat die klousule nie ‘n datum bepaal waarop ‘n waarborg gelewer moet word nie, en dat ‘n waarborg eers aangevra kan word op ‘n tydstip waarop die oordragprokureur gereed is om die nodige dokumentasie by die Akteskantoor in te dien vir doeleindes van oordrag.
In die lig hiervan, voer die applikant aan dat die respondente nie daarop geregtig was om op 6 Januarie of op 21 Januarie 2005 die waarborg aan te vra nie aangesien die oordragprokureur nie gereed was om die nodige dokumentasie by die Akteskantoor in te xxxx xxx. Die applikant is dus nie, so word aangevoer, xxxx xx versuim om die waarborg te verskaf in xxxx geplaas nie en die kontrak was dus nie regsgeldig gekanselleer nie.
Die respondente bevraagteken die beginsel waarop die applikant steun, naamlik dat ‘n waarborg eers aangevra kan word op ‘n tydstip waarop die oordragprokureur gereed is om die nodige dokumentasie by die Akteskantoor in te dien vir doeleindes van oordrag. Die respondente voer aan dat die toepaslike beginsel is dat ‘n waarborg aangevra kan word wanneer die verkoper in staat en bereid is om dadelik stappe te doen om oordrag te bewerkstellig, wat volgens die respondente in casu die geval was.
Die respondente voer voorts aan dat die kontrak in ieder geval ‘n bepaalde of bepaalbare datum vir die verskaffing van ‘n waarborg bevat, en dat die applikant aan die hand daarvan behoorlik aangemaan is en in xxxx geplaas is.
Wat betref die effek van die Addendum op die koopkontrak, voer die respondente aan dat klousule 3 van die Addendum die gewone situasie, naamlik dat die verkoper oordrag bewerkstellig, omkeer xxxx xx bepaal dat oordrag so spoedig moontlik deur die koper bewerkstellig xxx word, en dat die lewering van ‘n waarborg daarna nie meer nodig was om te verseker dat betaling en lewering pari passu geskied nie, en dat die waarborg slegs nog xx xxxxx funksie had: om die xxxxx xx verseker dat die koper die koopprys kan betaal.
Die gemeenregtelik reël
Die beginsel of reël waarop die applikant steun word xxxx volg saamgevat in Xxxxxx x Xxxxxx 1989 (3) SA 136 (A) op 142F—143B:
[I]t is a wellestablished rule of our law that where a contract of sale of land provides for cash to be paid against transfer, so that the merx ought in theory to be delivered pari passu with payment of the purchase price, the practical expedient is resorted to whereby the buyer fulfils his obligations by furnishing the seller with a suitable guarantee that the purchase price will be paid on registration of transfer of the property into his name. The expedient is adopted since, under our system of land registration, it is virtually impossible in practice for payment and transfer to take place pari passu, as an interval must necessarily elapse between the time the transfer documents are lodged in the Deeds Office and the moment of registration, and the buyer cannot know beforehand when to be in attendance with his money. The reason for permitting the buyer to adopt the said expedient is to protect the financial interest of both parties and to overcome their possible mutual distrust or uncertainty that if the one performs the other may be unable or unwilling to perform (per Xxxxxxx XX in AA Farm Sales (Pty) Ltd (t/a AA Farms) v Kirkaldy 1980 (1) SA 13 (A) at 17B—C). In a case such as the present, where no time is fixed in the contract for payment or transfer, the date upon which the buyer is obliged to furnish a transfer guarantee, according to the rule enunciated above, depends upon the date on which the seller will be able to lodge the documents required for transfer in the Deeds Office. I will return to this aspect later. The parties are, however, free to stipulate that the buyer should give a guarantee before transfer and irrespective of whether the seller is ready and able to lodge the transfer documents with the Registrar of Deeds. Such a provision places an additional burden on the buyer and requires clear language (Xxxx v Botha NO 1965 (3) SA 46 (A) at 60F —H).
Oor die tydstip waarop die waarborg verskaf moet word waar die tydstip nie by ooreenkoms vasgestel is nie, word die volgende gesê in Hammer v Xxxxx and Another 1951 (2) SA 101 (A) op 105G—106C:
It is common cause that in the present case payment was to be effected by a banker’s guarantee, but no time was fixed within which such guarantee had to be provided by the plaintiffs. In such a case the date on which the buyer is obliged to provide a banker’s guarantee depends upon the date on which the seller will be able to lodge the documents required for transfer with the Registrar of Deeds. The seller does not require the bank’s guarantee until he is ready to lodge. The risk that he might lose his dominium in the property sold before he has received the purchase price does not arise until the documents required for transfer are on the point of being lodged with the Registrar of Deeds. It follows that the seller is not entitled to demand that the buyer should provide a banker’s guarantee on a date earlier than that on which the seller proposes to lodge with the Registrar of Deeds the documents required for transfer. And if he does make such a demand, the buyer is entitled to ignore it without running any risk of being placed in xxxx. The buyer duly informs his obligation if he tenders the banker’s guarantee at any time before the seller actually lodges the documents required for transfer with the Registrar of Deeds. The buyer cannot know when the seller will be ready to lodge, and there is therefore a duty on the seller, who demands a banker’s guarantee, to inform the buyer when he proposes to lodge in order that the buyer may know when he must provide the banker’s guarantee.
Hierdie beginsel of reël word in ‘n belangrike opsig gekwalifiseer in Xxxxxx x Xxxxxx 1952 (3) SA 685 (A). Met verwysing na die xxxxxxxx in Hammer v Xxxxx and Another, supra, dat daar ‘n verpligting rus op ‘n verkoper wat ‘n waarborg aanvra om die koper in the lig “when he proposes to lodge”, sê Centlivres HR op 694B—D:
I do not understand by the words “when he proposes to lodge” that the Court intended to lay down that there is a duty on the seller to inform the buyer of the exact date when he proposes to lodge. It seems to me that if the seller informs the purchaser that he will, without any delay after receiving the
required guarantee, lodge the necessary documents in the Xxxx Office, it will be a sufficient compliance with the rule laid down by this Court. And in my opinion this Court never intended to lay down a stereotyped form of demand for a guarantee. The rule is sufficiently complied with if it is obvious (as it was in the present case) to the purchaser on the receipt of the demand that the seller is in a position to take immediate steps to give transfer, and will do so, as soon as he is furnished with a satisfactory guarantee.
Hierdie kwalifikasie van die beginsel word uitdruklik onderskryf deur Xxxxxxxxxx AR in Xxxx v Botha NO 1965 (3) SA 46 (A) op 61D—F. Die kwalifikasie van die beginsel is in hierdie Hof gevolg in Xxxxxx x Xxxxxx 1987 (4) SA 118 (C) op 142D—X.
Xxxx is dus genoegsame nakoming van die reël as dit aan die koper duidelik by ontvangs van die aanvraag vir die waarborg blyk dat die verkoper in die posisie is om onmiddelik stappe te doen om oordrag te bewerkstelling, en dat hy dit xxx doen sodra ‘n bevredigende waarborg verskaf is.
Die gemeenregtelike reël het toepassing gevind in, onder andere, Hofmeyr NO v Brunofarms (Pty) Ltd 1955 (2) PH A42 (C); Xxxx v Botha NO, supra, op 60E—61C; Xxxxxx x Xxxxxx 1987 (4) SA 118 (C) op 118C; Xxxxxx x Xxxxxx 1989 (3) SA 136 (A) op 142J—143A en 143I—144C;
Xxxxxxxxxxx and Another v Xxxx NO and Others 2002 (2) SA 141 (C) op 152A—155E.
Die beginsel moet natuurlik toepassing vind binne die raamwerk van die besondere omstandighede van elke geval – xxxx Van den Heever R dit
stel in Xxxxxx x Xxxxxx 1989 (3) SA 136 (A) op 142G, “[a] great deal depends on what the parties intended or on the circumstances of each case”. In Xxxx v Botha NO, supra, op 61F word gesê dat “[i]t remains to examine the position in the present case in the light of these considerations”.
Klousule 3 van die Addendum
Die feite van hierdie xxxx verskil van die voormelde sake waarin die die beginsel toepassing gevind het in dié opsig dat ingevolge klousule 3 van die Addendum, die koper verantwoordelik is vir die registrasie van die oordrag van die eiendom. In Van der Merwe v Estate Xxxxxxxx 1952 (1) SA 37 (N) sê Xxxxxx XX met verwysing na die advokaat vir die eksipiënt se soeke vir steun in Hammer v Xxxxx and Another, supra, die volgende (op 41D—G):
But this argument overlooks a very material difference between the facts of this case and those under consideration in Xxxxxx’x case. Normally, the duty to give transfer rests with the seller, and in the absence of any special agreement he would be obliged to prepare the necessary documents, which means in practice that he would be obliged to instruct a conveyancer to do so. That would appear to have been the situation on Xxxxxx’x case. But here the agreement provides that the transfer documents are to be prepared by the purchaser’s conveyancer. I assume that the duty to prepare transfer documents would carry with it the duty to lodge them in the Deeds Registry. … The important point is that the duty to lodge transfer documents in the Deeds Registry lay upon the purchaser, so that the seller’s demand for a bank guarantee was not invalidated by his failure to inform the purchaser that he was ready to lodge.
Die ooreenkoms om die koper xx xxxxx met die verrigting van die werk wat nodig is om die oordrag van eiendom te bewerkstellig, plaas die verpligting op die xxxxx xx aan ‘n aktebesorger opdrag xx xxx om die nodige stappe te doen (Burger v Botha NO 1972 (4) SA 569 (C) op 572D). Klousule 3 van die Addendum bepaal dat die koper “so gou as moontlik” registrasie van die eiendom op sy naam xxx bewerkstellig. Die Addendum plaas dus ‘n verpligting op die xxxxx xx stappe te doen om registrasie van oordrag “so gou as moontlik” te bewerkstellig. Ter nakoming van hierdie verpligting, moet die koper aan die aktebesorger opdrag xx xxx xx xxxxxx te doen om oordrag “so gou as moontlik” te bewerkstellig. Klousule 3 van die Addendum plaas noodwendig ook die verpligting op die xxxxx xx tydig reëlings te tref vir die verkryging van die nodige waarborg met die oog op die oordrag wat “so gou as moontlik” moet geskied.
Onder die omstandighede was die respondente geregtig daarop om, ten minste, binne ‘n redelike tyd ná 23 November 2004, van ‘n waarborg voorsien te word. Die waarborg is aangevra op 6 Januarie 2005, sowat ‘n maand en ‘n half ná die ondertekening van die Addendum. Dit kan in die omstandighede as ‘n redelike tyd aangemerk word, veral gegewe die kontraktuele verpligting wat op 23 November 2004 op die applikant geplaas is om so spoedig moontlik oordrag van die eiendom in sy naam te bewerkstellig.
Die xxxx dat die verpligting op die koper geplaas is om oordrag te bewerkstellig, in hierdie geval “so gou as moontlik”, bring mee dat die
verkoper se aanvraag om ‘n waarborg nie ongeldig is vanweë versuim xx xxxx om die xxxxx xxx xx xxxx dat hy gereed is om die dokumentasie vir oordrag in te xxxx xxx (Van der Merwe v Estate Xxxxxxxx, supra, op 41G). Inderdaad kan die verkoper onder die omstandighede nie so ‘n medeldeling maak nie want die koper moet die dokumentasie vir oordrag gereed maak.
In die lig van voorgaande is ek van oordeel dat die applikant by verstryking van die gegewe tydperk vir die verskaffing van ‘n waarborg, in xxxx was en kon die respondente die kontrak regsgeldig gekanselleer.
Klousule 4 van die kontrak
Die applikant bou xx xxxx op klousule 4 van die kontrak. Hy voer aan dat die klousule nie ‘n datum bepaal waarop ‘n waarborg gelewer moet word nie, en dat ‘n waarborg eers aangevra kan word op ‘n tydstip waarop die oordragprokureur gereed is om die nodige dokumentasie by die Akteskantoor in te dien vir doeleindes van oordrag. Die respondente was dus nie daarop geregtig om op 6 Januarie of op 21 Januarie 2005 die waarborg aan te vra nie aangesien die oordragprokureur nie gereed was om die nodige dokumentasie by die Akteskantoor in te xxxx xxx. Die applikant is derhalwe nie xxxx xx versuim om die waarborg te verskaf in xxxx geplaas nie en is die kontrak nie regsgeldig gekanselleer nie.
Die applikant vind steun vir sy standpunt in xxxxx Xxxxxx v Xxxxx and Another, supra. Die feitelike omstandighede van daardie xxxx is onderskeibaar van die onderhawige. Die kontrak in daardie xxxx bepaal geen tyd vir betaling of oordrag of lewering van ‘n waarborg nie
(Hammer v Xxxxx and Another, supra,op 105E—F en 105H). In die onderhawige xxxx word in klousule 4 van die kontrak voorsiening gemaak vir die tydstip van betaling (by oordrag) en vir die tydstip waarop die waarborg gelewer moet word (binne sewe dae na skriftelik daartoe versoek).Die tydstip van oordrag is aanvanklik in klousule 4 van die kontrak bepaal as “so na as moontlik aan 31 Maart 2005”, en later in klousule 3 van die Addendum verander na “so gou as moontlik” ná 23 November 2004.
As die uitleg van klousule 4 van die kontrak wat die applikant voorstaan, korrek sou wees, xxx xxx die bepaling dat die waarborg gelewer moet word “binne sewe dae na skriftelik daartoe versoek”, niks verander aan die gemeenregtelike beginsel wat in ieder geval die regsverhouding tussen die partye reël (sien Sterkstroom Belgrave Hotel (Pty) Ltd v Xxxxxxxx 1956 (2) SA 154 (E) op 158C).
In Wellworths Bazaars Ltd v Chandlers Ltd 1947 (2) SA 37 (A) op 43 word die volgende woorde uit Dicher v Xxxxxxx 11 Xxxxx PC 325 op 357 met goedkeuring aangehaal:
It is a good general rule in jurisprudence that one who reads a legal document, whether public or private, should not be prompt to ascribe – should not without necessity or some sound reason, impute – to its language tautology or superfluity, and should be rather at the outset inclined to suppose every word intended to have some effect or some use.
(Sien ook Portion 1 of 46 Wadeville (Pty) Ltd v Unity Cutlery (Pty) Ltd
1984 (1) SA 61 (A) at 70A—72C; B&E International (Pty) Ltd v
Environserv Waste Management (Pty) Ltd 2000 (4) SA 152 (SE) at 158J
—159F).
Na my oordeel is die woorde “binne sewe dae na skriftelik daartoe versoek” nie oorbodig nie. Die woorde vul die gemeenregtelike reël aan xxxx xx bepaal dat ‘n waarborg vir die koopsom te eniger tyd voor oordrag aangevra kan word en dat die koper binne sewe dae ná sodanige versoek die waarborg moet verskaf.
Indien die betekenis wat ek aan die klousule toedig nie korrek is xxx, xxx moet daar by die aanvra van die waarborg voldoen word aan die gemeenregtelike reël xxxx hierbo uiteengesit.
Geldenhuys sê dat hy nie, toe die waarborg aangevra is, xxxxxx was om oordrag van die eiendom te bewerkstellig nie omdat al die nodige dokumentasie nog nie ter hand was nie. Hy vermeld nie hoe spoedig hy ná aanvra van die waarborg die dokumentasie gereed sou kon kry vir indiening nie. Geldenhuys xx xxxxxxxx dat hy nie in Januarie 2005 die nodige dokumentasie ter hand gehad het nie, val vreemd op die oor as daar in gedagte gehou word dat die kontrak in Maart 2004 gesluit is en dat die wysiging by wyse van die Addendum van 23 November 2004 bepaal het dat oordrag “so gou moontlik” xxx geskied.
Twee ervare aktebesorgers, Mnre CA Theron en AM Vos is van mening dat die dokumente wat nodig was op datum van die aanvra van die waarborg, binne ‘n kort tyd gereed gekry sou kon word. Mnr Vos is van oordeel dat Geldenhuys sy dokumente binne enkele dae ná 10 Januarie 2005 kon finaliseer, dit kon aanbied vir ondertekening deur die partye en reeds voor 21 Januarie 2005 in besit xxx xxxx van al die nodige
dokumente om indiening by the Akteskantoor te kon bewerkstellig.
Hierop word daar nie gereageer in die applikant se repliserende stukke nie. Die applikant se reaksie is om te vra vir deurhaling van paragrawe in die eerste respondent se antwoordende beëedigde verklaring en ‘n paragraaf in die beëedigde verklaring xxx Xxx. Ek kom hieronder terug op die kwessie van deurhaling.
Ek is van oordeel dat iemand in die posisie van Geldenhuys, wat as aktebesorger opgetree het namens die koper op wie die verpligting xxxxx het om die oordrag te bewerkstelling, wel deeglik bewus daarvan was dat oordrag sou kon geskied binne ‘n kort tyd ná die aanvra van die waarborg. In Geldenhuys se brief aan die applikant word dit gestel dat die waarborg voorsien moet word “teen registrasie van transport”. Dit was dus duidelik dat die verkopers (eerste en tweede respondent) bereid en gereed was om enige verpligting na te kom wat op hulle xxxxx het om oordrag te bewerkstellig.
Ook in die lig van die bepalings van klousule 4 van die kontrak is ek van oordeel dat die applikant by verstryking van die gegewe tydperk vir die verskaffing van ‘n waarborg, in xxxx was en kon die respondente die kontrak regsgeldig gekanselleer.
Die mosie om deurhaling
Die applikant het aansoek gedoen vir die deurhaling van gedeeltes uit die respondente se antwoordende stukke. Die primêre grondslag vir die aansoek is dat die betrokke gedeeltes van die beëedigde verklarings
bewerings bevat wat irrelevant is tot die beregting van die xxxx.
Mnr Xxxxxxxxx het tereg daarop gewys dat die aansoek om deurhaling tot ‘n groot mate spruit uit die applikant se eng siening van xx xxxx; naamlik, dat dit slegs ‘n kwessie is van die uitleg van klousule 4 van die kontrak en die toepassing van die gemeenregtelike reël xxxx uiteengesit in Hammer v Xxxxx and Another, supra. ‘n Groot gedeelte van die gewraakte paragrawe handel oor die posisie van Geldenhuys wat hom vanweë die verloop van sake op ‘n stadium in die situasie bevind het dat hy, in verskillende hoedanighede, vir beide die applikant en die respondente opgetree het. Die posisie van Geldenhuys in sy hoedanigheid as aktebesorger wat namens die koper die oordrag van die eiendom moet bewerkstellig, is van belang by die toepassing van die gemeenregtelike reël xxxx uiteengesit in Xxxxxx x Xxxxxx, supra, op die feite en in die omstandighede van die onderhawige xxxx.
Die aansoek om deurhaling word nie toegestaan nie. Xx xxxx die volgende bevel:
Die aansoek word van die hand gewys met koste.
XX XXXXXXX, R