Grondwet van Laerskool Darling se Beheerliggaam
Grondwet van Laerskool Darling se Beheerliggaam
Hierdie dokument is die Grondwet van die Beheerliggaam van Laerskool Darling, en het ten doel om die werksaamhede en pligte van die beheerliggaam te omskryf in terme van die Suid-Afrikaanse Skolewet xxxx hieronder beskryf.
1. WOORDOMSKRYWING
In hierdie Grondwet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken
❒ “Beheerliggaam” die beheerliggaam van Laerskool Darling xxxx in artikel 16(1)
van die Wet bedoel;
❒ “Borgliggaam” ‘n liggaam of groep persone deur die beheerliggaam goedgekeur en wat bereid is om die skool finansieel te ondersteun;
❒ “Departementshoof” die hoof van die departement van onderwys in die
provinsie Xxx-Kaap;
❒ “die Wet” die Suid-Afrikaanse Skoolwet, 1997 (Wet 84 van 1996), en die maatreëls daar kragtens uitgevaardig;
❒ “hierdie Grondwet” die Grondwet van die beheerliggaam van LAERSKOOL
DARLING;
❒ “Lid van die uitvoerende Raad” die Lid van die Uitvoerende Raad
verantwoordelik vir onderwys in die provinsie Xxx-Kaap;
❒ “maatreëls” die maatreëls betreffende beheerliggame van gewone openbare skole saamgevat in die Buitengewone Provinsiale Koerant no 5136, gedateer 16 Mei 1997;
❒ “onderwys” onderrig, instruksie of opleiding wat ingevolge die Wet van leerders
verskaf word.
2. NAAM VAN SKOOL: LAERSKOOL DARLING
3. STRAATADRES VAN SKOOL: XXXXXXXXXXXXXXXXX 00, XXXXXXX, 0000
4. POSADRES VAN SKOOL: POSBUS 78, DARLING, 7345
5. STATUS VAN SKOOL: S9 / P2 / Q4
Die skool is ‘n regspersoon met die wetlike bevoegdheid om sy werksaamhede
ingevolge die Wet te verrig.
6. BEHEER EN PROFESSIONELE BESTUUR VAN SKOOL
6.1 Behoudens die Wet, setel die beheer van die skool in sy beheerliggaam: Met dien verstande dat die beheerliggaam of lid daarvan in sy of haar hoedanigheid as lid, nie met die professionele werksaamhede van ‘n opvoeder by die vervulling van sy of haar pligte mag inmeng nie.
6.2 Die beheerliggaam staan in ‘n vertrouensposisie teenoor die skool.
6.3 Behoudens die Wet en hierdie Grondwet, moet die professionele bestuur van die skool deur die skoolhoof, onder die gesag van die Departementshoof, onderneem word.
7. DOELSTELLINGS VAN DIE SKOOL
7.1 Laerskool Darling se strewe is om ‘n veilige leeromgewing te skep waar leerders toegerus word met die nodige vaardighede en waardes as basis vir hul eie ontwikkeling en afronding in die toekoms.
7.2 Om behoudens die bepalings van artikel 5 van die Wet, leerders toe te laat en in hul opvoedkundige behoeftes te voorsien, sonder om op enige wyse onregverdig te diskrimineer.
7.3 Om behoudens die bepalings van artikel 6 van die Wet, geen vorm van rassediskriminasie toe te laat in die uitvoering van die skool se taalbeleid nie.
7.4 Om behoudens die bepalings van artikel 7 van die Wet, godsdiensbeoefening by die skool op ‘n billike xxxx xx laat geskied en om bywoning daarvan deur leerders en personeellede op ‘n vrywillige grondslag te laat plaasvind.
7.5 Om die skoolfonds, alle opbrengste daaruit en alle xxxxx xxxxx van die skool slegs te gebruik ooreenkomstig die bepalings van artikel 37 van die Wet.
7.6 Om finansieel so te funksioneer dat die skool sy verpligtinge xxx xxx nakom.
7.7 Om aan die personeel van die skool die geleentheid xx xxxx om professioneel te groei, werksbevrediging te kry, en sodoende onderwys van hoogstaande gehalte xx xxxxx.
7.8 Om ‘n bydrae xx xxxxx tot die bevordering van sport en kultuur in die algemeen, maar in die besonder om sport- en kultuurbedrywighede as opvoedingsgeleenthede te benut tot voordeel van die leerders in die skool.
8. BEDIENINGSGEBIED
Die skool bedien tradisioneel die volgende gebiede: Darling, Yzerfontein, Mamre en Atlantis omgewing en omliggende plase.
9. WERKSAAMHEDE EN TOEGEWESE WERKSAAMHEDE VAN BEHEERLIGGAAM
9.1 Behoudens die bepalings van artikels 20 en 21 van die Wet, verrig die beheerliggaam die werksaamhede wat binne sy bevoegdheid val en wat nodig is vir die welsyn van die skool.
9.2 Die beheerliggaam handel ooreenkomstig die bepalings van artikel 37 van die Wet, met die skoolfonds en xxxxx van die skool.
9.3 Die beheerliggaam wend ooreenkomstig die bepalings van die Wet en hierdie Grondwet, fondse aan ten einde die doelstelling hierbo genoem te verwesenlik.
9.4 Ooreenkomstig die bepalings van die Wet en hierdie Grondwet, moet die beheerliggaam dienste en fasiliteite daarstel in belang van die leerders en van onderwys.
9.5 ‘n Kontrak wat ‘n plig plaas op die skool, en enige handeling wat die xxxxx waarin die skool enige regte het vervreem of beswaar, insluitend die sessie van ‘n reg wat aan die skool toekom of die verpanding van ‘n vorderingsreg, mag slegs aangegaan of verrig word, na gelang die geval, deur ‘n persoon wat behoorlik deur die beheerliggaam daartoe gemagtig is, en mits so ‘n persoon handel binne die bestek van die bedoelde magtiging.
9.6 Geen regsproses word namens die skool ingestel of verdedig sonder die skriftelike magtiging van die beheerliggaam nie.
9.7 Geen lid van die beheerliggaam mag sonder die vooraf verkryging van skriftelike toestemming van die beheerliggaam:
9.7.1 in enige geskil of geding waarby die skool of die beheerliggaam betrokke is, enige erkennings maak, van enige regte afstand doen, enige skikking bereik of die regsposisie van die skool of die beheerliggaam in enige opsig verswak of potensieel verswak nie.
9.7.2 ten aansien van enige skuld wat aan die skool verskuldig is, kwytskelding xxxxxxx, geheel of gedeeltelik afstand van regte doen, ‘n skikking bereik, skuldvernuwing aangaan, uitstel van betaling of prestasie xxxxxxx, ‘n ooreenkoms oor betaling in paaiemente bereik, of die regsposisie van die skool in enige ander opsig verswak of potensieel verswak nie.
9.7.3 in enige aangeleentheid wat moontlik ‘n las op die skool kan plaas
aanspreeklikheid namens die skool of beheerliggaam erken nie, en
9.7.4 enige vrywaring aan iemand xxxxxxx wat tot nadeel van die skool xxx xxxxx nie.
9.8 Ooreenkomstig die bepalings van artikel 43 van die Wet, moet die beheerliggaam ouditeure aanstel om die skool se finansiële rekords en state te ouditeer.
9.9 Ooreenkomstig die bepalings van artikel 8 van die Wet, moet die beheerliggaam ‘n gedragskode vir leerders aanvaar na oorleg met die leerders, ouers en opvoeders van die skool.
9.10 Ooreenkomstig die bepalings van artikel 9 van die Wet, kan die beheerliggaam leerders wat die gedragskode oortree, skors en/of aanbeveel dat hulle uit die skool gesit word.
9.11 Ooreenkomstig die bepalings van artikels 39, 40 en 41 van die Wet, moet die beheerliggaam toesien dat skoolgeld gehef word en kan die beheerliggaam betaling daarvan afdwing.
9.12 Die beheerliggaam stel die visie en die xxxxxx van die skool op.
9.13 Die beheerliggaam stel beleide op volgens die SASW. Xxxxxxx xxx jaarliks hersien en geteken word.
10. AANSPREEKLIKHEID VAN LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM
‘n Lid van die Beheerliggaam is nie aanspreeklik vir enige skuld, skade of verlies van die skool nie, tensy hy of xx xxxxxx magtiging, opsetlik kwaadwillig of nalatig opgetree het en daarom daarvoor verantwoordelik gehou kan word.
11. SAMESTELLING VAN BEHEERLIGGAAM
Die beheerliggaam van Laerskool Darling word saamgestel ooreenkomstig die bepalings in die skoolwet wat bestaan uit: vyf ouerlede, skoolhoof, twee opvoeders en een personeellid wat nie ‘n opvoeder is nie.
12. TERMYN VAN DIE BEHEERLIGGAAM
‘n Beheerliggaam word verkies vir ‘n termyn van drie jaar. Dus vind ‘n algemene verkiesing van beheerliggaamlede elke drie jaar plaas. Die termyn van individuele lede is dus ‘n maksimum van drie jaar (binne die bepaalde beheerliggaam termyn), waarna hulle herverkiesbaar kan wees vir die volgende termyn. Sou ‘n vakature ontstaan (sien par 17 hieronder) byvoorbeeld die bedanking van ‘n lid tydens sy/haar xxxxxx, xxx die nuutverkose lid (plaasvervanger) slegs diens doen tot aan die einde van die betrokke drie jaar Beheerliggaam termyn, waarna hy/xx xxxx verkiesbaar kan wees vir die volgende termyn.
13. KWORUM
Minstens een meer as die helfte van die lede van die beheerliggaam, saamgestel ooreenkomstig die bepalings van par 11 hierbo, vorm ‘n kworum vir enige vergadering. Dit beteken 6 persone by Laerskool Darling vorm ‘n kworum.
14. VERKIESING VAN AMPSDRAERS VAN BEHEERLIGGAAM
Die Beheerliggaam verkies uit sy geledere, op die eerste vergadering van die beheerliggaam, ampsdraers (portefeuljes) wat ‘n voorsitter, ‘n onder-voorsitter, ‘n tesourier en ‘n sekretaris insluit.
15. TERMYN VAN AMPSDRAERS
15.1 Die ampsdraers beklee hul ampte (portefeulje) vir ‘n termyn van 12 maande vanaf die datum van hul verkiesing, tensy omstandighede die beheerliggaam noop om die toekenning van ampte (portefeuljes) te heroorweeg voor die verstryking van die 12 maande ampstermyn.
15.2 ‘n Ampsdraer kan herverkies word in dieselfde amp na verstryking van sy of haar
ampstermyn.
16. VERSKONING VIR AFWESIGHEID VAN LEDE VAN BEHEERLIGGAAM
Die beheerliggaam aanvaar verlof vir afwesigheid van ‘n lid of lede vir ‘n periode xxxx die beheerliggaam bepaal. Wanneer die voorsitter afwesig is of nie in staat is om sy of haar werksaamhede as voorsitter te verrig nie, of wanneer die amp van voorsitter vakant is, moet die ondervoorsitter gedurende die afwesigheid of onvermoë van die voorsitter of totdat ‘n voorsitter verkies word as voorsitter waarneem. Indien sowel die voorsitter as die ondervoorsitter afwesig is of nie in staat is om die werksaamhede van die voorsitter te verrig nie, of wanneer sowel die amp van die voorsitter en die ondervoorsitter vakant is, moet die beheerliggaam ‘n ander voorsitter kies gedurende sodanige afwesigheid of onvermoë, of totdat ‘n voorsitter of ondervoorsitter verkies word. Die beheerliggaam kan waarnemende ampsdraers aanwys om tydelik namens ‘n ampsdraer op te tree indien laasgenoemde afwesig is of nie in staat is om sy of haar werksaamhede te verrig nie, of indien die betrokke amp vakant is.
17. TOEVALLIGE VAKATURES IN BEHEERLIGGAAM
17.1 ‘n Toevallige vakature in ‘n beheerliggaam ontstaan indien ‘n lid:
❒ ‘n geskrewe bedanking indien;
❒ te sterwe kom;
❒ sonder die toestemming van die beheerliggaam van drie agtereenvolgende vergaderings afwesig was;
❒ ingevolge die maatreëls van sy of haar amp onthef word of;
❒ onbevoeg bevind word xxxx in die maatreëls uiteengesit.
17.2 Wanneer ‘n toevallige vakature in die beheerliggaam ontstaan, moet die meerderheid van die oorblywende beheerliggaam by sy eersvolgende vergadering so ‘n vakature vul deur koöptering of ‘n formele verkiesing van ‘n nuwe lid deur ouers reël.
18. KOMITEES
18.1 Die beheerliggaam kan, ooreenkomstig die bepalings van artikel 30 van die Wet, een of meer komitees aanstel xx xxx te adviseer en om onderworpe aan die opdrag van die beheerliggaam, die werksaamhede te verrig xxxx xxxx die beheerliggaam bepaal.
18.2 Die beheerliggaam kan enige besluit van ‘n komitee in paragraaf 18.1 wysig of ter
syde stel.
19. VERGADERINGS
19.1 Die beheerliggaam moet minstens een xxxx xxxx skoolkwartaal vergader.
19.2 Die beheerliggaam moet minstens een keer per jaar met ouers, opvoeders en ander personeel van die skool, onderskeidelik vergader.
19.3 Die beheerliggaam moet minstens een keer per jaar oor sy aktiwiteite aan ouers, opvoeders en ander personeel van die skool verslag xxxxx en ‘n finansiële jaarverslag ter insae beskikbaar stel aan ouers.
19.4 Veranderings van die beheerliggaam geskied ooreenkomstig die bepalings van die maatreëls.
19.5 ‘n Buitengewone vergadering word deur die voorsitter belê wanneer hy of sy dit nodig ag of wanneer minstens drie lede skriftelike versoek met opgawe van redes vir sodanige vergadering voorlê.
19.6 Elke lid van die beheerliggaam het een stem. By die staking xxx xxxxxx het die
voorsitter, ‘n beslissende stem.
19.7 ‘n Lid van die beheerliggaam moet van ‘n vergadering van die beheerliggaam onttrek vir die duur van die bespreking van en die besluitneming oor enige aangeleentheid waarby die lid ‘n persoonlike belang het.
20. NOTULES VAN VERRIGTINGE VAN VERGADERINGS
Die notules van die verrigtinge van vergaderings van die beheerliggaam moet ooreenkomstig die bepalings van die maatreëls hanteer word.
21. BANKREKENING
21.1 Die beheerliggaam moet ‘n bankrekening open en in stand hou en optree volgens hoofstuk 4 punt 34 tot 44 van die SASW.
21.2 Behoudens paragraaf 21.1 moet alle geld wat deur die skool ontvang word, met inbegrip van skoolgeld en vrywillige bydraes, in die skoolfonds gestort word.
22. AFSLUITING VAN BOEKJAAR
Die boekjaar begin op die eerste dag van Januarie en eindig op die laaste dag van Desember. Die rekords en state van die skool moet daarna geouditeer word ooreenkomstig die bepalings van artikel 43 van die Wet.
23. INDIENING VAN FINANSIëLE STATE
Die Beheerliggaam moet binne ses maande na die einde van elke boekjaar ‘n afskrif
van die jaarlikse geouditeerde finansiële state aan die Departementshoof voorlê.
24. WYSIGING VAN GRONDWET
‘n Besluit ter wysiging van hierdie Grondwet vereis ‘n twee-derde meerderheid van die totale ledetal van die beheerliggaam, nadat alle lede minstens twee maande vooraf van die beoogde wysiging in xxxxxx xxxxxx is. Indien te min lede by die vergadering wat hiervoor belê sou word, teenwoordig is, moet ‘n tweede vergadering minstens twee weke na die eerste vergadering uitsluitlik vir die doel byeen geroep word. Indien ‘n twee-derde meerderheid ook nie by die tweede vergadering teenwoordig is nie, mag die wysiging aangebring by die derde vergadering wat xxx outomaties ‘n kworum is en word deur ‘n twee-derde meerderheid van die mense wat wel teenwoordig is en aan die onderwysdepartement voorgelê word vir goedkeuring.
Weergawe 2: HERSIEN IN SEPTEMBER 2021
SKOOLHOOF DATUM