RENTEVRYE STUDIELENINGS
RENTEVRYE
STUDIELENINGS
ALGEMENE INLIGTING
Die Studiefondssentrum help met gedeeltelike, rentevrye studielenings vir tersiêre studies (studies wat een jaar of xxxxxx neem) by enige geakkrediteerde instansie in Suid-Afrika. Aansoekers moet binne ’n bepaalde tydperk aanlyn aansoek doen. Aan elke voltooide aansoek word ’n punt toegeken wat volgens die kriteria van die Studiefondssentrum bereken word. Onafhanklike studiefondskomitees behartig die toekenning van studielenings. Die besluite van die komitee is finaal. Dit xxx die student se verantwoordelik xx xxxxx xx xxxx dat die aansoek suksevol ingedien word en dat alle korrespondensie wat vanaf die Studiefondssentrum aan die student gestuur word, deeglik deurgelees word sodat daar betyds daarop gereageer kan word. Die Studiefondssentrum beveel aan dat die student self aansoek doen en dat ouers dit nie namens die student doen nie. Ouers se lidnommers kan wel gebruik word om aansoek te doen.
Lede van Solidariteit en Afriforum en ondersteuners van Helpende Hand
ontvang ekstra punte aangesien die Studiefondssentrum ’n inisiatief van Helpende Hand is wat xxxx vorm van die Solidariteit Beweging. Die aansoeker word egter nie verplig om lid xx xxxx nie. Dit is die student se verantwoordelikheid om die tersiêre instansie waar hy of sy geregistreer het, in te lig indien ’n studielening toegeken is. Geen studielenings word
goedgekeur vir vakke wat gedruip of oorgedoen moet word nie en ook nie vir agterstallige fooie nie.
HOE OM AANSOEK TE DOEN
» Om aansoek te doen, gaan na xxx.xxxxxxxxxxx.xx.xx en klik op “Doen aansoek”.
» Voltooi die registrasieblad met die student se besonderhede en klik op “Registreer”.
» Teken in met die e-posadres waarmee geregistreer is en die wagwoord wat gekies is. (Hierdie
e-posadres xxx gebruik word vir alle kommunikasie vanaf Studiefondssentrum aan die student.)
» Sleutel die eenmalige verifikasiekode in. Die kode word per SMS uitgestuur na die student se selfoonnommer xxxx op die aansoek.
» Die eerste stap wat voltooi moet word, is die vrae waarop “Ja” of “Nee” geantwoord moet word.
» Die res van die aansoek is gebaseer op hierdie antwoorde. Maak dus seker dat dit korrek is en klik aan die einde op “Volgende”.
» Voltooi nou elke bladsy (lidmaatskap, basiese besonderhede, kontak-, adres-, werk- en gesinsbesonderhede) en klik op “Volgende” om elke bladsy xx xxxxx.
» Die xxxxxxx xxx jou vra om die nodige dokumente op te laai. (Maak seker dat die dokumente as enkeldokumente in pdf-formaat op die rekenaar gestoor is sodat dit opgelaai kan word.)
» Kies xxxxx xxxx toepaslike opskrif die korrekte dokument wat op die rekenaar gestoor is en laai die dokument op. Nadat al die dokumente opgelaai is, klik op “Volgende”. (Korrekte dokumente moet teen die sluitingsdatum gelaai wees.)
» Kies nou waar die student gaan studeer:
• ander – enige universiteit of geakkrediteerde kollege of tersiêre instansie in Suid-Afrika (Akademia en Sol-Tech uitgesluit) (xxxxxx xx paragrawe 2.1 en 3.1)
• Akademia – besoek xxx.xxxxxxxx.xx.xx vir meer Inligting (xxxxxx xx paragrawe 2.2 en 3.2)
• Sol-Tech – besoek xxx.xxx-xxxx.xx.xx vir meer Inligting (xxxxxx xx paragrawe 2.3 en 3.3)
» Voltooi die laaste bladsy (die inligting is van toepassing op die student se studies) en klik om die verklaring te aanvaar.
» Klik op “Stuur aansoek”.
» Xxxx xxx ’n boodskap verskyn wat aandui dat die aansoek suksesvol gestuur is.
» ’n E-pos xxx ook ontvang word by die e-posadres waarmee geregistreer en ingeteken is.
HOE DIT WERK
2.1 Ander Instansies (Enige universiteit of geakkrediteerde kollege of tersiêre instansie in Suid-Afrika, Sol-Tech en Akademia uitgesluit)
» Aansoeke is vanaf 1 Maart tot 30 September oop vir die volgende studiejaar.
» Geen laat aansoeke xxx aanvaar word nie aangesien die xxxxxxx stiptelik om 24:00 op 30 September sluit.
» Studente moet jaarliks opnuut aansoek doen vir hulp in die daaropvolgende jaar sodat die aansoek weer deur die komitee gekeur kan word. Geen toekennings van hulp word gedoen aan studente wat versuim om opnuut aansoek te doen nie.
» Indien die toepaslike dokumente nie onmiddelik beskikbaar is nie, kan ’n verklaring opgelaai word sodat die student kan voortgaan met die aansoek. Sodra die dokumente beskikbaar word, moet dit aanlyn opgelaai word. Al die dokumente moet teen die sluitingsdatum opgelaai wees.
» Die toekenningsproses begin nadat die aansoeke gesluit het.
» Die Studiefondssentrum administreer meer as 200 studiefondse waarvan elkeen oor hul eie studiefondskomitee beskik. Verwerkte aansoeke word aan xxxx xxxxxxx voorgelê. Die besluite van die komitee is finaal.
» Suksesvolle aansoekers xxx per e-pos in xxxxxx xxxxxx word sodra die toekenningsvergadering van elke betrokke studiefonds afgehandel is. Hierdie proses vind plaas vanaf Oktober tot en met Desember.
» Xxxxxx die Studiefondssentrum aan die student geskryf het dat sy aansoek om ’n lening goedgekeur is, kry die student ’n periode van twee weke om die voltooide skuldbewys (kontrak wat geteken moet word om die studielening te aanvaar) op die aanlyn profiel te laai.
» Indien die student versuim om die skuldbewys betyds op te laai xxx die xxxxxx verbeur word. Studente wat nie die lening opneem nie, moet die Studiefondssentrum asseblief per e-pos in xxxxxx xxxx.
» Uitbetalings aan tersiêre instansies word in twee gelyke paaiemente in Maart en in Junie gedoen. Slegs Aros- en Unisa-studente se betalings word in Januarie afgehandel.
» Onsuksesvolle kandidate xxx per sms in xxxxxx xxxxxx word. Aansoeke word nie gemerk as “Afgekeur” nie, maar as “Geen toekenning” aangesien daar nie noodwendig iets xxxx is met die aansoek nie, maar eerder nie genoeg fondse beskikbaar is om almal te help wat aansoek doen nie. Aansoeke word aan al die studiefondse voorgelê waarmee hul kriteria ooreenstem en die studiefondskomitee besluit oor toekennings.
2.2 Akademia-studente
Vir meer Inligting om by Akademia te studeer, besoek xxx.xxxxxxxx.xx.xx
» Aansoeke is oop vanaf 1 Maart tot 31 Desember van hierdie jaar vir studie in die volgende jaar.
» Geen laat aansoeke xxx aanvaar word nie aangesien die xxxxxxx xx 24:00 op 31 Desember sluit.
» Indien die toepaslike dokumente nie onmiddelik beskikbaar is nie, kan ’n verklaring opgelaai word sodat die student kan voortgaan met die aansoek. Sodra die dokumente beskikbaar word, moet dit aanlyn opgelaai word. Onvolledige of foutiewe dokumentasie kan jou aansoek benadeel.
» Studente se goedkeuring is op voorwaarde dat hul keuring ontvang om by Akademia te studeer en voldoen aan die spesifieke kriteria wat deur die Akademia Studiefonds gestel word.
» Die Studiefondssentrum administreer die Akademia Studiefonds.
» Verwerkte aansoeke word aan die Akademia Studiefonds se komiteelede voorgelê. Die besluite van die komitee is finaal.
» Suksesvolle aansoekers xxx per e-pos in xxxxxx xxxxxx word. Toekennings word per volle studieprogram gedoen, maar word jaarliks per faktuur direk aan Akademia uitbetaal.
» Xxxxxx die Studiefondssentrum aan die student geskryf het dat sy aansoek om ’n lening goedgekeur is, kry die student ’n periode van twee weke om die voltooide skuldbewys (kontrak wat geteken moet word om die studielening te aanvaar) op die aanlyn profiel te laai.
» Indien die student versuim om die skuldbewys betyds op te laai, xxx die xxxxxx verbeur word. Studente wat nie die lening opneem nie, moet die Studiefondssentrum asseblief per e-pos in xxxxxx xxxx.
» Indien die sperdatum vir die skuldbewys gemis word, kan die komitee die lening aan ’n ander student toestaan.
» Onsuksesvolle kandidate xxx per sms in xxxxxx xxxxxx word.
» Studente wat hul studies by Akademia in ’n ander studierigting wil voortsit, moet opnuut aanlyn aansoek doen vir ’n studielening vir die nuwe studierigting.
2.3 Sol-Tech Studente
Vir meer inligting om ’n ambag xxxx Xxx-Tech te voltooi, gaan na xxx.xxx-xxxx.xx.xx
» Studente kan drie maal per jaar aansoek doen vir ’n studielening vir die volgende inname. (Doen ongeveer drie maande voor die aanvang van die ambagskursus aansoek.)
» Studente kan aansoek doen vir klasgelde vir N-Skool asook Werkswinkels. Geen oorbruggingsvakke, registrasie- of sitplekfooie word gedek nie. Slegs klasgelde word gedek.
» Studente wat verder as 50 km van Sol-Tech xx xxxx, kan aansoek doen vir ’n gedeeltelike verblyflening. Suksesvolle kandidate ontvang R6 000 per vier maande (oftewel R1 500 per maand). Die restant van die maandelikse huur xxx vir die student se eie rekening wees. Studente is verantwoordelik om hul verblyfinligting by die Studiefondssentrum op datum xx xxx.
» Aansoeke vir elke inname is slegs vir ’n spesifieke tydperk oop en geen aansoeke kan na die sluitingsdatum ingedien word nie. Bevestig die datums met die Studiefondssentrum om teleurstelling te voorkom.
» Indien die toepaslike dokumente nie onmiddelik beskikbaar is nie, kan ’n verklaring opgelaai word sodat die student kan voortgaan met die aansoek. Sodra die dokumente beskikbaar is, moet dit aanlyn bygevoeg word.
» Studente se keuring word xxxxxx volgens die Sol-Tech Studiefonds se voorwaardes en kriteria verwerk. Die
Studiefondssentrum administreer die Sol-Tech Studiefonds.
» Verwerkte aansoeke word aan die Sol-Tech Studiefonds se komiteelede voorgelê.
Die besluite van die komitee is finaal.
» Suksesvolle aansoekers xxx per e-pos in xxxxxx xxxxxx word. Toekennings word per volle studieprogram vir N-Skool of vir Werkswinkels gedoen en word per fase per faktuur direk aan Sol-Tech betaal. ’n Sol-Tech-student kan dus twee maal aansoek doen (eers vir N-vakke en daarna vir die Werkswinkels) drie maande voor die aanvang van klasse. Alle klasgelde wat nie deur die xxxxxx xxxxx word nie, moet direk aan Sol-Tech betaal word voor die volgende blok begin om tot die klas toegelaat te word.
» Verblyflenings word direk aan die verhuurder uitbetaal. ’n Huurkontrak en bewys van bankbesonderhede moet voorsien word voor enige betaling gedoen xxx word.
» Die student xxx ’n periode van twee weke kry om die voltooide skuldbewys (kontrak wat geteken word om die studielening te aanvaar) op die aanlyn profiel te laai. Enige bedrag wat nie deur die xxxxxx xxxxx word nie, moet direk aan Sol-Tech betaal word en daar kan direk met Sol-Tech hieroor geskakel word.
» Indien die student versuim om die skuldbewys betyds op te laai, xxx die xxxxxx verbeur word. Studente wat nie die lening opneem nie, moet die Studiefondssentrum per e-pos in xxxxxx xxxx.
» Onsuksesvolle kandidate xxx per sms in xxxxxx xxxxxx word.
2.4 Terugbetaling van studielening
» Die rentevrye studielening word betaalbaar sodra:
• die student afgestudeer het; of
• die student xx xxxxxx rede ookal sy/haar studies staak; of
• die student die kursus of studies druip; of
• Sol-Tech-studente xxxx Xxx-Tech uitgeplaas word vir praktiese werk.
» Dit is die student se verantwoordelikheid om enige van die bogenoemde aan die Studiefondssentrum te kommunikeer.
» Die student xxx xxxx die finansiële afdeling van Helpende Hand gekontak word vir ’n terugbetalingsooreenkoms sodra die studielening betaalbaar word.
WANNEER OM AANSOEK TE DOEN
3.1 Ander instansies
(Enige universiteit of geakkrediteerde kollege of tersiêre instansie in Suid-Afrika)
Aansoeke open jaarliks op 1 Maart en sluit op 30 September vir die daaropvolgende studiejaar.
3.2 Akademia-studente
Aansoeke open jaarliks op 1 Maart en sluit op 30 Desember vir die daaropvolgende studiejaar.
3.3 Sol-Tech-studente
Aansoeke open drie maal per jaar, ongeveer drie maande voor die volgende inname / fase.
Bevestig die datums met die Studiefondssentrum om teleurstelling te voorkom.
Gaan na die skakel om ons inligtingsvideo xx xxxx. xxxx://xxxxxxxxxxx.xxxxxx.xx.xx
KONTAKBESONDERHEDE:
(012) 644 4428
xxx@xxxxxxxxxxxx.xx.xx xxx.xxxxxxxxxxx.xx.xx