BELEID SOOS VAN TOEPASSING OP DIE AANSTELLING VAN TYDELIKE PERSONEEL (VOLTYDS EN DEELTYDS)
BELEID XXXX VAN TOEPASSING OP DIE AANSTELLING VAN TYDELIKE PERSONEEL (VOLTYDS EN DEELTYDS)
DOELSTELLING
Hierdie beleid het ten doel om die aanstelling van TYDELIKE PERSONEEL te reguleer. Sodanige tydelike aanstellings is onderhewig aan die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, die Wet op Arbeidsverhoudinge en die voorskrifte van hierdie beleid. Enige aspek wat nie in die Beleid uitgespel word nie, word deur hierdie wetgewing gereguleer.
Hierdie beleid is op die volgende soorte aanstellings van toepassing:
KATEGORIE EEN
Personeel wat per SESSIE aangestel en vergoed word en wie se aanstelling:
• aan ’n tydperk gekoppel is;
• die direkte gevolg is van die skaarsheid van kundige persone in die vakrigting in die algemeen;
• nie deur interne persone gevul kan word nie omdat die interne aanbod nie oor die nodige kundigheid of kapasiteit beskik nie; en
• binne die goedgekeurde personeelplan ondervang word.
Sessiepersoneel xxxxxx dus na personeel wat nie voltyds in diens van die Universiteit is nie, maar wat vir ’n onderbroke tydperk binne die konteks van ’n akademiese kalenderjaar aangestel word om ’n module of ’n gedeelte van ’n module aan xx xxxx.
KATEGORIE TWEE
Personeel wie se aanstelling aan ’n bepaalde PROJEK gekoppel word:
• waar daar ’n einddatum aan die aanstelling gekoppel is wat in xxx is met die projekplan; en
• waar die befondsing van die projek onderhewig en/of gekoppel is aan die vereiste dat ’n spesifieke persoon aangestel moet word om die werk te doen of die projek xx xxx.
In die geval van ’n projek is die fondse reeds vooraf beskikbaar gestel en is die einddatum van die projek ook reeds vooraf bepaal. In hierdie geval word daar reeds by die aanvang van die aanstelling in oorleg met die projekeienaar besluit of die aanstelling met of sonder voordele xxx xxxx.
KATEGORIE DRIE
Tydelike aanstellings anders as bogenoemde en waar die aanstelling aan ’n vasgestelde termyn gekoppel is, tot ’n maksimum van twee jaar, waarna die pos geadverteer moet word vir vulling hetsy op ’n tydelike of ’n permanente grondslag.
Die tydelike aanstelling kan vir permanente aanstelling oorweeg word sonder dat die pos geadverteer word, indien daar aan al die onderstaande kriteria voldoen word:
• Die aanstelling is in xxx met die goedgekeurde personeelplan.
• Die aanstelling is in xxx met die diversiteitsdoelwit van die omgewing.
• Die aanstelling geskied op grond van prestasiebeoordeling.
• Die aanstelling is onderhewig aan die beskikbaarheid xxx xxxxxx en is in xxx met die vergoedingsbeleid.
Die versoek vir permanente aanstelling (sonder advertering) moet deur die Hoofdirekteur: Strategiese Inisiatiewe en Menslike Hulpbronne of sy/haar gedelegeerde goedgekeur word en die persoon wat die aanstelling goedkeur, moet oortuig wees dat die omgewing wel aan al bogenoemde kriteria voldoen.
Die kontrak vir enige tydelike aanstelling moet meld dat dit geen waarborg bied van of verwagting skep vir ’n permanente aanstelling ná die verstryking van die kontrak nie, en dat daar geen verdere verpligting op die Universiteit rus om die aanstelling te hernu of te verleng ná die verstryking van die termyn nie.
KATEGORIE VIER
Persone wat reeds met pensioen uit diens getree het.
Persone wat reeds met pensioen uit diens getree het, word normaalweg nie weer aangestel nie, maar kan as ’n uitsondering op die reël op ’n tydelike grondslag aangestel word indien daar aan die onderstaande kriteria voldoen word:
• Die aanstelling is in xxx met die goedgekeurde personeelplan.
• Die omgewing lê ’n duidelike opvolgplan vir die vulling van die spesifieke pos voor.
• Die aanstelling is in xxx met die diversiteitsdoelwit van die omgewing.
• Die aanstelling is onderhewig aan die beskikbaarheid xxx xxxxxx en is in xxx met die vergoedingsbeleid.
• Dit is ’n eenmalige aanstelling.
Só ’n aanstelling is vir ’n spesifieke termyn en skep geen verwagting van ’n verdere hernuwing van die kontrak of ’n permanente aanstelling nie.
VOORDELE
Verlof
Tydelike werknemers wat meer as 24 uur per maand werk, kwalifiseer vir die volgende verlofvoordele:
Akademiese personeel Steundienspersoneel
Jaarlikse verlof | Slegs gedurende amptelike resestye, met ‘n minimum van 21 opeenvolgende dae per jaar. Daar kan van akademiese personeel wat tydelik aangestel is, verwag word om akademiese beplanning gedurende Universiteitsvakansies te doen, en sodanige vergaderings by xx xxxx. | Posvlak 1 tot 11: 24 werksdae per jaar Posvlak 12 tot 19: 20 werksdae per jaar |
Indien die aanstelling vir ‘n korter tydperk as 12 maande is, xxx die jaarlikse verlof kragtens die bepalings van artikel 40(b) en (c) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes op ‘n pro rata-grondslag bereken en uitbetaal word wanneer die kontrakaanstelling ten einde loop. |
Steundienspersoneel wat vir ‘n korter tydperk as 12 maande aangestel word, is geregtig op een dag betaalde verlof vir elke 17 dae gewerk, xxxx in artikel 20 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal.1
Siekteverlof | ‘n Personeellid kwalifiseer vir ‘n tydperk van 14 kalenderdae betaalde siekteverlof per jaar. Aansoeke om siekteverlof vir ‘n tydperk xxxxxx as twee kalenderdae moet van ‘n aanvaarbare mediese sertifikaat vergesel word. |
Spesiale verlof tot afwesigheid | By ontvangs van ‘n gemotiveerde aansoek, kan verlof tot afwesigheid met volle salaris aan ‘n personeellid toegestaan word op voorwaardes xxxx xxxx die Xxxx bepaal. |
Verlof sonder betaling | Die Xxxx xxx, in spesiale gevalle, op voorwaardes xxxx xxxx die Xxxx bepaal, aan ‘n personeellid verlof sonder betaling xxxxxxx. Gedurende die tydperk van verlof sonder betaling word geen jaarlikse verlof verdien nie. |
Ander soorte verlof word kragtens die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes hanteer.
Ander voordele
Tydelike werknemers kwalifiseer nie vir voordele xxxx die aftreefonds, dertiende tjek/diensbonus en vrystelling van klasgelde nie.
PRESTASIEBESTUUR
Alle tydelike personeel, met uitsondering van personeel wat per SESSIE aangestel en vergoed word, moet ook aan die normale prestasiebestuursproses onderwerp word.
1 Hierdie xxxxxx xx personeel wat op ‘n uurlikse basis aangestel word.
TP0429-Beleid xxxx van toepassing op die Aanstelling van Tydelike Personeel (Voltyds en Deeltyds) (Januarie 2011)