Verwysing: Salarisomsendbrief 1/2018 27 November 2017
Verwysing: Salarisomsendbrief 1/2018 27 November 2017
Navrae: Xxxxxx xxx Xxx – Tel: 000 000 0000 – E-pos: xxxxxxx@xxxxxxxx.xx.xx (Belasting- en betaalstelsel-advies) Xxxxx Xxxxx – Tel: 000 000 0000 – E-pos: xxxxxx@xxxxxxxx.xx.xx (Menslike Hulpbronne-advies)
Xxxxxx Xxxxxxx – Tel: 000 000 0000 – E-pos: xxxxxx@xxxxxxxx.xx.xx (Saakgelastigde)
OMSENDBRIEF AAN PREDIKANTE EN XXXXXXX
Xxxxx kollegas
AANPASSING VAN DIE VERGOEDINGSPAKKET VIR PREDIKANTE VANAF 1 MAART 2018
Die ATFB (Algemene Taakspan Fondse en Xxxxx) en ATP (Algemene Taakspan Predikante Sake) het op 15 November 2017 die vergoedingspakket vir predikante vir 2019 (2019 = 1 Maart 2018 tot 28 Februarie 2019) goedgekeur. Die STFA (Sinodale Taakspan vir Finansies en Administrasie) van die NG Kerk in SA (Xxx- Kaapland) het hierdie skrywe op 24 November 2017 goedgekeur.
1. BELANGRIKE OORWEGINGS
1.1 Die STFA bring die besluit van die ATFB/ATP onder u aandag vir uitvoering deur kerkrade. Alle verhogings tree in xxxxxxx op 1 Maart 2018 om ooreen te stem met ons finansiële jaar. Kerkrade en predikante moet asseblief kennis neem van die voorskrifte in Reglemente 13, 14 of 15 oor die hantering van predikante se vergoedingspakket.
1.2 Vir die vorige finansiële jaar (2017) was die gemiddelde verhoging in die gemeentes se inkomste 3,1%. Die inflasiekoers xxxxxx rondom sowat 5,1%. Xxx Xxxxx tot September 2017 was dit amptelik maandeliks: 5,1%; 4,6%; 4,8% en 5,1%.
1.3 Totale koste van indiensneming
Aangesien ’n predikant se vergoeding uit die volgende elemente bestaan, is dit ’n gesonde beleid om in die geheel na “Totale Koste van Indiensneming” (TKVI) vir die werkgewer te kyk. Die pakket bestaan gewoonlik uit die volgende:
• Salaris (Traktement)
• Bonus
• Huistoelae / gratis huisvesting
• Voertuig- en vervoertoelae of voorsiening van ’n voertuig vir amptelike ritte
• Voorsiening/toelaes vir telefoon/selfoon, rekenaar en internettoegang, water en ligte
• Werkgewersbydrae tot pensioen, groepversekering en medies
1.4 Ander uitgawes ten opsigte van die predikant
• Voorsiening vir voortgesette teologiese opleiding / toerusting
• Werkgewersbydrae tot werkloosheidsversekering en ongevalleversekering (statutêre bydraes)
1.5 Die volgende faktore is vanjaar deur die ATP, in oorleg met ATFB, in berekening gebring en oorweeg:
• Veranderinge in die verbruikersprys indeks (VPI) en die algemene arbeidsmark.
• Voorlegging van die Sinodale Taakspan vir Diensverhoudinge van die NG Kerk in SA.
2. VASSTELLING VAN DIE TRAKTEMENT VIR 2019
2.1 Die aanpassing vir die 2019 finansiële jaar (dus vanaf 1 Maart 2018) is 6,5% op die topkerf.
Predikante wat nog nie op die topkerf is nie, kry ’n inflasieaanpassing én skuif met een kerf aan. Nuwe aanstellings begin op Kerf 1 in Tabel B – of op ’n hoër kerf xxxx die Kerkraad mag besluit.
Om die tabel xx xxxx: Vind die huidige salaris in Tabel A. Die salaris vir die 2019 finansiële jaar is een ry af in Tabel B. ’n Predikant op Kerf 1 in 2018 (Tabel A) skuif na Kerf 2 in 2019 (Tabel B). As die salaris nou R18 360 (Kerf 6 in Tabel A) was, word dit R20 330 (Kerf 7 in Tabel B). Dit is ’n inflasie aanpassing én ’n kerfverhoging – saam 10,7%). ’n Predikant wat reeds op topskaal R27 800 is (tans Kerf 15 in Tabel A), kry ’n 6,5% aanpassing en is nou op Kerf 15b (R29 610) in Tabel X.
Xxxxx A – 2018 (01/03/2017-28/02/2018) | Tabel B – 2019 (01/03/2018-28/02/2019) | ||||||
KERF | SALARIS PER JAAR (13 x maand) | SALARIS PER MAAND | KERF | SALARIS PER MAAND | SALARIS PER JAAR (13 x maand) | % | |
1 | 178 100 | 13 700 | 1 | 14 590 | 189 670 | 6,5% | |
2 | 184 210 | 14 170 | 2 | 15 140 | 196 820 | 10,5% | |
3 | 197 860 | 15 220 | 3 | 15 690 | 203 970 | 10,7% | |
4 | 211 510 | 16 270 | 4 | 16 850 | 219 050 | 10,7% | |
5 | 225 160 | 17 320 | 5 | 18 010 | 234 130 | 10,7% | |
6 | 238 680 | 18 360 | 6 | 19 170 | 249 210 | 10,7% | |
7 | 252 330 | 19 410 | 7 | 20 330 | 264 290 | 10,7% | |
8 | 265 980 | 20 460 | 8 | 21 000 | 000 000 | 10,7% | |
9 | 279 630 | 21 510 | 9 | 22 650 | 294 450 | 10,7% | |
10 | 293 280 | 22 560 | 10 | 23 810 | 309 530 | 10,7% | |
11 | 306 800 | 23 600 | 11 | 24 970 | 324 610 | 10,7% | |
12 | 320 450 | 24 650 | 12 | 26 130 | 339 690 | 10,7% | |
13 | 334 100 | 25 700 | 13 | 27 290 | 354 770 | 10,7% | |
14 | 347 750 | 26 750 | 14 | 28 450 | 369 850 | 10,7% | |
15 | 361 400 | 27 800 | 15a | 29 610 | 384 930 | 10,7% | |
15b | 29 610 | 384 930 | 6,5% |
2.2 Elke predikant se vergoeding word vasgestel en gefinaliseer xxxx xx/xxxx eie werkgewer (byvoorbeeld die Kerkraad), en nie deur die ATFB, sinode of die STFA nie. Die doel van die riglyn is om eenvormigheid te bevorder binne die oorwegings genoem in punt 1 hierbo.
2.3 Die skaal word aan die hand van voltooide diensjare toegepas.
2.4 In gevalle waar kerkrade finansieel nie in staat is om die aanbevole verhoging te bekostig nie, is die kerwe die basis vir onderhandeling ooreenkomstig Reglement 13, 14 of 15. Die veronderstelling is dat 'n vermindering in salaris, of geen verhoging vir ’n jaar nie, slegs oorweeg word as tydelike maatreël in krisisgevalle, en met die inagneming van dienskontrakte en arbeidswetgewing. In so ’n geval moet met die Ring oorleg gepleeg word. In die meeste gevalle behoort kerkrade xxxx in die verlede, die riglyne vir aanpassings onveranderd te aanvaar.
2.5 Aangesien gemeentes se omstandighede in terme van grootte, inkomste potensiaal, ensovoorts verskil, kan kerkrade in uitsonderlike gevalle, na deeglike oorlegpleging, oorweging skenk om predikante selfs op die beginsel van verminderde diensvoordele tesame met die gepaardgaande vermindering van diensverpligtinge te vergoed. Die werksure en totale vergoedingspakket word xxx dienooreenkomstig aangepas. Die aanpassing van die diensooreenkoms na dié van Tentmaker- bediening geskied ook in oorleg met die Ring.
2.6 Indien ’n gemeente se lidmaattal en/of inkomste in so ’n mate daal dat ’n voltydse predikant nie meer bekostig kan word nie, kan die gemeente dit byvoorbeeld oorweeg om steeds ’n predikant in ’n verskraalde/deeltydse pos (byvoorbeeld 50% of 70%) te beroep. Die Tentmaker word xxx in dieselfde verhouding tot die omvang van die pos volgens die basis van Totale Koste van Indiensneming (traktement plus byvoordele), vergoed.
2.7 Afhangende van die bewoording van ’n bestaande diensooreenkoms tussen die predikant en die Kerkraad, word ’n diensbonus, naamlik ’n dertiende tjek aanbeveel. Die bedrag is gelyk aan die maandelikse bedrag xxxx in die tabel by paragraaf 2.1 hier bo.
2.8 Dienskontrakte en beroepsbriewe behoort slegs voorsiening xx xxxx vir jaarlikse aanpassings, wat onderhandel word met inagneming van die ATFB/ATP se riglyne. Indien gemeentes slegs “volgens die sinodale skaal” vergoed, is die verwagting dat ’n leraar jaarliks volgens die volgende kerf vergoed word, totdat die topkerf bereik is.
2.9 Indien daar ’n onbillike ooreenkoms of uitvoering van ’n ooreenkoms is, behoort die Ringsfinansiële- kommissie (RFK) daaroor met die Kerkraad in gesprek te tree.
3. VOERTUIG- EN VERVOERTOELAE
3.1 Die voertuig- en vervoertoelae word in twee komponente verdeel, naamlik
• die vaste koste, wat waardevermindering op nuwe motorwaarde (BTW ingesluit), rente, omvattende versekering en lisensiegeld insluit;
• die lopende koste wat die prys van brandstof, bande, onderdele, herstelwerk, versienings, smering, was, poleer, ensovoorts, insluit.
3.2 Die voertuig- en vervoertoelae is gebaseer op die beleidsbeginsel dat die toelae voorsiening maak vir ’n doelmatige voertuig (sien 3.4.2 hier onder), waarmee ampspligte uitgevoer kan word.
3.3 Alle gemeentepredikante behoort die vaste koste-komponent betaal te word. Daar is slegs differensiasie ten opsigte van die lopende koste-komponent. Met hierdie aanbeveling wil die sinode ’n riglyn daarstel, wat buigsaam genoeg is om almal te akkommodeer.
3.4 Berekening van die voertuig- en vervoertoelae
3.4.1 Die toelae is voorheen gebaseer op die Suid- Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se tabel vir die vorige jaar, gewoon omdat die tabel vir die volgende jaar nog nie in November beskikbaar is nie. Die ATFB het aanbeveel dat gemeentes die voertuig- en vervoertoelae vir die spesifieke jaar gebruik word [2019 se tabel in 2019].
3.4.2 ’n Voertuig in die SAID se prysklas van rondom R200 000 word as geskik beskou vir die uitvoer van ampspligte. In 2018 was die prysklas tussen R170 001 en R255 000 die riglyn.
3.4.3 Die ATFB/ATP beveel aan dat kerkvergaderings, vanaf 1 Maart 2018, die SAID se tabel vir die betrokke finansiële jaar (dus 2019) gebruik. Dit beteken dat die voertuig- en vervoertoelae ’n eenmalige regstelling xxx bevat. Dié tabel word egter eers in Februarie 2018 gepubliseer.
3.4.4 Die ATP onderneem om die korrekte tabel so spoedig moontlik na publikasie (laat in Februarie 2018) aan kerkvergaderings deur xx xxx. Dit word egter ook wyd in nuusblaaie en op die SAID se webblad gepubliseer. Vir begrotingsdoeleindes kan kerkvergaderings werk met vanjaar se tabel (2018 – sien vorige bladsy of hier onder) en 7,5% byvoeg (voertuig- en vervoerkoste styg met meer as die gemiddelde inflasie). Werknemers moet egter in gedagte hou dat die werklike voertuig- en vervoertoelae verhoging deur die SAID bepaal xxx word.
3.4.5 Aangesien ’n byvoordeel, xxxx voertuig- en vervoertoelae, nie eensydig verander of verlaag behoort te word nie, het die STFA (Sinodale Taakspan vir Finansies en Administrasie van die Xxx- Kaap) verlede jaar besluit om die lopende reiskoste vir 2018 (1 Maart 2017 tot 28 Februarie 2018) onveranderd op 150,1 sent per kilometer xx xxx. Xxx-Kaap gemeentes se voertuig- en vervoertoelae was dus tans R7 975 in plaas van R7 861 (xxxx die ATP) aanbeveel het.
Aantal | Vastekoste | R1,501 / km | Totaal | Maandeliks |
18 000 km | 68 684 | 27 018 | 95 702 | 7 975 |
3.4.6 Die STFA beveel aan dat gemeentes die SAID se tabel vir die betrokke jaar gebruik. Begroot dus voorlopig en finaliseer die pakket finaal teen die einde van Februarie 2018. ’n Diensooreenkoms hoef dus bloot te vermeld dat die voertuig- en vervoertoelae volgens die SAID se tabel xxx xxxx vir ’n Kategorie 3 voertuig (ongeveer R200 000).
2017 (01/03/2016- 28/02/2017) | 2018 (01/03/2017- 28/02/2018) | SKATTING VIR 2019 (01/03/2018- 28/02/2019) | |
Waarde van voertuig: tussen | 160 000 en 240 000 | 170 000 en 255 000 | 180 000 en 270 000 |
Brandstofkoste (in sent) | 100,0 | 110,6 | 121,7 |
Onderhoudskoste (in sent) | 42,5 | 45,4 | 49,9 |
Loopkoste per kilometer (in sent) | 142,50 | 156,00 | 171,60 |
Loopkoste op 18 000 km (in Rand) | 25 650 | 28 080 | 30 888 |
Jaarlikse vaste koste betaalbaar | 68 684 | 73 427 | 78 200 |
Motortoelaag op 18 000 km | 94 334 | 101 507 | 109 088 |
Motortoelaag per maand | 7 861 | 8 459 | 9 091 |
3.4.7 Die voertuig- en vervoertoelae is veronderstel om die predikant te vergoed vir werklike amptelike kilometers gereis. Sou die voertuig- en vervoertoelae xx xxxx xxxx vir die gemeente se omstandighede, sou die gemeente, predikant(e) en ring dit kon oorweeg om die 18 000 kilometer byvoorbeeld na 14 000 kilometer te verlaag.
Loopkoste op 14 000 km (in Rand) | 24 024 | ||
Jaarlikse vaste koste betaalbaar | 78 200 | ||
Motortoelaag op 14 000 km | 102 224 | ||
Motortoelaag per maand | 8 519 |
3.4.8 Indien die onsekerheid oor die voertuig- en vervoertoelae vir die gemeente ’n groot probleem is, staan dit uiteraard die gemeente vry om met die predikant(e) ooreen te kom om vanjaar (die 2018 finansiële jaar) se tabel te gebruik.
3.5 Bepaling van die aantal kilometers
3.5.1 Die voertuig- en vervoertoelae is veronderstel om die predikant te vergoed vir werklike amptelike kilometers gereis. Kerkrade behoort jaarliks te oorweeg (met die predikant se inset) of die ooreengekome kilometers tred hou met die werklike omstandighede van die gemeente.
3.5.2. Die gemeente sou selfs kon oorweeg (in oorleg met die predikant en die Ring) om slegs die vaste koste maandeliks te betaal. Die predikant xxx xxx maandeliks (op voorlegging van die logboek) per kilometer vir die brandstof en onderhoudskoste (xxxx in die SAID se tabel).
3.5.3 Kerkrade wat van mening is dat hulle predikant(e) minder of meer as die gemiddelde 18 000 km per jaar ry, kan die volgende prosedure volg:
(a) Die Finansiële Kommissie/Diensverhoudingkommissie en die predikant(e) onderhandel oor ’n billike gemiddelde aantal kilometers, wat vir die gemeente xxx geld. Belangrike dokumente in hierdie gesprek, is die predikant se logboek en/of sy/haar inkomstebelasting opgawe van die vorige jaar.
(b) Indien die Kerkraad en die predikant(e) nie ’n ooreenkoms kan bereik nie, word die hulp van die Finansiële Kommissie van die Ring ingeroep. Dié Kommissie se besluit xxx xxxxx moontlik eerbiedig word.
3.6 Kerkrade (in oorleg met die predikant) kan ook oorweeg om geen voertuig- en vervoertoelae te betaal nie. Die predikant kan egter eis teen die SAID te voorgeskrewe tarief (tans R3,55) per kilometer. Die voordeel is dat hierdie bedrag belastingvry betaal word en nie xxxx vorm van die predikant se aanslag nie – mits dit onder kode 3703 aangetoon word. Raadpleeg asseblief ’n belastingkundige of die SAID se webwerf in dié verband.
3.7 Die STFA beveel as riglyn aan dat kerkrade in die “verre” platteland (xxxx die Karoo en Namakwaland) waar leraars groot afstande oor (slegte?) grondpaaie moet ry en waar brandstof- en instandhoudingkoste normaalweg duurder is as in die stede, die aanbevole lopende koste vir 2019 onveranderd op 200 sent (R2,00) per kilometer xxx.
4. REISKOSTE – VERGADERINGS
4.1 Die ATP/ATFB en die STFA (Xxx-Kaapland) het besluit dat die reistoelaag vir die bywoon van vergaderings van die Ring en Sinode en hulle taakspanne in die Xxx-Kaap vir 2019 onveranderd xxx op R2,50 per kilometer vir ontvangers van ’n voertuig- en vervoertoelae. Dit immers steeds heelwat meer as die werklike koste xxxx in die SAID se tabel.
4.2 Persone wat nie self die vaste koste komponent ontvang nie, ontvang steeds R3,00 per kilometer vir vergaderings van die Ring, Sinode en Kommissies van die Ring en Sinode.
4.3 Inkomstebelasting op addisionele reiskoste
4.3.1 Waar die xxxxx ’n vaste toelae ontvang, asook reiskoste per kilometer van dieselfde werkgewer, geld die volgende:
4.3.2 80% van en enige addisionele reiskoste-eis word tans bygetel by belasbare inkomste vir die berekening van LBS en die volle bedrag van die eis as reiskoste getoon op die IRP5. Indien die persentasie in die Begrotingstoespraak opwaarts aangepas word moet die belastingberekening dienooreenkomstig aangepas word.
4.3.3 In gevalle waar reiskoste vergoed word deur ’n instansie anders as wat die gewone toelaag xxx, xxxx LBS nie afgetrek te word nie, indien die vergoeding minder is as die voorgeskrewe tarief per kilometer van die SAID, wat tans (2018) R3,55 per kilometer beloop.
4.3.4 Onthou om die ritboek by xx xxx met die oog op die SAID.
5. MEDIESE PREMIESUBSIDIE
5.1 Die werkgewer aanvaar gewoonlik verantwoordelikheid vir 50% van die lid se premie aan die aanbevole mediese fonds. [Die STFA se riglyn, vir werkgewerbydrae vir predikante is 50% van die Essensiële Spaarder Plan.]
5.2 Sien asseblief die Mediese omsendbrief, xxxx reeds aan die lede en die gemeentes versend en xxxx dit ook op die webblad verskyn: xxxx://xxxxxxxxxxxxx.xx.xx/Xxxxxxxxxxx
6. ANDER TOELAES
6.1 Daar kan steeds oorweeg word om onthaal-, rekenaar-, xxxxx-, telefoon- en dergelike toelaes, wat betaal is om ander amptelike uitgawes xx xxxxxx, te vervang deur ’n xxxxxxx waar amptelike uitgawes òf per faktuur deur die werknemer van die werkgewer teruggeëis word, òf xxxxx xxxx die werkgewer vereffen word.
6.2 Die STFA vra dat kerkrade vir hulle predikant(e) ’n toelae beskikbaar stel om die koste vir internet toegang te dra of deur xx xxxx dat die pastorie / studeerkamer internet toegang het.
7. BELASTING
7.1 Die uitgangspunt met strukturering van vergoeding is dat voordele wat aangebied word, op die mees doeltreffende xxxxxx gestruktureer word vir belastingbesparing. Hierdie beginsel staan bekend as belastingvermyding en moet onderskei word van belastingontduiking. Laasgenoemde is onwettig.
7.2 Die strukturering van die pakket word ooreengekom tussen die werkgewer en werknemer, en moet gedoen word wanneer op die jaarlikse vergoeding ooreengekom word. Tussentydse verandering aan die pakket laat die risiko dat dit deur die SAID gesien kan word as ’n skema om belasting te ontduik. Die SAID laat so min as moontlik geleentheid toe vir ’n salaristrekker om belasting xx xxxxx.
7.3 Reglement 13: 6 (Kerkorde van 2015 van die NG Kerk in SA) hanteer die vergoeding van predikante. Reglement 13: 6.1.2.1 vereis dat BEIDE partye (werkgewer én werknemer) moet instem tot ’n afwyking van diensvoordele. Reglement 13: 6.1.2.3 vereis ook die betrokkenheid van die Ring.
7.4 Die volgende voorbeelde is moontlikhede waar ’n kontant toelaag met vakmangereedskap vervang kan word. Dit kan moontlik vir die werkgewer goedkoper wees én die werknemer kan moontlik minder belasting betaal.
(a) Behuising. Die waarde van gratis huisvesting word belas teen ’n xxxxx en formule xxxx van tyd tot tyd deur die SAID vasgestel, wat meer voordelig is as die betaling van ’n kontant toelae vir die huur of koop van vergelykbare behuising. Die pastorie en studeerkamer word as die vakmangereedskap van die leraar gesien en xxx xxxx enige werknemer se kantoor deur die werkgewer versorg word, sonder ’n belastingimplikasie vir die werknemer.
(b) ’n Gemeentevoertuig vir amptelike ritte in plaas van ’n voertuig- en vervoertoelae. Hierdie voorbeeld moet met groot omsigtigheid benader word. ’n Voertuig- en vervoertoelae is xxxx van ’n predikant se ooreengekome pakket (sien 1.3 hier bo). Sou die werkgewer hiervan wou afwyk, moet ’n nuwe diensooreenkoms met die werknemer – in oorleg met die Ring – beding word.
’n “Maatskappyvoertuig” is nie ’n vreemde beginsel nie. Dit is net uiters belangrik dat beide werkgewer en werknemer groot duidelikheid moet hê oor watter ritte privaat is en watter ritte amptelik is. Reëlings (betaling) vir privaatgebruik van die amptelike voertuig moet duidelik en markverwant wees ten einde belastingprobleme te verhoed.
Met ’n pastorie (wat die predikant se werkplek is) kan die gemeente se voertuig as ’n “poel” voertuig beskou word – mits ander werknemers ook met die voertuig mag ry. Dit het xxx xxxx belastingimplikasie vir die predikant nie – net xxxx die skoolhoof nie belasting betaal op die ritte met die skool xx xxxxxx nie.
(c) Vakmangereedskap (“tools of the trade”). Aangesien geen ander toelaes enige belastingverligting inhou nie, is dit belasting voordelig vir die werknemer om, in onderhandeling met die werkgewer, die nodige vakmangereedskap wat hy of sy nodig het vir die uitvoering van sy/haar taak in die gemeente, deur die werkgewer te laat voorsien. Dit kan items xxxx ’n selfoon, rekenaar en selfs vakkundige xxxxx en teologiese tydskrifte wees. Geen belasting is betaalbaar op vakmangereedskap wat uitsluitlik vir ampsdoeleindes gebruik word nie. Vakmangereedskap xxx die eiendom van die gemeente. Vakmangereedskap kan wel aan die einde van die bruikbare lewe daarvan aan die werknemer verkoop word teen reswaarde.
Die ondersteuning van ’n belastingkundige is uiters belangrik om die proses korrek te ondersoek, te implementeer en te administreer. Skakel xxxxx met die sinodale kantoor (Xxxxx Xxxxx / Xxxxxx Xxxxxxx) vir meer agtergrond oor “vakmangereedskap”.
8. WERKLOOSHEIDSVERSEKERING
8.1 Volgens wetgewing wat op 1 April 2002 in xxxxxxx getree het, moet alle predikante (xxxx alle ander amptenare) werkloosheidsversekering betaal.
8.2 Sowel die werkgewer, as die werknemer, betaal elk maandeliks 1% van die bruto besoldiging as werkloosheidsversekering aan die SAID. Die bydrae word beperk tot ’n maksimum van R148,72 vir die werkgewer en die werknemer per maand (dus R297,44 per maand in totaal). Die maksimum salaris (vir WVF) is dus R178 464,00 per jaar (R14 872,00 per maand).
8.3 Bruto besoldiging word bepaal, xxxx vir die berekening van LBS voor die aftrekking van toelaatbare bydraes vir aftreefondse en mediesefonds bydraes.
8.4 Werkgewers is verplig xx xxxxx sewe dae na die einde van ’n maand enige verandering in die verdienste van werknemers, sowel as nuwe aanstellings of diensbeëindigings wat plaasgevind het, aan die Werkloosheidversekeringkommissaris deur xx xxx.
9. ONGEVALLEVERSEKERING
9.1 Enige personeellid, wat in diens van die gemeente (werkgewer) is, moet by die Kommissaris vir Beroepsbeserings en -siektes verseker word.
9.2 Sommige kantore van die Kommissaris oordeel dat die diensooreenkoms met die leraar en orrelis nie voldoen aan die toepassing van die wet nie. Daar word aanbeveel dat gemeentes met die plaaslike kantoor in gesprek tree om te bepaal wat hulle standpunt is. Die veiligste is om die leraar en orrelis wel by die Kommissaris te verseker, aangesien wetgewing geensins ’n bepaling het wat hierdie kategorie werknemers uitsluit nie.
10. PREDIKANTE PENSIOENFONDS (PPF)
10.1 Voordele en verpligtinge vanaf 1 Maart 2018: ’n Aparte omsendbrief volg binnekort, sodra die 2019 risikovoordele gefinaliseer is. Sien ook xxxx://xxxxxxxxxxxxx.xx.xx/Xxxxxxxxxxx
10.2 Die Sinode het reeds in 2011 besluit dat die 19,2% bydraevlak as die nuwe standaard vir pensioenbydraes by gemeentes/deelhebbers aanbeveel word. Alle kerkrade, wat dit nog nie gedoen het nie, word xxxxx aangemoedig om die 19,2% as die minimum bydrae vlak vir leraars se pensioen te aanvaar.
11. JEUGWERKERS EN AMPTENARE
11. Jeugwerkers en amptenare se vergoedingsriglyne word in afsonderlike skrywes hanteer. Hou die webwerf dop: xxxx://xxxxxxxxxxxxx.xx.xx/Xxxxxxxxxxx
Vriendelike groete