Dienskontrakte
Dienskontrakte
Ons maak produsente graag bewus van sommige van die foute wat ons gereeld in dienskontrakte opmerk.
Let ook daarop dat daar nêrens in wetgewing na “dienskontrakte” xxxxxx word nie, maar slegs dat werksvoorwaardes op skrif aan werknemers gegee moet word. (written particulars of employment)
Daar word ook nie vereis dat die werknemer dit moet teken nie, maar slegs dat dit aan hom/haar verduidelik moet word in ‘n taal wat hy/sy verstaan.
Dit is dus nie nodig dat dit in die persoon se moedertaal hoef xx xxxx nie. Wetgewing bepaal egter wel wat daarin vervat moet wees.
(Sien Hoofstuk 6 van Sektorale Vasstelling 13)
1. Proeftydperke (gewoonlik 3 tot 6 maande) word algemeen aangetref, maar let daarop dat permanente personeel vanaf dag 1 permanent aangestel word en dat alle voordele van dag 1 af geld. Na die proefperiode, en indien suksesvol, word die permanente aanstelling skriftelik bevestig. Die persoon word dus nie eers ná die proefperiode voltyds in diens geneem nie. Indien nie suksesvol en die persoon het gereeld terugvoering ontvang en daar is hulp xxxxxxx, kan die periode vir ‘n soortgelyke periode verleng word. Alternatiewelik kan begin word met diensbeëindiging deur die normale prosedure te volg as met enige ander swak werksprestasie of onbevoegdheid.
2. Teetye xxx xxxxxx as 30 minute word gereken as werksure teen betaling.
3. Oortyd word per dag of per week bepaal en sou ‘n persoon op een xxx xxxx as die normale ooreengekome ure werk moet daarvoor oortyd betaal word; afgesien of die persoon per week minder ure werk as ooreengekom. Die week se ure hoef dus nie eers “volgemaak” te word nie. Xxxxxx moet ook saam met die 1ste daaropvolgende betaaldag betaal word, en kan nie xxxx tyd af op ‘n later stadium gedoen word nie.
4. Aftreeouderdom, ofskoon dit nie wetlik nodig is nie, moet dit verkieslik gestipuleer word sodat daar geen onduidelikheid later hieroor ontstaan nie.
5. Afwesigheid voor of na vakansiedae en naweke benodig nie ‘n mediese sertifikaat nie, tensy die persoon meer as 2 agtereenvolgende werksdae afwesig is nie.
6. Behuising, indien voorsien, moet in die diensvoorwaardes aangespreek word met ‘n verwysing na die Behuisingsbeleid. Xxxx dit duidelik dat met die beëindiging van die diensooreenkoms, die behuisingsvoordeel binne ‘n maand ook beëindig.
7. Vergoeding se hersieningsdatum moet aangetoon word, maar moet nooit die term verhogings gebruik nie, maar eerder “hersiening van vergoeding volgens die uitsluitlike diskressie van bestuur”.
8. Veranderinge aan diensooreenkomste mag slegs in konsultasie met werknemers gedoen word. Belangrik is egter die xxxx dat geen ooreenkoms aangegaan mag word wat minder gunstig is as wat wetgewing voorskryf nie.