Contract37% Additional Payment to Contract Staff • August 28th, 2020
Contract Type FiledAugust 28th, 202030/2020 28/08/2020 37% ADDISIONELE BETALING AAN 37% ADDITIONAL PAYMENT TO KONTRAKPERSONEEL CONTRACT STAFF Personeel wat op kontrak in diens van die WKOD is, kan vir die addisionele 37% betaling, wat vir die addisionele finansiële byvoordele bv. medies, behuising, ens. voorsiening maak, kwalifiseer. Die SAOU is bewus dat die WKOD al hoe meer begin het om nie die 37% addisionele betalings te maak nie. Twee van die hoofredes wat die WKOD aanvoer is: • PSCBC Resolusie 1 van 2007 dui aan dat diegene wat in kontrakposte is en op wie ‘n aftree- ouderdom van toepassing is, nie vir die addisionele 37% betaling kwalifiseer nie. Die WKOD se argument is dat 60 as ‘n aftree- ouderdom beskou word en gevolglik betaal hulle nie die 37% aan kontrakpersoneel bo die ouderdom van 60 nie.• Personeel wat reeds uit diens getree het weens mediese redes, vervroegde pensioen of vrywillige skeidingspakkette ontvang het, word ook nie in ag geneem vir die 37% betaling nie. Die WKOD se argument is dat hierdie per