Aangewese Diensverskaffer (ADV) vir Chroniese MedikasieAangewese Diensverskaffer (Adv) Vir Chroniese Medikasie • September 14th, 2010
Contract Type FiledSeptember 14th, 2010Medipost Apteek is die Aangewese Diensverskaffer (ADV) wat deur GEMS aangestel is om na GEMS-lede se behoeftes rakende chroniese medikasie om te sien. Die Skema het ’n eksklusiewe kontrak met Medipost om chroniese medikasie aan sy lede op die Sapphire-, Beryl-, Ruby-, Emerald- en Onyx-opsies te verskaf. Die ADV vir chroniese medikasie bied aan lede ’n string voordele, soos meer bekostigbare pryse, gerieflike aflewering by ’n adres van die lid se keuse en kliniese raad oor die gebruik van chroniese medikasie.