Motor Insurance Policy Sample Contracts

AFDELING
Motor Insurance Policy • October 19th, 2010

Verlies van of skade aan enige voertuig wat in die bylae beskryf word en die toebehore en onderdele daarvan terwyl dit daaraan is. Indien sodanige voertuig onbruikbaar is weens enige verlies of skade wat hierkragtens verseker is, betaal die maatskappy die redelike koste vir die beskerming en verwydering daarvan na die naaste herstellers en die versekerde mag opdrag gee dat herstelwerk tot hoogstens R5 000 (vyfduisend rand) bo en behalwe die bedrag van die eerste bedrag betaalbaar waarvoor die versekerde kragtens hierdie onderafdeling aanspreeklik is, uitgevoer word sonder dat die maatskappy se toestemming vooraf verkry word met dien verstande dat ‘n uitvoerige raming eers verkry en onmiddellik aan die maatskappy gestuur word. Die maatskappy betaal ook die redelike koste vir aflewering aan die versekerde ná die herstel van sodanige verlies of skade, maar tot hoogstens die redelike koste van vervoer na die permanente adres van die versekerde in die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Bot

AFDELING MOTOR
Motor Insurance Policy • February 24th, 2010

Verlies van of skade aan enige voertuig wat in die Bylae beskryf word en die toebehore en onderdele daarvan terwyl dit daaraan is. Indien sodanige voertuig onbruikbaar is weens enige verlies of skade wat hierkragtens verseker is, betaal die Versekeraar die redelike koste vir die beskerming en verwydering daarvan na die naaste herstellers met dien verstande dat die Versekeraar se aanspreeklikheid hoogstens R15 000, of die bedrag in die Bylae genoem ten opsigte van enige enkele gebeurtenis beloop. Die versekerde mag opdrag gee dat herstelwerk tot hoogstens R5 000 uitgevoer word sonder dat die Versekeraar se toestemming vooraf verkry word met dien verstande dat 'n uitvoerige raming eers verkry en onmiddellik aan die Versekeraar gestuur word. Die Versekeraar betaal ook die redelike koste vir aflewering aan die Versekerde ná die herstel van sodanige verlies of skade, maar tot hoogstens die redelike koste van vervoer na die permanente adres van die Versekerde in die Republiek van Suid-Afrika

Onderafdeling A Verlies of skade Omskrewe gebeurtenisse
Motor Insurance Policy • April 13th, 2012

Verlies van of skade aan enige voertuig wat in die bylae beskryf word, asook sy toebehore en onderdele terwyl vas aan die voertuig. Die versekerde kan opdrag gee dat herstelwerk tot hoogstens R15 000 gedoen word sonder vooraf toestemming van die maatskappy op voorwaarde dat ’n gedetailleerde kwotasie eers verkry en onmiddellik aan die maatskappy gestuur word. Die maatskappy sal ook die redelike afleweringskoste tot by die versekerde betaal ná herstel van sodanige verlies of skade, maar nie meer as die redelike vervoerkoste na die permanente adres van die versekerde binne die gebiedsperke wat in Spesifieke uitsonderings 1 (b) genoem word nie, op voorwaarde dat: