Skriftelike Dienskontrak Sample Contracts

Hierdie is slegs ‘n voorbeeld kontrak en moet aangepas en hersien word deur die verbruiker.
Skriftelike Dienskontrak • May 5th, 2022

Indiensname het/sal begin op ............................................................. en sal aanhou totdat dit kragtens klousule 7 of ingevolge ‘n regverdige rede en ná ‘n billike proses ten einde loop. Die Werknemer aanvaar en onderneem om eerlike lojale en produktiewe diens aan die Werkgewer te lewer, om die belange en beeld van die Werkgewer met algemene gedrag, gesindheid en optrede teenoor mede-werknemers en oorgeskiktes te bevorder en om, benewens werk wat met die pos verband hou, ook daardie werk te doen wat binne die Werknemer se vermoë val en wat redelikerwys deur die Werkgewer van die Werknemer verlang word, en om oortyd te werk en/of noodwerk te verrig binne wetlike perke indien deur die Werkgewer verlang.