De gestrande Meermin Voorbeeld Klousules

De gestrande Meermin. Hierdie jeugroman is gestruktureer as ’n raamvertelling – die verhaal begin met die twee maats Tom en Asiphe woonagtig op die dorp Waanhuiskrans (sic), naby die mees suidelike punt van Afrika. Die twee neem elke dag die bus na Bredasdorp waar hulle skoolgaan en smiddags in die skeepswrakmuseum rondsnuffel vir stories oor skeepswrakke en soms die metaalverklikker van die kurator leen om op die strand te soek vir ou munte en waardevolle artikels. Tydens so ’n tog word hulle byna oorval deur ’n reënstorm en kry veilige onderdak in die huis van die ou visserman Mike Jeroms. Terwyl hulle wag vir die storm om verby te trek, vertel Jeroms vir hulle die storie van die Meermin. Binne hierdie raamvertelling – ’n funksionele procédé om aan die jong Nederlandse leser bondige inligting oor die geografie, klimaat, geskiedenis en mense oor te dra – neem die verhaal van die Meermin ’n aanvang wanneer koopman Olof Leij hoor dat hy vir die VOC moet gaan slawe haal in Madagaskar. In opvolgende episodes word vertel van die inskeping van voorraad in die Tafelbaaihawe, die vaart via Simonstad na Madagaskar, die ekspedisie na die binneland waar hulle met die hulp van ’n plaaslike stamhoof Ravalo twee dorpe oorval en honderd en vyftig slawe buit. Die twee hoofkarakters is die tienerseun Jeronimus wat die geleentheid aangryp om uit die haglike omstandighede in die weeshuis in die Kaap te ontsnap en die meisie Xiomara wat die koelbloedige moord op haar ma aanskou terwyl sy gevange geneem word. Lesersimpatie word vroeg reeds gewek wanneer vertel word hoe Jeronimus deur die onbeskofte en gevoellose booswig Voordewindt afgeknou word. Hy moet byvoorbeeld meer kere die galjoen skoonmaak wat die smerigste werk aan boord is. Hy toon emosie en gewete wat by die ander seemanne afwesig is. Die verteller merk byvoorbeeld op: “Jeronimus begrijpt niet waarom er zoveel geweld en wreedheid aan te pas moet komen. Hij walgt van zichzelf dat hij deel uitmaakt van de groep slavenjagers” (44). Op die terugtog ontferm Jeronimus hom oor Xiomara deur onder andere haar wonde te verpleeg en haar ’n ekstra skeppie rys te gee. Later bring dit hom in vertwyfeling wanneer hy besef dat hy so meehelp dat sy vet gevoer word om uiteindelik ’n beter prys te haal (143). Xiomara vang die oog van die jongeling en besef dat hy anders as die ander is. Die toegeneentheid tussen Jeronimus en Xiomara ontwikkel verder en wanneer die groep slawe op ’n nabygeleë plaas gevange gehou word, help Jeronimus Xiomara om te ontsnap. ...