SAMEVATTENDE OPMERKINGS. Navorsing oor die faktore wat impulsiewe aankoopgedrag beïnvloed is nog redelik beperk en navorsers begin nou eers leer oor die verskillende faktore wat impulsiewe aankoop-gedrag beïnvloed (Youn & Faber, 2000). Vanuit die voorafgaande gedeelte oor die faktore wat die impulsiewe aankoopgedrag en impulsiewe aankoop- geneigheid van die verbruiker beïnvloed, is dit duidelik dat die bemarker te alle tye bewus moet wees van watter faktore ‘n invloed uitoefen en wat die uitwerking van hierdie faktore op die impulsiewe aankoopgedrag van die verbruiker is. Omrede die hoofdoel van die bemarker en die kleinhandelaar die bevrediging van die verbruiker se behoeftes is, behoort die bemarker en die kleinhandelaar die invloed van hierdie faktore in hul bemarkingstrategie in te bou sodat hierdie groep verbruikers op die mees effektiewe xxxxxx geteiken kan word om sodoende in hul behoeftes te kan voorsien. 2.3
SAMEVATTENDE OPMERKINGS. ‘n Kombinasie van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbenaderings om ondersoek in te stel na die komplekse aard van impulsiewe aankoopgedrag en die faktore wat hierdie tipe aankoopgedrag voorspel en beïnvloed, xxx navorsers in staat stel om meer waardevolle in-diepte kennis van impulsiewe aankoopgedrag op te bou xxxx byvoorbeeld wat werklik plaasvind wanneer hierdie tipe aankoopgedrag in die aankoopomgewing geopenbaar word asook van die eienskappe van die verbruikers wat hierdie tipe aankoopgedrag openbaar. Navorsers kan ook van bovermelde vier meetinstrumente gebruik gemaak om die impulsiewe aankoopgeneigdheid van hul respondente te bepaal deur die instrumente in hul huidige formaat te gebruik of deur die instrumente aan te pas vir die doeleindes van die onderskeie studies. Voortgesette gebruik en toepassing van die verskillende meetinstrumente om impulsiewe aankoopgedrag en impulsiewe aankoopgeneigdheid te meet, xxx die bestaande kennisbasis van impulsiewe aankoopgedrag bevorder en uitbrei. In die volgende gedeelte word lewenstyl bespreek. Die konsep word omskryf en die meting van lewenstyl en meetinstrumente word kortliks bespreek. 2.5
SAMEVATTENDE OPMERKINGS. Vereenselwiging met bepaalde aspekte van Paul van Ostaijen se persoonlikheid en van sy poësiebeskouings, derhalwe ’n repetitio (herhaling-met-variasie) van fasette van Van Ostaijen se digpraktyk, kenmerk die literêre erflating van Van Ostaijen soos dit náklink in Weideman se digkuns. Dié naklinking betref die (matige) eksperimentering met tipografie en versvorm, asook die benutting van die volkstaal (streekstaal) en (streeks-)folklore as instrumente van verset teen hegemoniese kragte op sowel sosiopolitieke, linguistiese as literêre vlak. Laasgenoemde is in Weideman se geval egter eerder geïnspireer deur sy sterk sintuiglike, aardse ingesteldheid en sy diepe geneentheid jeens die swaarkrywêreld van die droë, noordwestelike kontreie van Suid-Afrika wat hy tot heimat gekies het – iets wat volgens hom as ’n “reddende korrektief ” gedien het op die vorm- en styleksperimentering van sy vroegste bundels. Die liriese, ritmies-musikale spontaneïteit wat bevorderlik was vir die improvisasie, eksperimentering en woordspel in Van Ostaijen se digkuns – die voorbeeld van avant-gardistiese, byna surrealistiese “woordmystiek” waardeur woorde en beelde as ’t ware assosiatief opwel uit die digterlike onderbewussyn – het egter blywend nagewerk in Weideman se digterskap. Dié “magiese” soort gedig (Weideman, 1999: 4) figureer trouens algaande al sterker in sy oeuvre. Van Ostaijen se poësie-nalatenskap leef kennelik aktief voort, in sowel die elitêre as die populêre literatuursmaak, in Europese sowel as (Suid-) Afrikaanse verband. Hy het iets van ’n “allemansvriend” (Reynebeau, 2004: 6) geword. ’n Bepaalde toeganklikheid staan met frisse uniekheid in sy verskuns versoen, sodat sy beste gedigte iets tydloos besit. Dít het ook ’n kenmerk van George Weideman se digkuns geword (Weideman is ook ’n veelbekroonde prosaïs en dramaturg). Die vermenging van volkse en unieke idiolektiese elemente werk waarskynlik mee om die kenmerkende toeganklikheid van sý verse te waarborg. Daarby moet sy besondere – ánders as by Van Ostaijen: kennelik religieus-eties gegronde – deernis vir die misdeeldes en gemarginaliseerdes van die wêreld gereken word. Sodanige deernis het sy wortel in Weideman se koestering van die mense en omgewingsdinge wat in sy gekose heimat ’n bestaan moet voer. ’n Milde humoristiese aanslag gee groter reikwydte aan die empatieverwoording. Bronnelys Noordwes-Universiteit Bloom, Harold. 1973. The anxiety of influence: A theory of poetry. New York: Oxford University Press. Borge...