E.G. Aanspreeklikheid Voorbeeld Klousules

E.G. Aanspreeklikheid. (Indien in die bylae as ingesluit vermeld) Andersins onderworpe aan die bepalings, voorwaardes en beperkings word die volgende veranderinge aan hierdie afdeling van die polis aangebring ten opsigte van “besering” of “skade” (xxxx verseker deur die uitbreiding produkaanspreeklikheid) wat ontstaan uit goedere of produkte wat na enige lidland van die Europese Gemeenskap (E.G.) of enige lidland van die Europese Vryehandelsvereniging (E.V.H.V.) uitgevoer word. (a) Besondere uitsonderings 8(a) en 8(b) is nie van toepassing nie op skadevergoeding of regskoste en- uitgawe wat deur enige xxxxx verhaal word ten opsigte van uitsprake wat in die eerste instansie gelewer word in xxxx in die gebied van die E.G. of E.V.H.V. (b) Ten opsigte van hierdie goedere of produkte (behalwe grondstowwe) moet die versekerde: (i) ‘n xxxxxxx instel en in stand hou ingevolge waarvan die goedere of produkte duidelik geïdentifiseer kan word deur ‘n besending- of reeksnommer, of datumstempel of op ‘n ander soortgelyke wyse (ii) die datum waarop die werklike goedere of produkte die eerste keer in omloop gebring is, aanteken en handhaaf. Hierdie opgawe moet in stand gehou word sodat dit die verlangde besonderhede xxx xxxxx vir ‘n tydperk van minstens 10 (tien) jaar nadat die goedere of produkte aanvanklik in omloop gebring is. (c) Die inligting in (b) genoem, tesame met alle stawende dokumentasie, moet te eniger tyd op aanvraag aan die maatskappy of sy benoemde beskikbaar gestel word. (d) Die versekerde is, ten opsigte van hierdie skadeloosstelling, verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar wat ten opsigte van hierdie uitbreiding in die bylae vermeld word. 16.