EGSKEIDINGS OOK ‘N PROBLEEM. Vroeër jare was egskeiding die laaste opsie wat oorweeg is om uit ‘n ongelukkige huwelik weg te kom. Ongelukkig is dit nie meer die geval nie. Die stigma wat aan egskeiding gekoppel is, is nie meer dieselfde nie. Die hoë egskeidingsyfer en xxx xxxxx van ‘n kerklike oogpunt die groeiende aantal egskeidings onder diegene wat belydende xxxxxxxxx is, is kommerwekkend. Statistieke van 1994 tot 1996 (Staatskoerant, 2000) dui daarop dat egskeidings aan die toeneem is en dat daar huwelike is wat ‘n baie kort lewensduur het. Dit terwyl die huwelik veronderstel is om lewenslank te duur en dat net die dood hieraan ‘n einde kan bring. Wat sover genoem is, is nie die volle omvang van die probleem nie. Die probleem is egter nie net sosiologies en sielkundig van aard nie – dit is ten nouste ook ‘n teologiese en kerklike probleem. Uiteraard is dit ook ‘n probl eem binne die AGS Kerk.