’N PRAKTIESE TEOLOGIESE STUDIE. Die studie oor huweliksvoorbereiding en – verryking binne die plaaslike gemeentes van die AGS is ‘n praktiese teologiese studie. Die teologie vorm ‘n eenheid, maar word in ‘n verskeidenheid beoefen. Daar is dus nie net een teologiese dissipline nie, maar ‘n aantal (König, 1978:7-8) In die teologie word die Xxxxx bestudeer, die geloofsuitsprake van die kerke en mense ontleed, die Kerk se getuienisaksie bespreek, die geskiedenis van die Kerk nagegaan en die geloofshandelinge in die gemeente beoordeel. Elkeen van hierdie skakeringe vorm ‘n studieveld (Heyns en Pieterse, 1990:6). Die mees algemene studievelde is die Ou en Nuwe Testamentiese Wetenskappe, Kerkgeskiedenis, Sistematiese Teologie, Teologiese Etiek, Sendingwetenskap, Godsdienswetenskap en Praktiese Teologie (König, 1978:8-9). Die studieveld Praktiese Teologie word weer in verskillende handelingsvelde ingedeel. Die bekendste hiervan is prediking, sorg, viering, diens en onderrig (Heyns en Pieterse, 1990:15). Die studie oor huweliksvoorbereiding en – verryking word onder die handelingsveld “xxxx” geplaas. Binne die bestudering van die dissipline Praktiese Teologie, word daar verskillende benaderinge gevind. Daar word drie hoofbenaderinge gevind, naamlik, die konfessionele, handelingswetenskaplike en die kontekstuele. Binne hierdie drie benaderinge, word daar weer verskillende beklemtoninge of strominge onderskei. Xxxxxx en Xxxxxx (1985:31) is van mening dat die beoefening van praktiese teologie om twee draaiwerwels sentreer. Die eerste aspek werk met kritiese metodes. Hier word drie benaderings onderskei. Die eerste is die kritiese wetenskaplike waarin sekulêre dissiplines die raamwerk en norm vir die praktiese teologie verskaf terwyl die teologiese tradisie ‘n sekondêre rol vertolk. Die tweede is ‘n kritiese korrelasie metode waarvan die oogmerk is om ‘n samewerkende dialoog tussen die Christelike tradisie en sekulêre dissiplines daar te stel. In hierdie samewerking kan elkeen van hulle mekaar se bydrae krities aanspreek. Die derde benadering is die kritiese konfessionele metode waarin die christelike tradisie normatief optree. Die sekulêre wetenskappe word gebruik, maar op ‘n versigtige wyse. Die rede hiervoor is om invloed wat vreemd aan die Christelike tradisie is, te manipuleer. Die tweede as waarna xxxxxx word, beskryf die verhouding tussen kerk en samelewing. “This axis is not a distinction between church and society, but between various ways of characterizing their relationship. On the one end...