ETES IN KOSHUISE. 10.1.1 Die onderstaande persone wat nie inwoners van die koshuis is nie, kan by die koshuis eet op die voorwaardes xxxx hieronder uiteengesit. 10.1.2 Die Huiskomitee kan in oorleg met die Inwonende Hoof, tot 'n maksimum van 15 gaste per semester wat amptelik in die eetsaal verwelkom word, vir die koshuis se rekening uitnooi. Enige verdere etes moet deur die huis betaal word. 10.1.3 Gaste van inwoners kan slegs met kennisgewing en na betaling etes geniet. Sodanige besoek moet 48 uur vooraf met die Voedseldiensbestuurder gereël word. 10.1.4 Geen voedsel mag in koshuiskamers, op stoepe, in xxxxx of op balkonne voorberei word nie. 10.1.5 Mikrogolfoonde, warmplate, braaipanne of soortgelyke apparaat mag nie in koshuiskamers gebruik word nie, maar slegs in areas wat deur die afdeling Risikobestuur goedgekeur is. 10.1.6 Etes word twee dae voor die tyd op 'n rekenaarterminaal bespreek. Indien 'n student nie bespreek het nie kan hy/sy, nadat die bespreekte etes reeds afgehaal is, teen dubbeltarief 'n ete nuttig indien daar nog kos beskikbaar is. 10.1.7 In geval van siekte kan 'n inwoner deur middel van 'n ander student, in oorleg met die Huiskomiteelid, met die Voedseldiensbestuurder reël dat kos aan hom/haar in die xxxxx verskaf word. Die betrokke huiskomiteelid moet reël dat die eetgerei direk daarna na die kombuis teruggestuur word. 10.2