HUISEIENAARSVERENIGING Voorbeeld Klousules

HUISEIENAARSVERENIGING. 18.1 Die Koper bevestig: 18.1.1 dat hy op datum van registrasie van oordrag 'n lid word van die La Pinta Lifestyle Village Huiseienaarsvereniging; en 18.1.2 dat, indien hy die Eiendom sou verkoop, die Koopkontrak dienooreenkomstig 'n voorwaarde moet bevat dat die nuwe koper 'n lid word van gemelde vereniging; en 18.1.3 dat hy as lid van gemelde vereniging gebonde is aan die Grondwet, Argitektoniese- & Landskapperingsriglyne daarvan; en 18.1.4 dat hy van afskrifte van die Grondwet, die Argitektoniese riglyne, sowel as die Landskapperingsriglyne voorsien is, en homself gebonde ag daaraan. 18.2 Die Verkoper waarborg hiermee teenoor die Koper dat die heffings betaalbaar aan die La Pinta Lifestyle Village Huiseienaarsvereniging gedurende die 2018-kalenderjaar nie meer as R700.00 (sewehonderd rand) per maand xxx xxxxx nie, en dat dit vir die 2019- & 2020- kalenderjare xxx eskaleer teen ʼn xxxxx van nie meer as die heersende Verbruikersprysindeks gepubliseer deur Statistiek SA (“VPIX”). Gedurende die tydperk vermeld in hierdie klousule, is die Verkoper verantwoordelik om enige tekorte op die begroting van gemelde Huiseienaarsvereniging aan te suiwer. 19.
HUISEIENAARSVERENIGING. Die KOPER aanvaar hiermee dat hy verplig is om by registrasie van die eiendom op sy naam ‘n lid van die Bela Bela Waterfront Huiseienaarsvereniging te word en derhalwe onderworpe is aan die voorwaardes van die Memorandum en Akte van Oprigting van die Vereniging. 10.2