GEBRUIK VAN PAAIE Voorbeeld Klousules

GEBRUIK VAN PAAIE. Die paaie binne die XXXX-XXXX WATERFRONT is bedoel vir die gebruik van alle inwoners. Neem asseblief kennis dat motorvoertuie as xxxx van die padomgewing geag word, dog nie die oorheersende faktor is nie. Alle paaie binne die Ontwikkeling is openbare paaie (ten spyte daarvan dat die Huiseienaarsvereniging die eienaar daarvan is) en is derhalwe onderworpe aan die toepaslike verkeersordonnansies en verordeninge. Die spoedbeperking is 20 km per uur regdeur die Ontwikkeling. Behoudens die bogenoemde xxx die Limpopo Padverkeersordonnansies met betrekking tot pad- en straatgebruik van toepassing wees. Enjin-aangedrewe voertuie, d.w.s. motors en motorfietse, mag slegs die strate in die Ontwikkeling gebruik. Die sypaadjies is uitsluitlik vir voetgangers bedoel. Slegs gelisensieerde bestuurders mag enjin-aangedrewe voertuie op enige eiendom wat aan die BBWHV behoort, insluitende die strate, bestuur. Die gebruik van motorfietse en ander voertuie met lawaaierige uitlaatstelsels word uitsluitlik verbied (sodanige voertuie xxx xxx tot die Ontwikkeling toegelaat word nie). Die Limpopo Padverkeersordonnansies en plaaslike verordeninge is van toepassing. Ongelisensieerde bestuurders word onder geen omstandighede op die paaie toegelaat nie. Swaarvoertuie van drie ton en meer word slegs binne die Ontwikkeling toegelaat vir aflewerings- of kollekteerdoeleindes. Slegs xxxxx met ‘n maksimum kapasiteit van 32 passasiers xxx tot die Ontwikkeling toegelaat word. Enige skade deur ‘n swaarvoertuig veroorsaak xxx die verantwoordelikheid wees van die eienaar deur wie die swaarvoertuig besoek is. 2.