Inkomste Voorbeeld Klousules

Inkomste. Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot 1. verlies aan inkomste en 2. verhoging in bedryfskoste en die bedrag hierkragtens as skadeloosstelling betaalbaar is 1. ten opsigte van die verlies aan bruto inkomste, die bedrag waarmee die inkomste gedurende die skadeloosstellingstydperk as gevolg van die skade by die standaardinkomste xx xxxx skiet; 2. ten opsigte van verhoging in bedryfskoste, die bykomende uitgawes noodsaakliker- en redelikerwys aangegaan met die uitsluitlike doel om die verlies aan inkomste wat as gevolg van die skade gedurende die skadeloosstellingstydperk sou plaasgevind het indien daardie uitgawes nie aangegaan was nie, xx xxxxx of te verminder, maar hoogstens die bedrag van die verlies aan inkomste daardeur vermy, Afdeling sake-onderbreking 2/6 XXXX/410/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003 min enige bedrag gedurende die skadeloosstellingstydperk bespaar ten opsigte van sodanige koste en uitgawes van die besigheid wat uit inkomste betaalbaar mag wees en wat gestaak of verminder mag word as gevolg van die skade met dien verstande dat die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word indien die versekerde bedrag ten opsigte van inkomste minder is as die jaarlikse inkomste indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 maande of minder is of die toepaslike veelvoud van die jaarlikse inkomste indien die maksimum skadeloosstellingstydperk 12 maande oorskry. Item 4 -