Inligting oor besoldiging Voorbeeld Klousules

Inligting oor besoldiging. Artikel 33 Die volgende inligting moet skriftelik verstrek word wanneer die werknemer betaal word: (a) werkgewer se naam en adres; (b) werknemer se naam en beroep; (c) tydperk van betaling; (d) besoldiging in geld; (e) enige aftrekkings van die besoldiging; (f) die werklike bedrag wat betaal is; en (g) indien tersaaklik vir die berekening van die werknemer se besoldiging - (i) die werknemer se besoldigingskoers en oortydskaal; (ii) die getal gewone en oortydure gewerk gedurende die tydperk van betaling; (iii) die getal ure op ’n Xxxxxx of openbare vakansiedag gewerk gedurende die tydperk; en (iv) indien ’n ooreenkoms om gemiddelde werktyd te bereken aangegaan is, die totale getal gewone en oortydure gewerk gedurende die tydperk. 4.6
Inligting oor besoldiging. (1) 'n Werkgewer moet aan 'n werknemer die volgende inligting skriftelik verstrek op elke dag wanneer die werknemer betaal word: (a) Die werkgewer se naam en adres; (b) die werknemer se naam en beroep; (c) die tydperk waarvoor die betaling gedoen word; (d) die werknemer se besoldiging in geld; (e) die bedrag en doel van enige aftrekking wat van die besoldiging gedoen is; (f) die werklike bedrag wat aan die werknemer xxxxxx is; en (g) indien tersaaklik vir die berekening van daardie werknemer se besoldiging- (i) die werknemer se besoldigingskoers en oortydskaal; (ii) die getal gewone en oortydure gewerk deur die werknemer gedurende die tydperk waarvoor die betaling gedoen word; (iii) die getal ure deur die werknemer op 'n Xxxxxx of openbare vakansiedag gewerk gedurende daardie tydperk; en (iv) indien 'n ooreenkoms om gemiddelde werktyd te bereken ingevolge artikel 12 aangegaan is, die totale getal gewone en oortydure gewerk deur die werknemer gedurende die tydperk van berekening van gemiddelde werktyd. (2) Die skriftelike inligting wat ingevolge subartikel (1) vereis word, moet aan elke werknemer gegee word- (a) by die werkplek of op 'n plek waartoe die werknemer ingestem het; en (b) gedurende die werknemer se gewone werkure of binne 15 minute na die begin of afsluiting van daardie ure. 34
Inligting oor besoldiging. Artikel 33