KATEGORIEË VAN OORTREDINGS VIR DIE DOELEINDES VAN DIE BEPALING VAN ’n GEPASTE DISSIPLINÊRE OPTREDE Voorbeeld Klousules

KATEGORIEË VAN OORTREDINGS VIR DIE DOELEINDES VAN DIE BEPALING VAN ’n GEPASTE DISSIPLINÊRE OPTREDE. Die dissiplinêre optredes hierbo genoem is slegs ’n riglyn. Die bedoeling is nie om rigiede reëls voor te skryf nie maar om ’n billike, regverdige en konsekwente dissiplinêre optrede daar te stel. Wanneer dissiplinêre stappe ingestel word, moet daar in gedagte gehou word dat die optrede en werksomstandighede van verskillende plaaswerkers verskil. Wanneer daar op ’n gepaste optrede besluit moet word, moet die volgende in ag geneem word: die kategorie waarin die oortreding val; die erns daarvan; die omstandighede waaronder dit begaan is; die dissiplinêre optredes geneem by soortgelyke oortredings; geskrewe waarskuwings wat by vorige geleenthede gegee is en nog nie verval het nie; die plaaswerker se ouderdom, posisie, jare diens, verdienstelike werk deur hom gelewer, huwelikstaat en afhanklikes; en vertoë wat hy ten aansien van gepaste stappe teen hom xxxxx het. 2.1