Loonvasstellings. (1) 'n Loonvasstelling en enige wysing van 'n loonvasstelling wat ingevolge artikel 15 van die Loonwet, 1957, gedoen is, wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van die Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 2002, van krag was (hierna 'n "loonvasstelling" genoem), word geag 'n sektorale vasstelling xx xxxx wat in ooreenstemming met artikel 55 van hierdie Wet gedoen is . (2) Enige bepaling in 'n loonvasstelling wat 'n minimum termyn of diensvoorwaarde voorskryf, word geag 'n basiese diensvoorwaarde xx xxxx xxxx in artikel 1 van hierdie Wet omskryf. (3) Die Minister kan enige loonvasstelling in ooreenstemming met Hoofstuk Agt van hierdie Wet wysig, intrek, opskort, ophelder of regstel. (4) Die bepalings van 'n loonvasstelling kan in ooreenstemming met Hoofstuk Tien van hierdie Wet afgedwing word. (5) Enige vervolging rakende 'n oortreding van of versuim om te voldoen aan 'n bindende loonvasstelling of vrystellingsertifikaat gedurende die tydperk van 1 November 1998 tot die inwerkingtreding van die Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 2002, xxxxx vervolging begin het voor of binne drie maande na die datum van inwerkingtreding van die Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 2002, moet ingevolge die Loonwet, 1957, gehanteer word asof die Loonwet, 1957, nie herroep is nie. (6) Die Direkteur van Openbare Vervolgings met jurisdiksie word geag 'n sertifikaat ingevolge artikel 23 (3) (a) van die Loonwet, 1957, uit te gereik het ten opsigte van enige oortreding of versuim in subitem (5) beoog ten opsigte waarvan geen vervolging begin het nie binne drie maande na die datum van inwerkingtreding van die Wysigingswet op Basiese Diensvoorwaardes, 2002. [Item 9 vervang by a. 23 (a) van Wet 11 van 2002.] 10