Nuwe besigheid Voorbeeld Klousules

Nuwe besigheid. (Slegs van toepassing indien huurgeld verseker word) Vir die doel van enige eis wat ontstaan weens skade wat voorkom voor voltooiing van die eerste jaar xx xxxxxx op die persele deur die besigheid, xxx die uitdrukkings "Jaarlikse Bruto Huurgeld" en "Standaard Bruto Huurgeld" die volgende betekenisse dra en nie xxxx hierin genoem nie:
Nuwe besigheid. (Slegs van toepassing indien inkomste verseker word) Vir die doel van enige eis wat ontstaan weens skade wat voorkom voor voltooiing van die eerste jaar xx xxxxxx op die persele deur die besigheid, xxx die uitdrukkings "jaarlikse Inkomste" en "standaard Inkomste" die volgende betekenisse dra en nie xxxx hierin genoem nie: Jaarlikse inkomste Die proporsionele ekwivalent vir 'n tydperk van 12 (twaalf) maande, van die inkomste opgelewer gedurende die tydperk tussen die aanvangsdatum van die besigheid en die datum van die skade Standaardinkomste Die proporsionele ekwivalent vir 'n tydperk gelykstaande aan die skadeloosstellingstydperk, van die inkomste opgelewer gedurende die tydperk tussen die aanvangsdatum van die besigheid en die datum van die skade waaraan sodanige aanpassings gemaak word as wat nodig mag wees om te voorsien vir die tendens van die besigheid en afwykings of ander omstandighede wat die besigheid of voor of na die skade raak, of wat die besigheid sou geraak het indien die skade nie plaasgevind het nie, sodat die aldus aangepaste syfers so na as wat redelikerwys uitvoerbaar is, die resultate verteenwoordig wat gedurende die betrokke tydperk na die aanvang daarvan verkry sou gewees het as dit nie vir die skade was nie. Let wel: Indien die skade voor die voltooiing van die eerste jaar se handelsbedrywighede van die besigheid by die perseel plaasgevind het, word die waarde van die items wat links hiervan vermeld word, bereken deur gebruik xx xxxx van die waardes wat gelykstaan aan die resultate wat verkry is gedurende die tydperk tussen die aanvang van die besigheid en die datum van die skade. M.