Rekenaarverliese. Algemene uitsondering van toepassing op alle afdelings van hierdie polis wat skade aan eiendom of die gevolge van skade aan eiendom of enige aanspreeklikheid verseker. Nieteenstaande enige bepaling van hierdie polis, met inbegrip van enige uitsluiting, uitsondering of uitbreiding of ander bepaling wat nie hierby ingesluit is nie wat andersins ‘n Algemene uitsondering ter syde sou stel, dek hierdie polis nie: (a) verlies of vernietiging van of skade aan enige eiendom hoegenaamd (insluitende ‘n rekenaar) of enige verlies of uitgawe hoegenaamd voortspruitend uit of as gevolg daarvan (b) enige regsaanspreeklikheid hoegenaamd (c) enige gevolglike verlies regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur of waartoe bygedra word deur of wat bestaan of voortspruit uit die onvermoë of onklaarraking van enige rekenaar, hetsy korrek of enigsins: (i) om enige datum as die korrekte of ware kalenderdatum te behandel of om op korrekte of toepaslike wyse enige data of inligting xx xxxxxx, te manipuleer, te interpreteer, te verwerk, xx xxxx of te ontvang of om daarop te reageer, of om enige opdrag of instruksie uit te voer, met betrekking tot of in verband met enige sodanige datum nie, of (ii) om enige data vas te lê, xx xxxxx of op korrekte xxxx xx verwerk as gevolg van die uitvoer van enige opdrag wat in enige rekenaar geprogrammeer is, synde ‘n opdrag wat die verlies van data of die onvermoë om sodanige data op of na enige datum vas xx xxxx, te bewaar, te behou of op korrekte xxxx xx verwerk veroorsaak nie, of (iii) om enige inligting of kode vas te lê, xx xxxxx, te behou of te verwerk vanweë program foute, foutiewe invoer of die onopsetlike kansellasie of bederwing van data en/of programme nie, of (iv) om enige data vas te lê, xx xxxxx, te behou of te verwerk as gevolg van die handeling van enige rekenaarvirus of ander bederwende, skadelike of andersins ongemagtigde kode of instruksie met inbegrip van enige Trojaanse perd, tyd- of logikabom of wurm of ander vernietigende of ontwrigtende kode, media of program of versteuring. ‘n Rekenaar sluit in enige rekenaar, dataverwerkingstoerusting, mikroskyfie, geïntegreerde stroombaan of soortgelyke toestel in rekenaar- of nie-rekenaartoerusting of enige rekenaar- sagteware, -gereedskap, -bedryfstelsel of enige rekenaarhardeware of periferale toerusting en die inligting en data wat elektronies of andersins in of op enige van bogenoemde bewaar word, hetsy die eiendom van die versekerde al xxx xxx.