Uitbreiding: Krediettekort. (indien in die bylae as ingesluit vermeld) Indien enige algeheleverlies-skikking ingevolge onderafdeling A minder is as die bedrag wat aan die finansier verskuldig is ingevolge ’n huidige afbetalings- of bruikhuurooreenkoms, betaal die versekeraar aan die versekerde ’n verdere bedrag gelykstaande aan die tekort, minus (a) enige agterstallige paaiemente of huurgeld insluitende rente betaalbaar op sodanige agterstallige bedrae. (b) alle premieterugbetalings vir kansellasie van enige versekeringsdekking wat met die motorvoertuig verband hou. (c) die verhoogde paaiemente of huurgeld wat betaal sou word indien daar geen reskapitaalwaarde aan die einde van die finansieringstydperk bestaan het nie, bereken tot die maand waarin die eis geskik word. (d) die eerste bedrag betaalbaar ingevolge onderafdeling A. Met dien verstande dat (a) die bedrae betaalbaar hoogstens maksimum skadeloosstelling minus die eerste bedrag betaalbaar ingevolge onderafdeling A beloop. (b) die endorsement nie van toepassing is nie op ’n ooreenkoms ingevolge waarvan die bedrag van enige enkele paaiement, buiten die finale reswaarde-bedrag ná die aanvanklike paaiement, met meer as 10 persent van enige ander paaiement verskil nie. Afdeling motor 6/8 XXXX/413/042002 (MULTIMARK) MMIII 2003 (c) indien sodanige tekort die resultaat is van ’n hervoorskot ingevolge ’n afbetalingsooreenkoms of herfinansiering ingevolge ’n bruikhuureenkoms, die versekering ingevolge hierdie uitbreiding nietig verklaar word.