Uitbreiding: Parkeerfasiliteite en verskuiwing van derde partye se voertuie Voorbeeld Klousules

Uitbreiding: Parkeerfasiliteite en verskuiwing van derde partye se voertuie. (indien in die bylae as ingesluit vermeld) Hierdie afdeling word uitgebrei om die versekerde skadeloos te stel ten opsigte van ongelukke wat veroorsaak word deur of deur middel van of in verband met die verskuiwing van enige voertuig (wat nie aan die versekerde behoort of aan hulle geleen, gehuur of gebruikhuur word nie), deur enige persoon in diens van die versekerde of wat namens die versekerde optree, altyd met dien verstande dat sodanige voertuig verskuif is (a) met die magtiging van enige huurder, klant of besoeker van die versekerde, of (b) in verband met die versekerde se parkeerreëlings, of (c) om die uitvoering van die versekerde se besigheid te bewerkstellig en verder met dien verstande dat hierdie uitbreiding nie van toepassing is op skade aan voertuie wat teen vergoeding geparkeer is nie. Sodanige voertuig (en die inhoud daarvan) word vir die doeleindes van hierdie uitbreiding nie geag deur die versekerde in trust gehou te word of in sy bewaring of xxxxx xx beheer xx xxxx nie. 5.