Vergaderings van die Hoofbestuur Voorbeeld Klousules

Vergaderings van die Hoofbestuur. 5.3.1 Vergaderings van die Hoofbestuur word met skriflesing en gebed geopen. 5.3.2 Die vergaderings word belê deur die sekretaris in oorleg met die voorsitter. 5.3.3 Wanneer minstens 25 Hoofbestuurslede skriftelik daarom vra, moet ʼn vergadering van die Hoofbestuur belê word binne 21 dae na ontvangs van die versoek om die aangeleentheid te bespreek waarvoor sodanige vergadering aangevra is. 5.3.4 Gewone lede van die ANB mag Hoofbestuursvergaderings bywoon maar het nie stemreg op die vergadering nie. 5.3.5 ʼn Kworum op ‘n Hoofbestuursvergadering is een derde van die lede van die Hoofbestuur. Indien daar nie ʼn kworum teenwoordig is nie kan die vergadering voortgaan met dien verstande dat besluite wat op sodanige vergadering geneem word by die daaropvolgende vergadering gekondoneer word. 6