Woonwaens uitverhuur Voorbeeld Klousules

Woonwaens uitverhuur. (Indien in die bylae as ingesluit vermeld) Die woord "verhuur" word geskrap in die paragraaf onder die opskrif "beskrywing van gebruik” in hierdie afdeling, indien 'n woonwa deur hierdie afdeling verseker, uitverhuur word. Sub-paragraaf 1(c) van die besondere uitsonderings op alle onderafdelings van hierdie afdeling van toepassing word met die volgende vervang: "1(c) aangegaan of opgedoen terwyl die motorvoertuig waarmee die woonwa gesleep word: (i) bestuur word deur die huurder terwyl hy/xx xxxxx die invloed is van bedwelmende drank, verdowingsmiddels, dwelmmiddels of narkotiese middels (tensy dit toegedien of voorgeskryf word deur en geneem word in ooreenstemming met die voorskrifte van ‘n lid van die mediese beroep behalwe hyself/haarself) of indien die huurder se bloed- alkoholpersentasie die statutêre perk oorskry tydens die gebeurtenis of terwyl hy/sy nie gelisensieerd is om sodanige voertuig te bestuur nie (ii) bestuur word deur enige xxxxx xxxxxxx met die algemene toestemming van die huurder wat na wete van die huurder onder die invloed van bedwelmende drank, verdowingsmiddels, dwelmmiddels of narkotiese middels is (tensy dit toegedien of voorgeskryf word deur en geneem word in ooreenstemming met die voorskrifte van ‘n lid van die mediese beroep behalwe hyself/haarself) of indien sodanige persoon se bloedalkoholpersentasie die statutêre perk oorskry tydens die gebeurtenis of nie gelisensieer is om sodanige voertuig te bestuur nie maar dit is nie van toepassing nie indien die huurder onbewus was dat die bestuurder ongelisensieerd is en indien die huurder tot bevrediging van die maatskappy kan bewys dat daar in die normale loop van sy/haar besigheid prosedures ingestel is om te verseker dat slegs gelisensieerde bestuurders toegelaat word om versekerde voertuie te bestuur. Met dien verstande dat enige bestuurder geag word gelisensieerd xx xxxx om die voertuig te bestuur, indien hy/sy voldoen aan die lisensiewette met betrekking tot enige van die grondgebiede waarna in 1(b) van Besondere uitsonderings op alle onder- afdelings van hierdie afdeling van toepassing xxxxxx word, of indien daar nie aan enige lisensiewet voldoen word nie bloot vanweë versuim om enige lisensie te hernieu wat onderworpe is aan periodieke hernuwing, of indien 'n lisensie nie vereis word deur 'n wet nie of terwyl sodanige bestuurder leer bestuur en voldoen aan die wette met betrekking tot leerlingbestuurders.” 16.
Woonwaens uitverhuur. Die woord "verhuur" word geskrap in die paragraaf onder die opskrif "Beskrywing van Gebruik” in hierdie Afdeling, indien 'n woonwa deur hierdie Afdeling verseker, uitverhuur word. Dit word as ‘n voorvereiste gestel dat die Maatskappy hiertoe xxx instem en die Bylae ooreenkomstig endosseer word. Origens onderworpe aan die bepalings, uitsluitings en voorwaardes van die Afdeling. 11.