Woordeboekbetekenis van rente Voorbeeld Klousules

Woordeboekbetekenis van rente. Die woordeboekbetekenis van die woord word gegee as gelde wat gereeld betaal word, teen ʼn sekere xxxxx, vir die gebruik van geld geleen, of as betaling vir die uitstel van die terugbetaling van skuld (Oxford Dictionary of English, 2005:902). Die woorde- boekbetekenis word ondersteun deur die The South African Concise Oxford Dictionary (2002:601) wat rente beskryf as geld betaal vir die leen van geld of vir die uitstel van die betaling van skuld. Dit wil dus blyk uit die bogenoemde dat die gewone woordeboekbetekenis van die woord rente xxxxxx xx die betaling van geld deur die xxxxx aan die uitlener vir die geld wat xxxxxxx is xxxx die uitlener. Dit kan ook gesien word as vergoeding wat deur die xxxxx aan die uitlener betaal word vir die xxxx dat die lener nie dadelik die betrokke kapitaal wat geleen is aan die uitlener terugbetaal nie. Die gewone woordeboekbetekenis xxxx wat hierbo aan xxxxx xxxxxxx word, word verder bevestig deur Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (2000,910) wat rente beskryf as die opbrengs van geld wat uitgeleen of belê is, vergoeding vir die gebruik van geld. Die Woordeboek van Xxxx en Handelsterme (1992:132) omskryf rente vervolgens as die opbrengs van kapitaal wat belê of uitgeleen is. Laastens, vind ons dat die betekenis wat aan xxxxx xxxxxxx word ook die opbrengs van belegde geld (Verklarende Afrikaanse Woordeboek, 2010:995) insluit. Black’s Law Dictionary (2007:829) definieer rente as “The compensation fixed by agreement or allowed by law for the use or detention of money, or for the loss of money by the one who is entitled to its use, especially the amount owed to a lender in return for the uses of borrowed money – Also termed finance charge”. Dit blyk dus uit Black’s Law Dictionary dat rente se woordeboekbetekenis ook finansieringskoste insluit. 2.3.1.2.