Naam van dokument: AfriForum se gebruiksvoorwaardebeleid Jongste hersieningsdatum: 28 April 2021
AfriForum se gebruiksvoorwaardebeleid:
Webtuistes en webportale
Naam van dokument: AfriForum se gebruiksvoorwaardebeleid Jongste hersieningsdatum: 28 April 2021
Weergawe: 1.0
Vrywaring
Hierdie beleidsdokument, enige bybehorende aanhangsel(s) en enige regte hieraan verbonde is die eiendom van AfriForum, tensy die konteks duidelik anders aandui. Dit is vertroulik, privaat en slegs bedoel vir die geadresseerde, en mag slegs deur die geadresseerde gebruik word vir die spesifieke doel waarvoor die beleidsdokument aangevra is. Die geadresseerde moet alle persoonlike inligting wat hierdeur tot sy of xxxx xxxxxx of in sy of haar besit kom as vertroulik hanteer en mag dit nie openbaar maak sonder die instemming van AfriForum nie.
AfriForum aanvaar geen enkele verantwoordelikheid vir enige verlies of skade, op watter xxxxxx ook al opgedoen of gely, wat voortvloei uit, of die gevolg is van, die gebruik van die inligting in hierdie beleidsdokument of enige aanhangsel(s) daarvan.
Inhoudsopgawe
Vrywaring en beperking van aanspreeklikheid 4
Toestemming om skakels xx xxxxx na AfriForum se webtuiste of -portaal 5
Skakels na webwerwe van derde partye 6
Deur gebruik xx xxxx van enige webtuiste of webportaal van AfriForum, stem jy daartoe in dat die gebruiksvoorwaardes op jou van toepassing xxx xxxx. Die gebruiksvoorwaardes tree in xxxxxxx wanneer jy enige webtuiste of webportaal van AfriForum vir die eerste keer besoek en dit laat ’n bindende ooreenkoms tot stand kom tussen AfriForum en jouself, wat deurentyd xxx geld.
Tensy enige ander ooreenkoms tussen ons die teendeel bepaal, word toegang tot die dienste wat aangebied word deur hierdie webwerwe of -portale gratis aan jou voorsien, op die basis van wat op daardie oomblik beskikbaar is. AfriForum doen sy uiterste bes om die gehalte van die dienste wat aangebied word, te handhaaf, maar besoekers kan nie aanvaar dat die webtuiste of -portaal foutvry is of dat dit geskik xxx xxxx vir die spesifieke doel wat hulle in gedagte het wanneer hulle daarvan gebruik maak.
Die inligting wat op die webtuiste of -portaal geplaas word, is daarop gemik om jou, as die gebruiker of as lid, te help om in interaksie te tree met AfriForum of om jou xxxxxx xx vergroot oor die besonderhede van AfriForum as ’n organisasie asook die dienste, optrede, doelstellings en doelwitte wat dit bied. Voordat jy enige optrede onderneem wat gegrond is op, of handel oor, die inligting, optrede, doelstellings en doelwitte van AfriForum xxxx uiteengesit op die webtuiste of -portaal, of enige spesifieke inligting wat verskyn daarop, behoort jy professionele raad in te win wat passend is vir jou beplande optrede.
AfriForum is die eienaar van die domein “XxxxXxxxx.xx.xx”. Geen xxxxx xxxxxxx of entiteit het enige regte ten opsigte van hierdie domein nie. Indien jy gekontak word deur of afkom op enige webtuiste (behalwe hierdie een) wat voorgee om die amptelike webtuiste of -portaal van AfriForum xx xxxx, versoek ons dat jy dit rapporteer aan AfriForum by xxxxxx@xxxxxxxxx.xx.xx.
Vrywaring en beperking van aanspreeklikheid
Gebruik van hierdie webtuiste en -portaal geskied op eie risiko.
AfriForum lewer geen waarborg of maak generlei voorstelling van enige aard (eksplisiet of implisiet) met betrekking tot hierdie webtuiste en/of -portaal of die inhoud daarvan nie.
AfriForum kan nie verantwoordelik gehou word nie vir enige besering, verlies, onkoste of skade van watter aard ook al wat gely word of opgedoen word deur toegang tot hierdie webtuiste en/of -portaal, deur die gebruik van enige diens wat aangebied word op hierdie webtuiste of portaal, vir watter rede ook al, insluitende maar nie beperk tot enige besering, verlies of skade wat gely word as gevolg van:
• foute of teenstrydighede in die inligting wat voorsien word;
• enige ongemagtige toegang of wysigings van hierdie webtuiste of -portaal deur derde partye;
• enige bedryfsteuring of defek aan enige toerusting of toegangsmedium tot hierdie webtuiste of -portaal;
• enige steuring of onbeskikbaarheid van hierdie webtuiste of -portaal, of van enige fasiliteite of stelsels van derde partye wat daartoe lei dat die webtuiste of -portaal nie toeganklik is nie, of dat enige transaksie waarna op hierdie die webtuiste of -portaal xxxxxx word of wat aangebied word daarop, nie verwerk kan word nie;
• die vernietiging van of onsuksesvolle toegang tot jou persoonlike inligting of toerusting, of die toerusting van enige derde party waarvan jy gebruik maak om toegang te verkry tot die webtuiste of -portaal; of
• enige wysiging, aanpassing, opgradering of opdatering van die webtuiste of -portaal, of van enige tegnologie, apparatuur of programmatuur, of die aanpassing van sagteware wat xxxx mag uitmaak van hierdie webtuiste of -portaal.
Jy vrywaar AfriForum hiermee teen enige opeising, skade-eis of optrede ten opsigte van direkte, indirekte, strafregtelik gebaseerde of gevolgskade of bevel teen AfriForum wat verband hou met u gebruik van die webtuiste of -portaal, of sodanige opeising, skade-eis of optrede direk of indirek tot stand gekom het al xxx xxx, vir watter rede ook al.
AfriForum xxxxx xxx die reg voor om te enige tyd, in sy absolute diskresie, hierdie webtuiste of - portaal of enige onderdeel daarvan te wysig, aan te pas, op te gradeer of op xx xxxxxx, of om dit op te skort of te onttrek.
Sien asseblief in hierdie verband AfriForum se privaatheidsverklaringsbeleid xxxx geplaas op ons webtuiste en -portaal.
Sien asseblief in hierdie verband AfriForum se webtuistekoekiebeleid xxxx geplaas op ons webtuiste en -portaal.
AfriForum behou alle kopiereg en ander intellektuele-eiendomsreg ten opsigte van alle materiaal, insluitende logo’s en ander grafiese materiaal en multimediawerk, wat gepubliseer word op enige van sy webwerwe of -portale. Besoekers word gemagtig om die inligting te bekyk en daardeur te navigeer op voorwaarde dat:
• die materiaal vir persoonlike gebruik is en nie vir enige kommersiële doeleindes nie, en
• enige reproduksie van materiaal wat aan ons behoort van hierdie webtuiste of onderdeel daarvan verbode is.
Die logo’s en handelsmerke wat op hierdie webblaaie verskyn, is ons eie geregistreerde en ongeregistreerde handelsmerke, of dit is die eiendom van derde partye. Niks op hierdie webtuiste of -portaal behoort uitgelê te word as die toestaan van enige lisensie of reg om enige van hierdie
handelsmerke te gebruik sonder ons voorafverkreë skriftelike toestemming en/of die toestemming van derde partye nie. Dit is ontoelaatbaar xx xxxxxx ons voorafverkreë skriftelike toestemming ons intellektuele eiendom of die eiendom van derde partye te gebruik vir enige ander doeleindes.
Enige aansoek om gebruik xx xxxx van ons intellektuele eiendom moet xxxxx word aan xxxxxx@xxxxxxxxx.xx.xx. Na ontvangs van jou aansoek xxx ons ons bes doen om te antwoord en die saak verder met jou te bespreek. Indien xx xxx ’n skriftelike reaksie van ons kry binne 20 (twintig) werksdae nie, moet jy aanvaar jou aansoek is van die hand gewys.
Toestemming om skakels xx xxxxx na AfriForum se webtuiste of -portaal
Niemand mag ’n hiperskakel, raam, metamerker of soortgelyke verwysing (in algemene gebruik “skakels” genoem), hetsy in elektroniese of enige ander formaat, plaas na hierdie webtuiste of enige ondergeskikte webbladsye sonder ons voorafverkreë skriftelike toestemming nie, wat toegestaan of weerhou mag word onderhewig aan die voorwaardes xxxx xxxx ons van tyd tot tyd uiteengesit.
Enige aansoek vir die plasing van ’n skakel moet xxxxx word aan xxxxxx@xxxxxxxxx.xx.xx. Na ontvangs van jou aansoek xxx ons ons bes doen om te antwoord en die saak verder met jou te bespreek. Indien xx xxx ’n skriftelike reaksie van ons kry binne 20 (twintig) werksdae nie, moet jy aanvaar dat jou aansoek van die hand gewys is.
Skakels na webwerwe van derde partye
Sommige van ons webblaaie mag skakels bevat na ander webwerwe, met inligting en materiaal wat deur derde partye geproduseer is. Alhoewel ons probeer om slegs skakels te voorsien na betroubare webwerwe, kan ons nie verantwoordelikheid of aanspreeklikheid aanvaar vir die inligting wat voorsien word op ander webwerwe nie. ’n Skakel vanaf ons webtuiste of -portaal na enige ander webtuiste beteken nie dat ons die eienaars of administrateurs van sulke webwerwe, of hulle sake- en veiligheidstelsels of bedrywighede, nagegaan het of onderskryf nie.
Die voorwaardes vervat in hierdie beleidstuk mag van tyd tot tyd aangepas word. Deur toegang te verkry tot die AfriForum-webtuiste en/of -portaal is jy outomaties gebind aan die weergawe van die voorwaardes xxxx gepubliseer ten tye van enige besoek aan sodanige webtuiste en/of -portaal. Jy stem in met die weergawe xxxx geldig op die betrokke tydstip waarop jy toegang verkry tot hierdie webblaaie.
Niks wat voorkom op hierdie webtuiste en/of -portaal moet beskou word as ’n aanbieding nie maar bloot as ’n uitnodiging om betrokke xx xxxx by ons organisasie of om as lid daarvan in te skryf.
Indien enige bepaling van hierdie gebruiksvoorwaardes nie afdwingbaar is op grond van watter rede ook al, xxx die oorblywende bepalings nogtans van toepassing xxx.
Die wette van die Republiek van Suid-Afrika is van toepassing op hierdie gebruiksvoorwaardes asook op die verhouding tussen jou en AfriForum vir sover dit die gebruik van ons webtuiste en/of -portaal aangaan of enige kwessie wat daaruit mag voortvloei.
Verbreking of nienakoming van hierdie voorwaardes gee ons die reg om oor te gaan tot regsaksie teen jou sonder voorafgaande kennisgewing, en jy onderneem hiermee om die koste wat voortvloei uit sodanige regsaksie aan ons te vergoed op ’n prokureur- en kliëntskaal.
Onderteken:
AfriForum-inligtingsbeampte
Datum: