INLEIDENDE OPMERKINGS
KONSEPSTATUUT
VAN
UNIVERSITEIT STELLENBOSCH
INLEIDENDE OPMERKINGS
[Hierdie inleidende opmerkings verduidelik die konteks vir die Statuut, maar maak nie xxxx van die Statuut uit nie.]
1. Die Statuut is die grondwet van die Universiteit Stellenbosch. Die Statuut verskaf die grondliggende strukture en prosesse waarbinne die waardes, ideale en beginsels wat die Universiteit dryf, beoefen en nagestreef word. Dit bind die verskillende sektore wat die Universiteit opmaak saam, en gee die toon aan vir alle besluitneming en akademiese en administratiewe bedrywigheid. Die Statuut beskryf die samestelling, bevoegdhede, en funksionering van die onderskeie liggame wat deur die Statuut ingestel word, asook die verkiesing of aanwysing, en die bevoegdhede, van die ampsdraers wat deur die Statuut benoem word. Kortliks, die Statuut verskaf die institusionele raamwerk waarbinne die effektiewe oorsigbestuur en administrasie van die Universiteit uitgevoer word.
2. Die Statuut is onderworpe aan die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, en mag ook nie strydig met die Wet op Hoër Onderwys, 1997, wees nie. Binne die Universiteit is die Statuut sy grondliggende dokument. Alle reëls, beleide of ander instrumente wat deur universiteitsliggame en -funksionarisse gemaak word, is dus aan die Statuut onderworpe.
3. As die grondwet van die Universiteit, is die fokus van die Statuut op die Universiteit se argitektuur, en maak dit nie voorsiening vir al die besonderhede ten opsigte van die oorsigbestuur en administrasie van die Universiteit nie. Artikel 32(1)(b) van die Wet op Hoër Onderwys, 1997, steun hierdie benadering deur voorsiening xx xxxx vir die maak van institusionele reëls om aan detail- aspekte van die Statuut uitvoering xx xxx. Sommige institusionele reëls is reeds in plek, maar mettertyd xxx xxxx institusionele reëls ter ondersteuning van die Statuut gemaak word.
4. Vervolgens is die algemene benadering in die Statuut om aan die Universiteit, of ʼn bepaalde liggaam of funksionaris, die nodige gesag toe te xxx om iets te
doen. Xxxxxx xxxxxx, dit xxx die finale verantwoordelikheid vir ʼn bevoegdheid of plig aan ʼn bepaalde liggaam of funksionaris toe, maar dit dui nie noodwendig aan hoe daardie bevoegdheid of plig uitgevoer of verrig word nie, en selfs nie deur wie nie. Deurentyd word aangeneem dat, via delegasie, bevoegdhede en pligte gereeld, indien nie meestal nie, uitgevoer of verrig word xxxx xxxxx funksionarisse en liggame as dié op wie die finale verantwoordelikheid rus. Ter ondersteuning van hierdie benadering, maak die Statuut voorsiening vir die algemene delegasie van alle bevoegdhede en pligte, tensy uitdruklik verbied deur die Statuut of die Wet op Hoër Onderwys, 1997. In hierdie sin is die
Statuut ʼn buigsame en gesonde-verstand-dokument wat aanvaarbare en effektiewe besluitnemingsprosesse en -prosedures, xxxx wat oor die algemeen in groot entiteite gevind word, akkommodeer.
5. Xxxx wat duidelik in die Aanhef en klousule 5 uitgedruk word, is die Statuut op sekere grondliggende beginsels gebaseer. Die onderskeie beheer-en-bestuur- strukture en -ampsdraers funksioneer in ooreenstemming met die beginsels van demokratiese verteenwoordigendheid en aanspreeklike oorsigbestuur. Die Statuut bepaal die omvang vir die uitoefening van besluitnemingsbevoegdhede, en verseker dat bevoegdhede en pligte wettiglik en effektief uitgevoer word, in ooreenstemming met die demokratiese gees en bedoeling van die Statuut. Die Statuut verbind die Universiteit tot oop, deursigtige, verantwoordelike en aanspreeklike leierskap, oorsigbestuur en administrasie, en sluit verskeie wigte en teenwigte in om dit te verseker.
6. Uit ʼn opstellingsoogpunt, word vertrou dat die Statuut ʼn logiese en toeganklike dokument is, opgestel in taal en styl wat eenvoudig en maklik is om te verstaan, en in alle essensiële opsigte akkuraat en regsgeldig. Daar word vertrou dat die Statuut ʼn duidelike, gestroomlynde en effektiewe dokument is wat ideaal geskik is om die Universiteit te xxxx xxxx hy die geleenthede van die toekoms aangryp. Die Statuut xxx goeie, etiese, oop en aanspreeklike oorsigbestuur en administrasie bevorder, en die Universiteitsgemeenskap verenig in sy nastrewing van akademiese en administratiewe uitnemendheid wat die samelewing in geheel baat.
AANHEF
AANGESIEN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH
* behoorlik ingestel is kragtens die Wet op Hoër Onderwys, 1997;
* kragtens artikel 32(1)(a) van die Wet ʼn institusionele statuut mag maak; EN AANGESIEN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH
* voortgedryf word deur die waardes onderliggend aan die Grondwet, in die besonder rakende menswaardigheid, gelykheid en vryheid;
* akademiese integriteit, akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing, verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, etiese gedrag, billikheid en deursigtigheid nastreef;
* eenheid in verskeidenheid bevorder deur verdraagsaamheid en respek vir verskillende perspektiewe en geloofsisteme in te skerp, om sodoende ʼn geskikte omgewing vir leer, innovasie, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid te verseker; EN AANGESIEN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH
* verbind is daartoe om ʼn internasionaal erkende universiteit in Afrika xx xxxx, bekend vir betrokke akademieskap, akademiese uitnemendheid, sosiale responsiwiteit, en ʼn etiek van xxxx xxxxx personeel en studente;
* streef om tot voordeel van die samelewing uit te blink in innoverende leer en onderrig, en voorpuntnavorsing;
* verbind is tot die ontwikkeling van ʼn omvangryke reeks akademiese, professionele, beroepsgerigte en algemene programme om samelewingsbehoeftes aan te spreek;
* responsief tot die welsyn van sy personeel, studente en die groter gemeenskap is deur optimale betrokkenheid, kapasiteitsbou en gesonde bestuurspraktyke; DAAROM MAAK DIE RAAD VAN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH NOU HIERDIE STATUUT, AS VOLG:
UITEENSETTING VAN STATUUT
HOOFSTUK 1: KONSTITUERENDE BEPALINGS
1. Naam van Universiteit
2. Setel van Universiteit
3. Status van Universiteit
4. Raamwerk, uitleg en toepassing
5. Beginsels
HOOFSTUK 2: OORSIGBESTUUR
RAAD
6. Instelling en samestelling
7. Vereistes vir lede
8. Ampstermyne
9. Vakatures
10. Bevoegdhede, verantwoordelikhede en funksies
11. Gedragskode en belangebotsings
12. Voorsitter en ondervoorsitter
13. Vergaderings
14. Verkiesing van Raadslede tot Senaat
15. Uitvoerende komitee van Raad
SENAAT
16. Instelling en samestelling
17. Ampstermyne
18. Vakatures
19. Bevoegdhede en funksies
20. Voorsitter en vergaderings
21. Verkiesing van Senaatslede tot Raad
22. Uitvoerende komitee van Senaat
FAKULTEITSRADE
23. Instelling en samestelling
24. Bevoegdhede en funksies
25. Vergaderings
STUDENTERAAD
26. Instelling en samestelling
27. Bevoegdhede en funksies
28. Voortsetting van funksies
INSTITUSIONELE FORUM
29. Instelling en samestelling
30. Ampstermyne
31. Bevoegdhede en funksies
32. Voorsitter en vergaderings
33. Uitvoerende komitee van Institusionele Forum
REKTOR SE BESTUURSPAN
34. Samestelling en pligte
ALGEMENE BESTUURDERSVERGADERING
35. Samestelling en pligte
HOOFSTUK 3: AMPSDRAERS
KANSELIER
36. Pligte
37. Vereistes
38. Verkiesing
39. Ampstermyn
REKTOR EN VISEKANSELIER
40. Pligte en aanspreeklikheid
41. Aanstelling
42. Ampstermyn
VISEREKTORE EN ONDERVISEKANSELIERS
43. Aanstelling, pligte en ampstermyn
UITVOERENDE BEDRYFSHOOF
44. Aanstelling, pligte en ampstermyn
REGISTRATEUR
45. Aanstelling, pligte en ampstermyn
DEKANE
46. Aanstelling, pligte en ampstermyn
HOOFSTUK 4: DIE KONVOKASIE
47. Samestelling van Konvokasie
48. Doel en funksies
49. Vergaderings
50. Verkiesings
51. Uitvoerende komitee van Konvokasie
HOOFSTUK 5: DONATEURS
52. Erkenning
53. Verkiesing deur donateurs
HOOFSTUK 6: WERKNEMERS
54. Aanstelling en voorwaardes
55. Verteenwoordigende werknemersorganisasies
HOOFSTUK 7: STUDENTE
56. Toelating en registrasie
57. Dissipline
HOOFSTUK 8: KWALIFIKASIES EN EREGRADE
58. Gesag van Universiteit
59. Kongregasie
60. Toekenning van eregrade en toekennings
HOOFSTUK 9: ALGEMEEN
61. Reëls
62. Uitwerking van vakatures
63. Delegasies
64. Oorgangsbepalings
65. Wysiging van Statuut
66. Herroeping van Statuut
67. Verskillende weergawes van Statuut
68. Woordomskrywings
69. Inwerkingtreding
HOOFSTUK 1 KONSTITUERENDE BEPALINGS
Naam van Universiteit
1. Die naam van die Universiteit is “Universiteit Stellenbosch” in Afrikaans en “Stellenbosch University” in Xxxxxx.
Setel van Universiteit
2. Die setel van die Universiteit is Stellenbosch. Die Universiteit mag sy aktiwiteite beoefen op sodanige ander plekke as wat die Raad bepaal.
Status van Universiteit
3. Die Universiteit is ʼn regspersoon xxxx voorsien in artikel 20(4) van die Wet.
Raamwerk, uitleg en toepassing
4. Hierdie Statuut, saam met die institusionele reëls,1 is die raamwerk vir die oorsigbestuur en administrasie van die Universiteit kragtens die Wet, en moet uitgelê en toegepas word in die gees van, en onderworpe aan, die Grondwet en die Wet.
Beginsels
5. Die oorsigbestuur en administrasie van die Universiteit kragtens hierdie Statuut moet aan die volgende beginsels voldoen:
(a) verteenwoordigendheid, inklusiwiteit en deelname;
(b) ʼn hoë standaard van etiek;
(c) uitkomste-georiënteerde werkverrigting en lewering;
(d) doeltreffende, effektiewe en volhoubare gebruik van hulpbronne;
1 Institusionele reëls is reëls gemaak deur die Raad om uitvoering aan die Statuut xx xxx (artikel 32(1)(b) van die Wet).
(e) responsiwiteit tot die welsyn van die universiteitsgemeenskap en die samelewing wat die Universiteit dien;
(f) verantwoordelikheid, deursigtigheid en aanspreeklikheid.
HOOFSTUK 2 OORSIGBESTUUR
RAAD
Instelling en samestelling
6. Daar is ʼn Raad van die Universiteit wat saamgestel is uit —
(a) die rektor;
(b) een van die viserektore, wat elke kalenderjaar moet roteer in die volgorde deur die rektor bepaal;
(c) die uitvoerende bedryfshoof;
(d) een lid wat deur die Senaat uit eie geledere verkies is;2
(e) een lid wat uit eie geledere verkies is deur die permanente akademiese personeel wat nie Senaatslede is nie;
(f) een lid wat deur die permanente nie-akademiese personeel uit eie geledere verkies is;
(g) twee lede wat deur die SR uit eie geledere verkies is;
(h) drie persone wat aangewys is deur die Minister met behoorlike inagneming van die kandidate wat deur die Raad benoem is;
(i) een persoon wat deur die Munisipale Raad van Stellenbosch benoem is;3
(j) drie persone wat deur die Konvokasie verkies is;
(k) drie persone wat deur die donateurs verkies is;
(l) twee persone wat vir hulle kundigheid deur die Raad aangewys is.4
2 Sien definisie van “verkies”.
3 Sien definisie van “benoem”.
4 Sien definisie van “aangewys”.
Vereistes vir lede
7. Benewens die vereistes van artikel 27 van die Wet —
(a) moet ʼn lid van die Xxxx x xxxxxxx met xxxxxx en ervaring relevant tot die doelwitte en oorsigbestuur van die Universiteit wees;
(b) moet die verteenwoordigendheid van die Raad ten opsigte van ras, gender en gestremdheid behoorlik oorweeg word by die verkiesing, benoeming en aanwysing van lede van die Raad;
(c) mag geen persoon van 70 jaar of ouer ʼn lid van die Xxxx xxxx nie, maar ʼn lid wat die ouderdom van 70 bereik mag dien totdat daardie lid xx xxxxxx verstryk;
(d) mag geen persoon in die Raad in meer as een hoedanigheid xxxx xxx;
(e) mag geen persoon waarna in klousule 6(h)-(l) xxxxxx word, ʼn werknemer of student van die Universiteit wees nie;5
(f) mag geen lid van die Raad ʼn lid van die raad van ʼn ander hoëronderwysinstelling wees, of deur so ʼn instelling in ʼn permanente uitvoerende besturende hoedanigheid op die vlak van of ekwivalent aan ʼn dekaan of hoër in diens xxxxxx xxxx nie.
Ampstermyne
8. (1) Die ampstermyn van ʼn lid waarna xxxxxx word in klousule 6(a) en (c) duur voort vir so lank as wat die persoon die amp beklee.
(2) Die ampstermyn van ʼn lid waarna xxxxxx word in klousule 6(b) is een jaar.
(3) Die ampstermyn van ʼn lid waarna xxxxxx word in klousule 6(d), (e) en (f) is twee jaar.
(4) Die ampstermyn van ʼn studentelid waarna xxxxxx word in klousule 6(g) is een jaar, in ooreenstemming met sy of haar SR termyn, maar die
lidmaatskap beëindig onmiddellik wanneer die lid ophou om ʼn geregistreerde student van die Universiteit xx xxxx.
(5) Die ampstermyn van alle ander lede is vier jaar.
5 Kragtens artikel 27(6) van die Wet op Hoër Onderwys, 1997, mag ten minste 60% van die lede van die Xxxx xxx werknemers of studente van die Universiteit wees nie.
(6) Die ampstermyn van ʼn lid waarna xxxxxx word in subklousules (2), (3),
(4) en (5) duur van die datum waarop die lid die amp aanvaar tot die datum waarop die ampstermyn verstryk.
(7) ʼn Persoon wie se ampstermyn verstryk het, mag weer verkies, benoem of aangewys word, maar geen persoon mag vir meer as drie opeenvolgende termyne in dieselfde of enige ander hoedanigheid xxxx xxx.
Vakatures
9. (1) Lidmaatskap van die Raad eindig voor die verstryking van die relevante ampstermyn indien ʼn lid —
(a) skriftelik bedank by die registrateur;
(b) sy of haar posisie ontruim, in die geval van ʼn lid waarna in klousule 6(a), (b) en (c) xxxxxx word;
(c) ophou om ʼn werknemer van die Universiteit xx xxxx, in die geval van ʼn lid waarna in klousule 6(d), (e) en (f) xxxxxx word;
(d) vir drie agtereenvolgende vergaderings van die Raad afwesig is sonder dat vooraf verskoning gemaak is by en aanvaar is deur die voorsitter;
(e) insolvent deur ʼn geregshof verklaar is, of skuldig bevind is aan ʼn oortreding en gevonnis is tot gevangenisstraf van meer as 12 maande sonder die keuse van ʼn boete, maar ʼn persoon word nie as gevonnis beskou totdat ʼn xxxxx teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is, of die tyd vir ʼn xxxxx verstryk het nie;
(f) onbevoeg xxxx xx die funksies van ʼn lid van die Xxxx xx verrig;
(g) ʼn lid in terme van klousule 6(d), (e), (f) of (j) is en ophou om ʼn lid van die liggaam xx xxxx wat die lid aangewys of verkies het;
(h) in dissiplinêre verrigtinge teen die lid skuldig bevind word aan die oortreding van ʼn gedragskode voorsien in klousule 11(1), of die reëls, wat lei tot die beëindiging van lidmaatskap in terme van die gedragskode;
(i) as ʼn student van die Universiteit registreer of ʼn werknemer van die Universiteit word, in die geval van ʼn lid waarna in klousule 6(h), (i), (j), (k) en (l) xxxxxx word.6
(j) ʼn lid van die raad van ʼn ander hoëronderwysinstelling word, of in ʼn permanente uitvoerende besturende hoedanigheid op die vlak van of ekwivalent aan ’n dekaan of hoër in diens geneem word deur ʼn ander hoëronderwysinstelling.
(2) Die registrateur moet billike kennis7 op skrif aan die Raad en aan die
funksionaris of liggaam wat ʼn lid verkies, aangewys of benoem het, gee wanneer die lidmaatskap van die lid verstryk of vir enige rede voor die verstryking van die ampstermyn beëindig word.
(3) Die toepaslike funksionaris of liggaam moet ʼn vakature ooreenkomstig klousule 6 en die reëls vul, en ʼn lid wat ʼn vakature vul wat ontstaan voor die verstryking van die betrokke ampstermyn word vir ʼn volle termyn in die betrokke amp verkies, aangewys of benoem.
Bevoegdhede, verantwoordelikhede en funksies
10. (1) Die Raad bestuur die Universiteit onderworpe aan die Wet, die Statuut en die reëls, en dra ʼn algemene toesighoudende verantwoordelikheid ten opsigte van akademiese en bedryfsaangeleenthede asook institusionele beleid en strategie.
(2) Die Raad mag, spesifiek —
(a) die Statuut maak en wysig;
(b) reëls maak en die Universiteit se beleide vasstel;
(c) institusionele strategieë en planne goedkeur;
(d) institusionele werkverrigting en bestuur monitor en toesig hou oor risikobestuur;
(e) akademiese strukture en eenhede, insluitende fakulteite en departemente, instel op die aanbeveling van die Senaat;
6 Sien artikel 27(6) van die Wet op Hoër Onderwys, 1997.
7 Die voorskryf van spesifieke tydperke vir kennisgewing in die geval van vergaderings, verkiesings, ens. word as te onbuigsaam beskou en is soms onnodig moeilik om na te kom. Die beginsel agter sodanige vereistes, dat billike of redelike xxxxxx xxxxx word, word verkies en xxx dieselfde doelwit op ʼn meer buigsame wyse bereik.
(f) ander entiteite en strukture instel op die aanbeveling van die rektor en, waar van toepassing, die Senaat; en
(g) die aanstelling en diensvoorwaardes van personeel kragtens artikel 34 van die Wet bepaal.
(3) Onderworpe aan artikel 20(5) van die Wet, moet die Raad die konstruksie, aankoop, vervreemding of langtermynverhuring van vaste eiendom goedkeur.
(4) Die Raad, ná oorlegpleging met die Senaat, moet ʼn toelatingsbeleid ingevolge artikel 37 van die Wet bepaal.
(5) Die Raad, met die instemming van die Senaat, moet ʼn taalbeleid ingevolge artikel 27(2) van die Wet bepaal.
(6) Die Raad, ná konsultasie met die SR, moet voorsiening maak vir ʼn geskikte struktuur om die Xxxx xx adviseer oor ʼn beleid vir studentesteundienste ingevolge artikel 27(3) van die Wet.
(7) (a) Die Raad mag komitees, wat bestaan uit Raadslede, of Raadslede en ander persone, aanwys om die Raad by te staan met die uitvoering van sy funksies en moet komitees aanwys xxxx voorgeskryf deur die reëls.
(b) Enigiets in die Statuut, insluitende ʼn gedragskode waarna in klousule 11(1) xxxxxx word, wat van toepassing is op ʼn Raadslid, is van toepassing op ʼn lid van ʼn komitee wat nie ʼn Raadslid is nie of ʼn persoon wat ʼn vergadering van die Raad of van ʼn komitee van die Raad bywoon.
(8) Onderworpe aan subklousule (9) mag die Raad enige van sy bevoegdhede of funksies aan enige struktuur, werknemer of liggaam van die Universiteit ingevolge artikel 68(2) van die Wet en klousule 63 van die Statuut delegeer, maar die Xxxx xxx verantwoordelik vir die uitoefening van die bevoegdhede en die verrigting van die funksies wat so gedelegeer is.
(9) Die Raad mag nie die volgende delegeer nie —
(a) die maak of wysiging van die Statuut;
(b) die aanstelling van die rektor en die uitvoerende bedryfshoof;
(c) die instelling of ontbinding van fakulteite;
(d) die aanpassing van die algemene aanstellingsbepalings of diensvoorwaardes van werknemers;
(e) die goedkeuring van die jaarlikse begroting en finansiële state van die Universiteit;
(f) die vasstelling van studentegelde;
(g) die bevoegdheid xx x xxxxxx of oortrekking namens die Universiteit te bekom; en
(h) die konstruksie, aankoop, vervreemding of langtermynverhuring van vaste eiendom.
Gedragskode en belangebotsings
11. (1) Die Raad moet ʼn gedragskode vir die Raad aanneem vir die doeleindes van artikel 27(7E) van die Wet.
(2) Die Raad moet reëls en prosedures bepaal om voldoening aan artikel 27 van die Wet te verseker met betrekking tot die finansiële of xxxxx xxxxxxx en fidusiêre xxxxx van lede van die Raad, lede van komitees of persone wat komitees bywoon, en hulle familielede.
Voorsitter en ondervoorsitter
12. (1) By sy eerste vergadering, onder voorsitterskap van die rektor, moet die Raad ʼn voorsitter en ondervoorsitter verkies uit die lede waarna in klousule 6(h), (i), (j) (k) en (l) xxxxxx word.
(2) ʼn Nominasie vir voorsitter of ondervoorsitter moet op skrif wees, moet voor die vergadering by die registrateur ingedien word, moet deur twee lede van die Raad onderteken word en moet vergesel word van ʼn ondertekende verklaring deur die genomineerde waarin die nominasie aanvaar word.
(3) Vir die verkiesing van die voorsitter of ondervoorsitter is die prosedure dat indien slegs een kandidaat genomineer word, moet die voorsitter daardie persoon as verkies verklaar. Indien meer as een kandidaat genomineer word, vind ʼn geheime stemming plaas en die voorsitter moet die kandidaat wat die meerderheid xxx xxxxxx ontvang van die lede wat teenwoordig is en gestem het, met een stem vir elke lid, as verkies verklaar. Indien geen kandidaat ʼn meerderheid xxx xxxxxx ontvang nie,
moet die kandidaat met laagste aantal stemme uitgeskakel word, en moet ʼn verdere stemming plaasvind met die oorblywende kandidate. Hierdie prosedure moet herhaal word tot ʼn kandidaat ʼn meerderheid van die stemme ontvang.
(4) Onderworpe aan die beëindiging van lidmaatskap van die Raad vanweë tydsverloop of andersins, beklee die voorsitter en ondervoorsitter hulle ampte vir vier jaar, en mag elkeen herverkies word, maar mag nie een die amp vir meer as drie agtereenvolgende termyne beklee nie.
(5) Wanneer die amp van voorsitter of ondervoorsitter vir xxxxx rede ook al vakant raak, moet die registrateur elke Raadslid skriftelik in xxxxxx xxxx, en die Raad moet ʼn voorsitter of ondervoorsitter by sy volgende gewone vergadering verkies.
(6) Die voorsitter en ondervoorsitter oefen die bevoegdhede uit en verrig die funksies wat in hierdie Statuut en die reëls uiteengesit word.
Vergaderings
13. (1) Die Raad moet ten minste twee gewone vergaderings in elke semester hou.
(2) Die voorsitter –
(a) mag ʼn buitengewone vergadering te enige tyd belê, en
(b) moet ʼn buitengewone vergadering belê op die skriftelike versoek van ten minste vyf Raadslede.
(3) Die doel van ʼn buitengewone vergadering moet duidelik gestel word en geen ander aangeleentheid mag tydens die vergadering hanteer word nie.
(4) Die registrateur moet redelike kennis van ʼn gewone of buitengewone vergadering gee.8
(5) Die voorsitter of, by afwesigheid van die voorsitter, die ondervoorsitter, sit voor op ʼn vergadering van die Raad. Indien albei afwesig is, moet die lede wat teenwoordig is uit eie geledere ʼn voorsitter vir daardie vergadering in ooreenstemming met klousule 12(1) verkies.
(6) Die kworum vir ʼn Raadsvergadering is een helfte, plus een, van die lede.
8 Sien voetnoot 7.
(7) Indien daar vir enige rede nie ʼn kworum is nie, verdaag die vergadering ná een uur na ʼn datum nie xxxxxx as 14 dae later nie, en by daardie vergadering vorm die lede wat teenwoordig is ʼn kworum.
(8) Die Raad moet ʼn besluit neem met ʼn meerderheid xxx xxxxxx van teenwoordige lede wat stem, met een stem vir elke lid. In die geval van ʼn staking van stemme, kan die voorsitter ʼn beslissende stem uitoefen, behalwe in ’n verkiesing, in xxxxx geval ʼn verdere stemming herhaaldelik gehou moet word totdat ʼn kandidaat, of die voorgeskrewe aantal kandidate, ʼn meerderheid xxx xxxxxx ontvang het.
(9) Die Raad moet die prosedures vir sy vergaderings en die vergaderings van sy komitees in ooreenstemming met die reëls vasstel.
(10) Die voorsitter mag enige persoon uitnooi om ʼn vergadering van die Raad by xx xxxx.
Verkiesing van Raadslede tot Senaat
14. Die Raad moet twee lede uit eie geledere tot die Senaat verkies in ooreenstemming met die reëls.
Uitvoerende komitee xxx Xxxx
15. (1) Daar is ʼn uitvoerende komitee van die Raad wat saamgestel is uit —
(a) die voorsitter van die Raad, wat die voorsitter van die uitvoerende komitee is;
(b) die ondervoorsitter van die Raad, wat die ondervoorsitter van die uitvoerende komitee is;
(c) die rektor; en
(d) twee ander lede van die Raad, van wie een nie ʼn werknemer of student van die Universiteit mag wees nie, wat deur die Raad in ooreenstemming met die reëls verkies is.
(2) ʼn Kworum vir ’n vergadering van die uitvoerende komitee is drie lede, waarvan ten minste twee lede nie ʼn werknemer of student van die Universiteit mag wees nie.
(3) Die uitvoerende komitee mag —
(a) die Raad adviseer oor enige aangeleentheid waarna in klousule 10 xxxxxx word, insluitende ʼn verslag van ʼn komitee van die Raad, uitgesonder die Eregradekomitee;
(b) enige dringende aangeleentheid namens die Raad hanteer, maar moet aan die Raad by sy volgende vergadering verslag doen;
(c) enige aangeleentheid hanteer wat die Raad die uitvoerende komitee magtig om te hanteer, in ooreenstemming met die Raad se magtiging.
SENAAT
Instelling en samestelling
16. (1) Daar is ʼn Senaat wat saamgestel is uit —
(a) die rektor;
(b) die viserektore;
(c) die uitvoerende bedryfshoof;
(d) die registrateur;
(e) twee lede wat deur die Raad uit eie geledere verkies is en wat nie werknemers of studente van die Universiteit is nie;
(f) die dekaan en visedekane van elke fakulteit;
(g) die professore van die Universiteit;
(h) vyf lede deur die medeprofessore uit eie geledere verkies;
(i) vyf lede uit eie geledere verkies deur die akademiese personeel wat nie professore of medeprofessore is nie;
(j) die SR-voorsitter, die Tygerberg SR-voorsitter, twee ander lede deur die SR uit eie geledere verkies, en die voorsitter van die Akademiesebelangeraad; en
(k) die bykomende akademiese of ander personeellede wat die Senaat vir hulle kundigheid mag aanwys.
(2) Die verteenwoordigendheid van die Senaat ten opsigte van ras, gender en gestremdheid moet behoorlik oorweeg word by die verkiesing, benoeming en aanstelling van Xxxxxxxxxxx.
Ampstermyne
17. (1) Die ampstermyn van ʼn lid waarna in klousule 16(1)(a), (b), (c), (d), (f), (g) en (k) xxxxxx word, duur voort vir so lank as wat die persoon die amp beklee.
(2) Die ampstermyn van ʼn lid waarna in klousule 16(1)(e), (h) en (i) xxxxxx word, is vier jaar.
(3) Die ampstermyn van ʼn studentelid waarna in klousule 16(1)(j) xxxxxx word, duur voort vir so lank as wat die persoon ʼn amp in die SR of relevante studenteliggaam beklee, maar die lidmaatskap eindig onmiddellik wanneer die lid ophou om ʼn geregistreerde student van die Universiteit xx xxxx.
(4) Die ampstermyn van ʼn lid waarna in subklousules (2) en (3) xxxxxx word, duur van die datum waarop die lid die amp aanvaar tot die datum waarop die ampstermyn verstryk.
(5) ʼn Persoon wie se ampstermyn verstryk het, mag weer verkies, benoem of aangewys word, maar geen persoon mag vir meer as drie opeenvolgende termyne xxxx xxx.
Vakatures
18. (1) Lidmaatskap van die Senaat word beëindig voor die verstryking van die relevante ampstermyn indien ʼn lid —
(a) skriftelik bedank by die registrateur;
(b) sy of haar amp ontruim, in die geval van ʼn lid waarna in klousule 16(1)(a), (b), (c), (d) en (f) xxxxxx word;
(c) ophou om ʼn werknemer van die Universiteit xx xxxx, in die geval van ʼn lid waarna in klousule 16(1)(g) en (k) xxxxxx word;
(d) ophou om ʼn lid van die liggaam of kategorie van persone xx xxxx wat die lid verkies het, in die geval van ʼn lid waarna in klousule 16(1)(e), (h), (i) en (j) xxxxxx word;
(e) vir drie opeenvolgende vergaderings van die Senaat afwesig is sonder dat daar vooraf verskoning gemaak is by en aanvaar is deur die voorsitter;
(f) insolvent deur ʼn geregshof verklaar is, of skuldig bevind is aan ʼn oortreding en gevonnis is tot gevangenisstraf van meer as 12 maande sonder die keuse van ʼn boete, maar ʼn persoon word nie as gevonnis beskou totdat ʼn xxxxx teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is, of die tyd vir ʼn xxxxx verstryk het nie;
(g) onbevoeg xxxx xx die funksies van ʼn lid van die Senaat te verrig; of
(h) in dissiplinêre verrigtinge teen die lid skuldig bevind word aan oortreding van ʼn gedragskode xxxx voorsien in klousule 11(1), of die reëls, wat lei tot die beëindiging van lidmaatskap in terme van die gedragskode.
(2) Die registrateur moet billike kennis9 op skrif aan die Senaat en aan die liggaam wat ʼn lid verkies, aangewys of benoem het, gee wanneer die lidmaatskap van die lid verstryk of vir enige rede beëindig word voor die verstryking van die ampstermyn.
(3) Die liggaam wat die lid bedoel in subklousule (2) verkies, aangewys of benoem het, moet ʼn vakature in ooreenstemming met klousule 16 en die reëls vul, en ʼn lid wat ʼn vakature vul wat ontstaan voor die verstryking van die betrokke ampstermyn word verkies, aangewys of benoem vir ʼn volle termyn in die betrokke amp.
Bevoegdhede en funksies
19. (1) Die Senaat is aanspreeklik teenoor die Raad vir die akademiese en navorsingsfunksies van die Universiteit, reguleer leer, onderrig, navorsing en akademiesesteunfunksies, en maak aanbevelings aan die Raad oor beleide rakende akademiese aangeleenthede.
(2) Die Senaat mag, spesifiek —
(a) met die goedkeuring van die Raad, die voorwaardes vir die verwerwing van kwalifikasies bepaal, besluit watter persone aan die voorwaardes voldoen, en die name aan die Raad voorlê;
(b) oor eksamens beheer uitoefen en toesig hou, in ooreenstemming met die reëls;
(c) aanbevelings aan die Xxxx xxxx oor die vorming of hersamestelling van fakulteite, departemente en ander akademiese strukture;
(d) die samestelling van fakulteitsrade in ooreenstemming met klousule 23(2) goedgekeur;
(e) aanbevelings aan die Xxxx xxxx oor die aanwysing van die dekaan van ʼn fakulteit;
(f) komitees bestaande uit Senaatslede, of Senaatslede en ander persone, aanwys om die Senaat by te staan met die verrigting van sy funksies;
(g) mag enige van sy bevoegdhede of funksies aan ʼn komitee, struktuur of werknemer van die Universiteit delegeer, maar die Xxxxxx xxx verantwoordelik vir die uitoefening van die bevoegdheid en die verrigting van die funksie wat so gedelegeer is.
Voorsitter en vergaderings
20. (1) Die rektor is die voorsitter van die Senaat.
(2) Indien die rektor afwesig is, dien ʼn viserektor genomineer deur die rektor as voorsitter by daardie vergadering, maar as die viserektore afwesig is, moet die lede teenwoordig ʼn voorsitter vir daardie vergadering uit eie geledere verkies.
(3) Die Senaat moet ten minste twee gewone vergaderings in elke semester hou.
(4) Die voorsitter –
(a) mag ʼn buitengewone vergadering te enige tyd belê, en
(b) moet ’n buitengewone vergadering op die skriftelike versoek van ten minste een derde van die lede van die Senaat belê. Die doel van ʼn buitengewone vergadering moet duidelik gestel word en geen ander aangeleentheid mag tydens die vergadering hanteer word nie.
(5) Die registrateur moet redelike kennis van ʼn gewone of buitengewone vergadering gee.10
(6) Die kworum vir ʼn Senaatsvergadering is een derde van die lede.
(7) Indien daar vir enige rede nie ʼn kworum is nie, verdaag die vergadering ná een uur na ʼn datum van nie xxxxxx as vyf werksdae later nie, en by daardie vergadering vorm die lede wat teenwoordig is ʼn kworum.
(8) Die Senaat moet ʼn besluit neem met ʼn meerderheid xxx xxxxxx van teenwoordige lede wat stem, met een stem vir elke lid. In die geval van ʼn staking van stemme, kan die voorsitter ʼn beslissende stem uitoefen, behalwe in ’n verkiesing, in xxxxx geval ʼn verdere stemming herhaaldelik gehou moet word totdat ʼn kandidaat, of die voorgeskrewe aantal kandidate, ʼn meerderheid xxx xxxxxx ontvang het.
(9) Die Senaat moet die prosedures vir sy vergaderings en die vergaderings van sy komitees in ooreenstemming met die reëls bepaal.
(10) Die voorsitter mag enige persoon uitnooi om ʼn vergadering van die Senaat by xx xxxx.
Verkiesing van Senaatslede tot die Raad
21. Die Senaat moet een lid uit eie geledere tot die Raad verkies in ooreenstemming met die reëls.
Uitvoerende komitee van Senaat
22. (1) Daar is ʼn uitvoerende komitee van die Senaat saamgestel uit —
(a) die rektor;
(b) die viserektore;
(c) die uitvoerende bedryfshoof;
(d) die registrateur; en
(e) die dekane van die fakulteite.
(2) Die uitvoerende komitee mag —
(a) die Senaat adviseer oor enige aangeleentheid waarna in klousule 19 xxxxxx word;
(b) aanbevelings aan die Senaat maak oor die verslae van alle Senaatskomitees;
(c) enige dringende aangeleentheid namens die Senaat hanteer, maar moet aan die Senaat by sy volgende vergadering verslag doen;
(d) enige aangeleentheid hanteer wat die Senaat die uitvoerende komitee magtig om te hanteer, in ooreenstemming met die Senaat se magtiging.
FAKULTEITSRADE
Instelling en samestelling
23. (1) Die Senaat moet vir elke fakulteit ʼn vaste komitee van die Senaat instel wat bekend staan as ʼn fakulteitsraad.
(2) Die samestelling van ʼn fakulteitsraad moet deur die fakulteitsraad vasgestel word en deur die Senaat goedgekeur word ingevolge klousule 19(2)(d), maar —
(a) akademiese personeel, nie-akademiese personeel, en studente moet op ʼn fakulteitsraad verteenwoordig word; en
(b) die verteenwoordigendheid van ʼn fakulteitsraad ten opsigte van ras, gender en gestremdheid moet behoorlik oorweeg word.11
Bevoegdhede en funksies
24. (1) ʼn Fakulteitsraad —
(a) is aanspreeklik teenoor, en moet aanbevelings maak aan, die Senaat ten opsigte van akademiese programme en aktiwiteite in die fakulteit;
(b) moet voorstelle aan die Senaat maak vir die maak van reëls van toepassing op die fakulteit;
(c) moet die Senaat inlig of doktorale kandidate aan die voorgeskrewe voorwaardes en vereistes voldoen;
(d) moet advies oor enige aangeleentheid gee, en enige funksies verrig, wat die Senaat na die fakulteitsraad xxxxxx.
(2) Die Senaat mag, ná oorlegpleging met die betrokke fakulteitsrade, reëls maak ten opsigte van akademiese programme en eksamens.
11 Die idee is vir fakulteitsrade om hulle eie samestelling binne hierdie raamwerk vas te stel.
Vergaderings
25. (1) ʼn Vergadering van ʼn fakulteitsraad moet voor elke gewone vergadering van die Senaat gehou word.
(2) Die voorsitter –
(a) mag ʼn buitengewone vergadering te eniger tyd belê, en
(b) moet ’n buitengewone vergadering op die skriftelike versoek van ten minste een derde van die lede van die fakulteitsraad belê. Die doel van ʼn buitengewone vergadering moet duidelik gestel word en geen ander aangeleentheid mag tydens die vergadering hanteer word nie.
(3) Die dekaan tree op as voorsitter by ʼn vergadering van die fakulteitsraad. Indien die dekaan afwesig is, tree die vise-/adjunkdekaan, of ʼn adjunkdekaan verkies deur die fakulteitsraad, as voorsitter by daardie vergadering op. Indien beide die voorsitter en die ondervoorsitter afwesig is by ʼn vergadering, moet die lede teenwoordig ʼn voorsitter vir daardie vergadering uit eie geledere verkies.
(4) Die kworum vir ʼn fakulteitsraadvergadering is een helfte, plus een, van die lede.
(5) Indien daar vir enige rede nie ʼn kworum is nie, verdaag die vergadering ná een uur na ʼn datum van nie xxxxxx as 14 dae later nie, en by daardie vergadering vorm die lede wat teenwoordig is ʼn kworum.
(6) ʼn Fakulteitsraad moet ʼn besluit neem met ʼn meerderheid xxx xxxxxx van teenwoordige lede wat stem, met een stem vir elke lid. In die geval van ʼn staking xxx xxxxxx, mag die voorsitter ʼn beslissende stem uitoefen, behalwe in ʼn verkiesing, in xxxxx geval ʼn verdere stemming herhaaldelik gehou moet word totdat ʼn kandidaat, of die voorgeskrewe aantal
kandidate, ʼn meerderheid xxx xxxxxx ontvang het.
(7) ʼn Fakulteitsraad moet die prosedures vir sy vergaderings in ooreenstemming met die reëls bepaal.
(8) Die voorsitter mag enige persoon uitnooi om ʼn vergadering van die fakulteitsraad by xx xxxx.
STUDENTERAAD
Instelling en samestelling
26. (1) Daar is ʼn Studenteraad (SR) wat die belange van die studentegemeenskap verteenwoordig.
(2) Die studentegrondwet moet deur die Raad goedgekeur word en moet die lidmaatskap, samestelling en verkiesing van die SR, sowel as die prosedure vir die wysiging van die grondwet, omskryf.12
(3) Daar moet elke jaar ’n SR-verkiesing gehou word, en ʼn lid dien vanaf die totstandkoming van ʼn SR totdat die volgende SR tot stand kom, maar mag vir meer as een termyn verkies word. Indien die verkiesing van lede van die SR nie op die bestemde tyd afgehandel is nie, of die SR nie behoorlik ná ʼn verkiesing tot stand gekom het nie, verstryk lidmaatskap van die SR wanneer ʼn interim-SR tot stand kom, xxxx voorsien in klousule 28, of wanneer ʼn ander gepaste reëling kragtens klousule 28 getref word.
Bevoegdhede en funksies
27. Die SR —
(a) koördineer georganiseerde studentelewe aan die Universiteit;
(b) verteenwoordig die studentegemeenskap in die Raad ingevolge klousule 6(g), die Senaat ingevolge klousule 16(1)(j), die Institusionele Forum ingevolge klousule 29(2)(c)(i), en enige ander voorgeskrewe universiteitstruktuur of -forum;
(c) verteenwoordig die studentegemeenskap in nasionale en internasionale studenteliggame;
(d) hou toesig oor die nakoming van die studentegrondwet.13
12 Die Raad neem die finale verantwoordelikheid daarvoor, maar die studentegrondwet mag vir sy eie wysigingsprosedures voorsiening maak.
13 Dit is ʼn uitvoerende funksie wat nie met beslissings deur die studentehof in ooreenstemming die studentegrondwet verwar moet word nie.
Voortsetting van funksies
28. (1) ʼn Interim-SR moet in ooreenstemming met die studentegrondwet verkies word indien geen verkiesing vir lede van die SR op die bestemde tyd plaasvind nie, of die SR nie behoorlik ná ʼn verkiesing tot stand gekom het nie, of die SR ontbind of nalaat om sy voorgeskrewe pligte en funksies uit te voer.14
(2) Die Raad, ná oorlegpleging met die SR, moet reëls maak om die voortgesette verrigting van funksies van die SR te verseker, indien —
(a) ʼn verkiesing vir lede van ʼn interim-SR nie op die bestemde tyd afgehandel is nie;
(b) die interim-SR nie behoorlik tot stand gekom het nie; of
(c) die interim-SR ontbind of nalaat om sy voorgeskrewe pligte en funksies uit te voer.
INSTITUSIONELE FORUM
Instelling en samestelling
29. (1) Daar is ʼn Institusionele Forum wat uit 23 lede saamgestel is, waarvan die lede uit elkeen van die volgende sektore kom – oorsig en bestuur, personeel, studente, en die gemeenskap.15
(2) Die sektore van die lidmaatskap van die Institusionele Forum word as volg saamgestel:
(a) Oorsig- en bestuursektor:
(i) een lid deur die Raad uit eie geledere verkies;
(ii) twee lede deur die Senaat uit eie geledere verkies;
(iii) die registrateur of ’n persoon wat deur die registrateur aangewys is;
(iv) die senior direkteur verantwoordelik vir
gemeenskapsbetrekkinge of ’n persoon wat deur die senior direkteur aangewys is; en
14 Sien klousule 26(3).
15 Sien artikel 31 van die Wet.
(v) die direkteur verantwoordelik vir diensbillikheid of ’n persoon wat deur die direkteur aangewys is.
(b) Personeelsektor:
(i) twee lede wat deur die permanente nie-professorale akademiese personeel uit eie geledere verkies is;
(ii) twee lede wat deur die professionele en administratiewe steundienspersoneel uit eie geledere verkies is;
(iii) een lid wat deur die tegniesesteundienspersoneel uit eie geledere verkies is; en
(iv) een lid wat deur die personeel op posvlak 12 – 19 uit eie geledere verkies is, uitgesluit die professionele en administratiewe steundienspersoneel, en die tegniesesteundienspersoneel.
(c) Studentesektor:
(i) twee lede wat deur die SR uit eie geledere verkies is;
(ii) een lid wat deur die TSR uit eie geledere verkies is;
(iii) een lid wat deur die Primkomitee uit eie geledere verkies is;
(iv) een lid wat deur die Verenigingsraad uit eie geledere verkies is; en
(v) een lid wat deur die Akademiesebelangeraad uit eie geledere verkies is
(d) Gemeenskapsektor:
(i) een lid van die Konvokasie, wat nie ʼn werknemer of student van die Universiteit mag wees nie, wat deur die Konvokasie verkies is;
(ii) vier lede, wat nie werknemers of studente van die Universiteit mag wees nie, wat elkeen benoem is deur ’n liggaam wat die burgerlike samelewing verteenwoordig, xxxx geïdentifiseer deur die Institusionele Forum op die aanbeveling van die senior direkteur verantwoordelik vir gemeenskapsbetrekkinge.
Ampstermyne
30. (1) Die ampstermyn van ʼn lid, buiten ʼn lid wat deur ʼn studenteliggaam verkies is, is twee kalenderjare, en geen lid mag vir meer as drie opeenvolgende termyne xxxx xxx.
(2) Nie alle lede mag in dieselfde jaar verkies of benoem word nie.
(3) Die ampstermyn van ʼn lid wat deur ʼn studenteliggaam verkies is, is een jaar, in ooreenstemming met sy of haar termyn in die betrokke studenteliggaam.
Bevoegdhede en funksies
31. (1) Die Institusionele Forum moet —
(a) die Raad adviseer oor ─16
(i) die implementering van die Wet en die nasionale beleid oor hoër onderwys;
(ii) ras- en genderbillikheidsbeleide;
(iii) die seleksie van kandidate vir seniorbestuursposte;
(iv) gedragskodes, mediasie en geskilbeslegtingsprosedures; en
(v) die kweek van ʼn institusionele kultuur wat verdraagsaamheid en respek vir fundamentele menseregte bevorder en geskikte omstandighede vir leer, onderrig en navorsing daarstel; en
(b) die Raad oor enige ander aangeleentheid adviseer en enige ander funksie uitvoer, xxxx xxxx die Xxxx bepaal.
(2) Die Raad mag slegs ná oorlegpleging met die Institusionele Forum ʼn besluit neem oor enige aangeleentheid waarna in subklousule (1) xxxxxx word.
(3) Die Raad moet advies van die Institusionele Forum oorweeg, en moet geskrewe redes verskaf indien die advies nie aanvaar word nie.17
Voorsitters en vergaderings
32. (1) Die Institusionele Forum moet elke twee jaar uit eie geledere ’n voorsitter en ondervoorsitter verkies, maar hulle mag nie vir meer as drie opeenvolgende termyne xxxx xxx.
16 Xxxx a 31(1) van die Wet.
17 Sien a 31(1A) van die Wet, xxxx ingevoeg deur Wet 9 van 2016.
(2) Die Institusionele Forum moet vergader op die datums bepaal deur die registrateur.
(3) Die voorsitter –
(a) mag ʼn buitengewone vergadering te enige tyd belê, en
(b) moet ’n buitengewone vergadering op die skriftelike versoek van ten minste een derde van die lede van die Institusionele Forum belê. Die doel van ʼn buitengewone vergadering moet duidelik gestel word en geen ander aangeleentheid mag tydens die vergadering hanteer word nie.
(4) Indien beide die voorsitter en ondervoorsitter by ʼn vergadering afwesig is, moet die teenwoordige lede ʼn voorsitter vir daardie vergadering uit eie geledere verkies.
(5) Die kworum vir ʼn vergadering is een helfte, plus een, van die lede.
(6) Indien daar vir enige rede nie ʼn kworum is nie, verdaag die vergadering ná een uur na ʼn datum van nie xxxxxx as 14 dae later nie, en by daardie vergadering vorm die lede wat teenwoordig is ʼn kworum.
(7) Die Institusionele Forum moet ʼn besluit neem met ʼn meerderheid xxx xxxxxx van teenwoordige lede wat stem, met een stem vir elke lid. In die geval van ʼn staking xxx xxxxxx, mag die voorsitter ʼn beslissende stem uitoefen, behalwe in ʼn verkiesing, in xxxxx geval ʼn verdere stemming herhaaldelik gehou moet word totdat ʼn kandidaat ʼn meerderheid xxx xxxxxx ontvang het.
(8) Die Institusionele Forum moet die prosedures vir sy vergaderings in ooreenstemming met die reëls bepaal.
Uitvoerende komitee van Institusionele Forum
33. (1) Die uitvoerende komitee van die Institusionele Forum word saamgestel uit —
(a) die voorsitter en ondervoorsitter; en
(b) een persoon wat tweejaarliks in ooreenstemming met die reëls verkies word xxxx xxxx sektor waarna in klousule 29(2) xxxxxx word, behalwe in die geval van die studentesektor waar ʼn persoon jaarliks verkies moet word.
(2) Die uitvoerende komitee mag —
(a) die Institusionele Forum adviseer oor enige aangeleentheid waarna in klousule 31(1) xxxxxx word;
(b) enige dringende aangeleentheid namens die Institusionele Forum hanteer, maar moet aan die Forum by sy volgende vergadering verslag doen;
(c) enige ander aangeleentheid hanteer wat die Institusionele Forum die uitvoerende komitee magtig om te hanteer, in ooreenstemming met die Forum se magtiging.
(3) Die kworum vir ʼn vergadering van die uitvoerende komitee is een helfte, plus een, van die lede. Die uitvoerende komitee moet ʼn besluit neem met ʼn meerderheid xxx xxxxxx van teenwoordige lede wat stem, met een stem vir elke lid. In die geval van ʼn staking xxx xxxxxx, mag die
voorsitter ʼn beslissende stem uitoefen.
REKTOR SE BESTUURSPAN
Samestelling en pligte
34. (1) Die rektor se bestuurspan moet die rektor met die bestuur en administrasie van die Universiteit bystaan, en word saamgestel uit —
(a) die rektor;
(b) die viserektore;
(c) die uitvoerende bedryfshoof;
(d) die registrateur; en
(e) die persone deur die rektor benoem.
(2) Die rektor se bestuurspan moet ʼn algemene bestuurdersvergadering aanwys, en mag ook ander komitees aanwys, om die rektor se bestuurspan in die uitvoering van sy funksies te ondersteun.
ALGEMENE BESTUURDERSVERGADERING
Samestelling en pligte
35. Die algemene bestuurdersvergadering adviseer die rektor se bestuurspan oor aangeleenthede wat die bestuur en administrasie van die Universiteit raak, en word saamgestel uit —
(a) die rektor se bestuurspan;
(b) die dekane;
(c) hoofdirekteure en senior direkteure; en
(d) die persone deur die rektor se bestuurspan aangewys.
HOOFSTUK 3 AMPSDRAERS
KANSELIER
Pligte
36. Die kanselier is die titulêre hoof van die Universiteit en alle grade toegeken deur die Universiteit word in die naam van die kanselier toegeken.
Vereistes
37. ʼn Kandidaat vir die amp van kanselier moet ʼn geskikte en gepaste persoon wees.
Verkiesing
38. (1) Die kanselier word verkies deur ’n kieskollege wat uit die Raadslede en die lede van die Uitvoerende Komitee van die Senaat bestaan.
(2) Wanneer ʼn kanselier verkies moet word, moet die registrateur redelike kennis18 in die media en elders gee, die datum van die verkiesing spesifiseer, en ʼn beroep op Konvokasielede doen om geskikte kandidate teen ʼn sperdatum te nomineer.
(3) ʼn Nominasie moet op skrif wees, minstens drie weke voor die verkiesing by die registrateur ingedien word, en onderteken wees deur ten minste 20 Konvokasielede en vergesel word van ʼn ondertekende verklaring deur die genomineerde dat hy of sy die nominasie aanvaar.
(4) Die kieskollege oorweeg die nominasies by ʼn vergadering waar die voorsitter van die Raad of, in die afwesigheid van die voorsitter, die ondervoorsitter as voorsitter optree. Indien albei afwesig is, moet die oorblywende lede van die kieskollege ʼn voorsitter uit eie geledere verkies.
(5) Die kworum vir ʼn vergadering van die kieskollege is een helfte, plus een, van sy lede.
(6) Indien slegs een kandidaat genomineer word, moet die voorsitter daardie persoon as verkose kanselier verklaar. Indien meer as een kandidaat genomineer word, vind ʼn geheime stemming plaas en die voorsitter moet die kandidaat wat die meerderheid xxx xxxxxx ontvang van die teenwoordige lede wat stem, met een stem vir elke lid, as verkose kanselier verklaar. Indien geen kandidaat ʼn meerderheid xxx xxxxxx ontvang nie, moet die kandidaat met die laagste aantal stemme uitgeskakel word, en ʼn verdere stemming moet plaasvind oor die oorblywende kandidate. Hierdie prosedure moet herhaal word totdat ʼn kandidaat ʼn meerderheid van die stemme ontvang.
Ampstermyn
39. (1) Die ampstermyn van die kanselier is vyf jaar, en die kanselier mag weer vir een verdere opeenvolgende termyn verkies word.
(2) Die Raad mag die kanselier van die amp onthef met ʼn tweederdemeerderheid van al die Raadslede op grond van ʼn ernstige oortreding van die reg, ernstige wangedrag, of ongeskiktheid.
18 Sien voetnoot 7.
(3) ʼn Vakature in die amp van kanselier moet in ooreenstemming met klousule 38 gevul word, en die persoon word vir ʼn volle termyn verkies.
REKTOR EN VISEKANSELIER
Pligte en aanspreeklikheid
40. (1) Die rektor en visekanselier is die hoof van die Universiteit.19
(2) Die rektor is verantwoordelik vir die bestuur en administrasie van die Universiteit en is aanspreeklik teenoor die Raad.
Aanstelling
41. (1) Die Raad moet, ná oorlegpleging met die Senaat en die Institusionele Forum, die rektor ooreenkomstig die prosedures voorgeskryf in die reëls aanstel, en moet die pligte, funksies, voorregte en diensvoorwaardes van die rektor vasstel.
(2) ʼn Kandidaat vir die amp van rektor moet ʼn geskikte en gepaste persoon wees, wat bevoeg en na behore gekwalifiseer en ervare vir die amp is.
Ampstermyn
42. (1) Die rektor mag die amp beklee vir ʼn tydperk, xxxx xxxx die Xxxx bepaal, van nie meer as vyf jaar nie, en mag weer vir een verdere opeenvolgende termyn aangestel word, waarna die persoon opnuut vir die amp aansoek mag doen.
(2) Die Raad mag die rektor van die amp onthef met ʼn tweederdemeerderheidstem van al die Raadslede op grond van ʼn ernstige oortreding van die reg, ernstige wangedrag, of ongeskiktheid.
(3) ʼn Vakature in die amp van rektor moet in ooreenstemming met klousule 41 gevul word.
(4) Wanneer die amp van rektor xxxxxx is of die rektor ongeskik is om die pligte van rektor uit te voer, tree die uitvoerende bedryfshoof, of ʼn viserektor deur die Raad aangewys, as rektor op.
19 Sien artikel 30 van die Wet.
VISEREKTORE EN ONDERVISEKANSELIERS
Aanstelling, pligte en ampstermyn
43. (1) Die Raad moet een of meer viserektore (of ondervisekanseliers), wat die adjunkhoofde is,20 aanstel ná oorlegpleging met die Senaat en die Institusionele Forum en ooreenkomstig die prosedures voorgeskryf in die reëls, en moet die pligte, funksies, voorregte en diensvoorwaardes van ʼn viserektor vasstel.
(2) ʼn Viserektor mag die amp beklee vir ʼn tydperk, xxxx xxxx die Xxxx bepaal, van nie meer as vyf jaar nie, en mag weer vir een verdere opeenvolgende termyn aangestel word, waarna die persoon opnuut vir die amp aansoek mag doen.
(3) ʼn Viserektor is aanspreeklik teenoor die rektor en die Raad.
(4) Die Raad mag ʼn viserektor van die amp onthef met ʼn tweederdemeerderheidstem van al die Raadslede op grond van ʼn ernstige oortreding van die reg, ernstige wangedrag, of ongeskiktheid.
(5) ʼn Vakature in die amp van viserektor moet in ooreenstemming met subklousules (1) en (2) gevul word.
(6) Wanneer die amp van viserektor vakant is of ʼn viserektor ongeskik is om sy of haar pligte uit te voer, tree ʼn persoon aangewys deur die rektor as viserektor op.
UITVOERENDE BEDRYFSHOOF
Aanstelling, pligte en ampstermyn
44. (1) Die Raad moet ʼn uitvoerende bedryfshoof aanstel ná oorlegpleging met die Senaat en die Institusionele Forum en ooreenkomstig die prosedures voorgeskryf in die reëls, en moet die pligte, funksies, voorregte en diensvoorwaardes van die uitvoerende bedryfshoof vasstel.
20 Sien artikels 27(4)(b) en 28(2)(b) van die Wet.
(2) Die uitvoerende bedryfshoof mag die amp beklee vir ʼn tydperk, xxxx xxxx die Xxxx bepaal, van nie meer as vyf jaar nie, en mag weer aangestel word wanneer die ampstermyn verstryk.
(3) Die uitvoerende bedryfshoof is aanspreeklik teenoor die rektor en die Raad.
(4) Die Raad mag die uitvoerende bedryfshoof van die amp onthef met ʼn tweederdemeerderheidstem van al die Raadslede op grond van ʼn ernstige oortreding van die reg, ernstige wangedrag, of ongeskiktheid.
(5) ʼn Vakature in die amp van uitvoerende bedryfshoof moet in ooreenstemming met subklousules (1) en (2) gevul word.
(6) Wanneer die amp van uitvoerende bedryfshoof vakant is of die uitvoerende bedryfshoof ongeskik is om sy of haar pligte uit te voer, tree ʼn persoon aangewys deur die rektor as uitvoerende bedryfshoof op.
REGISTRATEUR
Aanwysing, pligte en ampstermyn
45. (1) Die registrateur is verantwoordelik aan die rektor vir die akademiese administrasie van die Universiteit.
(2) Die registrateur is die sekretaris van die Raad, die Senaat en die rektor se bestuurspan, ondersteun die goeie oorsigbestuur en administrasie van die Universiteit, en verseker nakoming van die Wet, die Statuut, en relevante beleide en reëls van die Universiteit.
(3) Die registrateur mag aan die besprekings van die Raad, die Senaat en die rektor se bestuurspan deelneem, maar mag slegs in die Senaat en die rektor se bestuurspan stem.
(4) Die Raad moet ooreenkomstig die reëls ʼn registrateur aanstel, moet die pligte, funksies, voorregte en diensvoorwaardes van die registrateur vasstel, en moet die ampstermyn, van nie meer as vyf jaar nie, vasstel. Die registrateur mag weer aangestel word wanneer die ampstermyn verstryk.
(5) Die registrateur is aanspreeklik teenoor die rektor, en wat betref die pligte en funksies ten opsigte van ʼn bepaalde liggaam, teenoor daardie liggaam.
(6) Die Raad mag die registrateur van die amp onthef met ʼn tweederdemeerderheidstem van al die Raadslede op grond van ʼn ernstige oortreding van die reg, ernstige wangedrag, of ongeskiktheid.
(7) ʼn Vakature in die amp van registrateur moet in ooreenstemming met subklousule (4) gevul word.
DEKANE
Aanstelling, pligte en ampstermyn
46. (1) Die Raad moet ʼn dekaan van ʼn fakulteit ná oorlegpleging met die Senaat en ooreenkomstig die reëls aanstel, en moet die ampstermyn en die pligte, funksies, voorregte en diensvoorwaardes vasstel.
(2) ʼn Dekaan is aanspreeklik teenoor die rektor of die viserektor deur die rektor aangewys.
(3) Die Raad mag ʼn dekaan van die amp onthef met ʼn tweederdemeerderheidstem van al die Raadslede op grond van ʼn ernstige oortreding van die reg, ernstige wangedrag, of ongeskiktheid.
(4) ʼn Vakature in die amp van dekaan moet in ooreenstemming met subklousule (1) gevul word.
(5) Wanneer die amp van dekaan vakant is of ʼn dekaan ongeskik is om sy of haar pligte uit te voer, tree ʼn persoon deur die rektor aangewys as dekaan op.
HOOFSTUK 4
DIE KONVOKASIE
Samestelling van Konvokasie
47. (1) Die Konvokasie van die Universiteit word saamgestel uit —
(a) alle persone aan wie ʼn kwalifikasie by ʼn kongregasie van die Universiteit toegeken is;
(b) die rektor, die viserektore, uitvoerende bedryfshoof en die voltydse akademiese personeel van die Universiteit; en
(c) voormalige voltydse personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree- ouderdom bereik het.
(2) Die registrateur moet die ledelys van die Konvokasie waarna in subklousule (1) xxxxxx word, byhou. ʼn Lid moet die registrateur van ʼn adresverandering in xxxxxx xxxx.
(3) Die ledelys is afdoende bewys van lidmaatskap van die Konvokasie, en slegs ʼn persoon wie se naam op die ledelys verskyn, mag stem.
(4) ʼn Lid van die Konvokasie mag skriftelik bedank by die registrateur. ʼn Persoon mag skriftelik by die registrateur aansoek doen om as ʼn lid hertoegelaat te word, en die registrateur moet die aangeleentheid aan die uitvoerende komitee van die Konvokasie vir beslissing voorlê.
Doel en funksies
48. (1) Die doel van die Konvokasie is om die welsyn van die Universiteit te bevorder deur ʼn wedersyds voordelige verhouding tussen die Universiteit en sy alumni te handhaaf, en mag die Raad, en die Senaat wanneer gepas, in hierdie verband adviseer.
(2) Die Konvokasie mag lede tot die Raad en die Institusionele Forum in ooreenstemming met klousules 6(j) en 29(2)(d)(i) verkies.
Vergaderings
49. (1) Die president of, in die afwesigheid van die president, die visepresident moet ʼn jaarvergadering van die Konvokasie belê.
(2) Die president moet op skriftelike versoek van ten minste 100 lede ’n buitengewone vergadering belê. Die doel van ʼn buitengewone vergadering moet duidelik gestel word en geen ander aangeleentheid mag tydens die vergadering hanteer word nie.
(3) Die sekretaris moet billike kennis21 van ʼn vergadering gee, en die kennisgewing moet die agenda insluit, ooreenkomstig die prosedures voorgeskryf in die reëls.
(4) Die president of, in die afwesigheid van die president, die visepresident, sit voor op ʼn vergadering van die Konvokasie. Indien albei afwesig is, moet die teenwoordige lede uit eie geledere ʼn voorsitter vir daardie vergadering verkies.
(5) Die kworum vir ʼn vergadering van die Konvokasie is 250 lede. Indien daar vir enige rede nie ʼn kworum is nie, verdaag die vergadering ná een uur na ʼn datum van nie xxxxxx as 14 dae later nie, en by daardie vergadering vorm die lede wat teenwoordig is ʼn kworum.
(6) Die Konvokasie moet ʼn besluit neem met ʼn meerderheid xxx xxxxxx van teenwoordige of deelnemende lede, met een stem vir elke lid. In die geval van ʼn staking xxx xxxxxx, mag die voorsitter ʼn beslissende stem uitoefen, behalwe in ʼn verkiesing, in xxxxx geval ʼn verdere stemming herhaaldelik gehou moet word totdat ʼn kandidaat, of die voorgeskrewe aantal kandidate, ʼn meerderheid xxx xxxxxx ontvang het.
(7) Die Konvokasie moet prosedurereëls vir sy vergaderings bepaal. Die sekretaris moet die notule van ʼn vergadering by die registrateur indien.
(8) Die registrateur moet advies wat van die Konvokasie ingevolge klousule 48(1) ontvang word aan die Raad, sowel as die Senaat wanneer toepaslik, voorlê.
(9) Vir die toepassing van hierdie klousule, moet ʼn vergadering die virtuele deelname van lede insluit. Die Universiteit moet binne beskikbare
21 Sien voetnoot 7.
hulpbronne redelike stappe doen vir die progressiewe verwesenliking van die hoogste moontlike vlak van deelname.
Verkiesings
50. Die Konvokasie moet lede tot die Raad en die Institusionele Forum in ooreenstemming met die prosedures vasgestel in die reëls verkies.
Uitvoerende komitee van Konvokasie
51. (1) Die Konvokasie verkies uit eie geledere ʼn president, ʼn visepresident, ʼn sekretaris, en twee ander lede, wat die uitvoerende komitee van die Konvokasie uitmaak.
(2) ʼn Lid van die uitvoerende komitee beklee die amp vir twee jaar, of tot die volgende vergadering van die Konvokasie indien daar voor die verstryking van die lid se ampstermyn geen vergadering van die Konvokasie gehou is nie, maar mag weer verkies word vir nie meer as drie opeenvolgende termyne nie. Die Konvokasie mag lede se ampstermyne aanpas om kontinuïteit van lidmaatskap van die uitvoerende komitee te verseker.
(3) Wanneer daar ʼn vakature in die amp van president ontstaan, tree die visepresident as president op totdat ʼn president by die volgende gewone vergadering van die Konvokasie verkies word. In die geval van enige ander vakature in die uitvoerende komitee, moet die Konvokasie ʼn opvolger by sy volgende gewone vergadering verkies.
(4) Die uitvoerende komitee ondersteun die Konvokasie in die uitvoering van sy funksies ingevolge klousule 48 en gee uitvoering aan besluite van die Konvokasie, en moet aan die Konvokasie by sy volgende vergadering verslag doen.
HOOFSTUK 5
DONATEURS
Erkenning
52. (1) Die Raad mag ʼn persoon of instelling as ʼn lid van die kieskollege van donateurs erken vir ʼn tydperk vasgestel deur die Raad wanneer die persoon of instelling ʼn skenking aan die Universiteit maak wat gelyk is aan ʼn bedrag wat van tyd tot tyd in die reëls vasgestel word.
(2) Die registrateur moet ʼn lys van die name en adresse van donateurs byhou, en van die naam van die persoon wat namens ʼn instelling wat ingevolge subklousule (1) erken word, xxx stem.
Verkiesing deur donateurs
53. Die kieskollege van donateurs moet lede tot die Raad in ooreenstemming met die prosedures vasgestel in die reëls verkies.
HOOFSTUK 6 WERKNEMERS
Aanstelling en voorwaardes
54. (1) Die Raad moet akademiese, administratiewe-ondersteunings- en tegniese werknemers in ooreenstemming met die toepaslike wetgewing en die indiensnemingsbeleide van die Universiteit aanstel, en moet die salarisse en ander vorme van vergoeding van werknemers, en ander diensbepalings en -voorwaardes, insluitende dissiplinêre maatreëls, vasstel.
(2) ʼn Akademiese werknemer moet ná oorlegpleging met die Senaat aangestel word.
(3) By aanstelling en jaarliks daarna, moet elke werknemer moontlike belangebotsings voortspruitend uit finansiële belange en fidusiêre xxxxx verklaar.
(4) ʼn Akademiese werknemer aan wie ʼn aanstelling in ʼn bestuurspos gebied word, is geregtig op ʼn kontraktuele bepaling, onderworpe aan sodanige voorwaardes xxxx ooreengekom, met betrekking tot die terugkeer of nie na ʼn akademiese pos ná die beëindiging van die kontrak.
(5) Onderworpe aan toepaslike wetgewing, mag werknemers afgedank word op grond van —
(a) operasionele vereistes;
(b) ernstige oortreding van die reg of ernstige wangedrag; of
(c) ongeskiktheid.
Verteenwoordigende werknemersorganisasies
55. Die Raad mag verteenwoordigende werknemersorganisasies erken en met sodanige organisasies ooreenkomste oor salarisse, diensbepalings
en -voorwaardes en verwante aangeleenthede aangaan ingevolge die toepaslike arbeids- en indiensnemingswetgewing.
HOOFSTUK 7 STUDENTE
Toelating en registrasie
56. (1) Ten einde ʼn student van die Universiteit xx xxxx, xxxx ʼn xxxxxxx tot die Universiteit toegelaat wees en vir ʼn module, of vir ʼn program wat lei tot die verwerwing van ʼn kwalifikasie geregistreer wees.
(2) Die Raad mag die maksimum aantal studente wat geregistreer mag wees met die instemming van die Senaat bepaal.
(3) Die Raad, met die instemming van die Senaat, mag keuringstoetse of ʼn spesifieke standaard van akademiese bekwaamheid voorskryf as verdere toelatingsvereistes vir studie aan die Universiteit.
(4) ʼn Student wat toegelaat is tot en geregistreer is aan die Universiteit hou aan om ʼn student van die Universiteit xx xxxx vir die duur van die akademiese program, of tot die tydstip wat die student of die Universiteit die registrasie ingevolge die reëls beëindig.
(5) Ten einde met studies aan die Universiteit voort te gaan, moet ʼn terugkerende student jaarliks ingevolge die reëls herregistreer.
(6) ʼn Student wie se studies sonder toestemming vir ʼn jaar of xxxxxx onderbreek is, moet opnuut vir toelating aansoek doen ten einde geherregistreer te word.
(7) Die Raad, ná oorlegpleging met die Senaat, mag vereistes vir die hertoelating van ʼn student stel en mag hertoelating xxxxx xxxxx daar aan sodanige vereistes voldoen is.
(8) ʼn Persoon wat tot die Universiteit toegelaat is, en die voorneme demonstreer om as ʼn student met die Universiteit geassosieer xx xxxx xxxx universiteitsfasiliteite te gebruik of aan universiteitsaktiwiteite xxxx xx neem, is onderworpe aan die reëls.
Dissipline
57. (1) Die Raad, ná oorlegpleging met die Senaat en die SR, moet reëls ten opsigte van studentedissipline maak en die reëls moet in die Dissiplinêre Kode vir Studente gestipuleer word.
(2) Die rektor is verantwoordelik vir studentedissipline en moet ʼn jaarlikse verslag oor studentedissipline aan die Raad en die Senaat voorlê.
(3) ʼn Student of ʼn xxxxx xxxxxxx aangedui is onderworpe aan die dissiplinêre reëls en prosedures verskaf in die Dissiplinêre Kode vir Studente en toegepas deur die toepaslike dissiplinêre liggame wat in die Kode voorsien word.
HOOFSTUK 8 KWALIFIKASIES EN EREGRADE
Gesag van Universiteit
58. (1) Die Universiteit mag die kwalifikasies wat deur die Raad op aanbeveling van die Senaat vasgestel is, en wat ingevolge die Wet en ander betrokke wetgewing goedgekeur, geakkrediteer en geregistreer is, en wat in die reëls van die Universiteit vervat is, toeken en uitreik.
(2) Die Senaat mag ʼn persoon vrystel van die vereistes vir ʼn kwalifikasie ten opsigte van bywoning en eksamens in die geval van ʼn student wat gegradueer of ʼn kwalifikasie verwerf het van, of ʼn module voltooi het aan, ʼn ander fakulteit of ʼn ander hoëronderwysinstelling.
(3) Die Raad mag, met die instemming van die Senaat, ʼn graad terugtrek of ʼn diploma of sertifikaat ontneem indien dit deur plagiaat, diefstal, bedrog, omkopery of enige ander oneerlike of onwettige handeling verwerf is.
Kongregasie
59. (1) Kwalifikasies moet by ʼn vergadering van die Universiteit wat ʼn kongregasie genoem word, toegeken en uitgereik word, en die kongregasie moet deur die registrateur belê word op ʼn tyd, plek en op ʼn xxxxxx xxxx die reëls bepaal.
(2) Die kanselier of, in die afwesigheid van die kanselier, die rektor of die rektor se verteenwoordiger, tree as voorsitter by die kongregasie op.
(3) ʼn Kwalifikasie mag nie toegeken of uitgereik word nie tensy die registrateur gesertifiseer het en die Senaat tevrede is dat daar aan die vereistes vir die kwalifikasie voldoen is.
(4) ʼn Persoon is nie geregtig op die voorregte van ʼn kwalifikasie totdat dit by ʼn kongregasie toegeken of uitgereik is nie. Indien ʼn student aan die akademiese vereistes vir ʼn graad of diploma voldoen en die graad- of diplomasertifikaat is nog nie uitgereik nie, mag die registrateur ʼn dokument uitreik wat verklaar dat die student aan die akademiese
vereistes vir die graad of diploma voldoen en dat die sertifikaat in ooreenstemming met die reëls uitgereik xxx word.
(5) ʼn Kwalifikasie mag toegeken of uitgereik word in die afwesigheid, of ná die dood, van die betrokke persoon.
Toekenning van eregrade en toekennings
60. Die Raad mag eregrade en toekennings toeken en herroep in ooreenstemming met die reëls.
HOOFSTUK 9 ALGEMEEN
Reëls
61. Die registrateur moet die reëls wat deur die Raad ingevolge klousule 10(2)(b), of ʼn ander liggaam ingevolge ʼn delegasie onder klousule 10(8), gemaak is, publiseer, waarna die reëls in die Universiteit afdwingbaar is. Die registrateur moet in die jaarboek van die Universiteit of elders die xxxxxx en vorm waarop toegang tot die reëls van die Universiteit verkry kan word, bekend maak.22
Uitwerking van vakatures
62. (1) Geen vakature in die lidmaatskap van ʼn liggaam wat deur of ingevolge hierdie Statuut ingestel is, perk die bevoegdheid van daardie liggaam in om kragtens en ooreenkomstig die Wet of hierdie Statuut sy bevoegdhede uit te oefen en sy funksies verrig nie.
(2) Subklousule (1) stel nie ʼn kworumvereiste of die vereiste dat redelike stappe geneem word om so gou as moontlik ʼn vakature in die lidmaatskap van ʼn liggaam wat ingestel is deur of ingevolge hierdie Statuut te vul, tersyde nie.
Delegasies
63. (1) ʼn Liggaam of ampsdraer aan wie ʼn bevoegdheid of funksie deur of kragtens hierdie Statuut toegeken is, mag daardie bevoegdheid of funksie delegeer in die mate wat deur die Wet en hierdie Statuut toegelaat word.
(2) ʼn Liggaam of ampsdraer aan wie ʼn bevoegdheid of funksie in ooreenstemming met hierdie Statuut gedelegeer is, mag sodanige bevoegdheid of funksie subdelegeer slegs ingevolge ʼn magtiging vervat in die delegasie self of andersins met die vooraf goedkeuring van die liggaam of ampsdraer aan wie die bevoegdheid of funksie oorspronklik toegeken is.
(3) ʼn Liggaam of ampsdraer wat enige bevoegdheid of funksie gedelegeer het, xxx verantwoordelik vir die uitoefening van die bevoegdhede en die uitvoering van die funksies wat so gedelegeer is, en mag die delegasie te enige tyd terugtrek.
(4) Die registrateur moet ʼn bygewerkte register van delegasies wat onder of ingevolge die Statuut gemaak is, hou. Die registrateur moet in die jaarboek van die Universiteit of elders die xxxxxx en vorm waarop toegang tot die delegasies verkry kan word, bekend maak.23
Oorgangsbepalings
64. (1) ʼn Liggaam en ampsdraer waarvoor in hierdie Statuut voorsiening gemaak word, wat bestaan het voordat hierdie Statuut in xxxxxxx getree het, hou aan om te bestaan en ʼn amp te beklee, en oefen die bevoegdhede uit en verrig die funksies wat hulle uitgeoefen en verrig het voordat hierdie Statuut in xxxxxxx getree het, maar hulle moet aan hierdie Statuut voldoen binne 24 maande nadat dit in xxxxxxx getree het.
(2) Enigiets gedoen, in xxxxxxx gestel, begin of in die proses van afhandeling ingevolge die vorige Statuut, word geag gedoen, in xxxxxxx gestel, begin of in die proses van afhandeling xx xxxx ingevolge die ooreenstemmende bepaling van hierdie Statuut.
(3) Die bestaande reëls wat ten tye van die inwerkingtreding van hierdie Statuut van krag was, xxx xxx xxxx totdat hulle vervang of opgehef word.
(4) Die Raad mag enige stap as oorgangsmaatreël doen wat nodig is om die effektiewe implementering van hierdie Statuut te verseker.
Wysiging van Statuut
65. (1) Die Raad mag hierdie Statuut met ʼn tweedederdemeerderheid van al sy lede wysig.
(2) Slegs ʼn lid van die Raad mag ʼn wysiging van die Statuut voorstel. ʼn Voorstel vir ʼn wysiging mag ter tafel gelê word indien die registrateur skriftelike kennis daarvan aan al die Raadslede ten minste 14 kalenderdae voor die vergadering waartydens die voorstel ingedien moet word, gegee het, tensy ʼn tweederdemeerderheid van die teenwoordige lede wat stem ten gunste daarvan stem om af xx xxxx van die vereiste van vooraf kennisgewing.