BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT BEROEPSGILDES
BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT BEROEPSGILDES
Hierdie opleidingskursus word deur ‘n derde party (hierna xxxxxx as diensverskaffer) aangebied. Enige verbintenis wat ‘n lid met ‘n diensverskaffer aangaan is tussen daardie lid en die diensverskaffer en nie met Solidariteit nie en vestig daar geen aanspreeklikheid deur Solidariteit teenoor die lid nie.
Die diensverskaffer is nie ‘n agent van Solidariteit nie en kan geen ooreenkom namens Solidariteit aangaan nie. Die diensverskaffer kan nie enige voorstelling of waarborge gee wat ‘n verpligting op Solidariteit plaas nie.
1. Solidariteit gee nie enige waarborg of onderneming, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, skriftelik of mondeling, oor die opleiding, die gehalte van materiaal of aanbieding nie.
I. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir die bemarking of die beskikbaarstelling van inligting rakende die potensiële leerprogram.
II. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van inligting wat verskaf word rakende en tydens die leerprogram en/of toelatingsvereistes tussen die diensverskaffer en lid nie.
III. Die lid het geen eis teen Solidariteit, sy bestuur, werknemers, ondersteuningspersoneel beamptes of agent wat uit die ooreenkoms met die diensverskaffer voortspruit of verband hou
nie, hetsy ‘n ooreenkoms tussen die lid en die diensverskaffer aangegaan is of nie.
2. Die lid vrywaar Solidariteit, sy bestuur, werknemers, ondersteuningspersoneel beamptes of agent, teen alle verlies, eise (insluitend, sonder beperking, skade, besering, dood, aanspreeklikheid en derdepartye), eise vir koste, koste en uitgawes van enige aard (insluitend, sonder beperking, redelike prokureurs fooie) wat direk of indirek voortspruit uit of in verband staan met die ooreenkoms tussen die lid en die diensverskaffer hetsy ‘n ooreenkoms tussen die lid en die diensverskaffer aangegaan is of nie.
3. Hierdie opleidingskursus is slegs vir opbetaalde lede van Solidariteit se Beroepsgildes beskikbaar.
4. ‘n Lid xxx voor toelating tot die kursus aan die diensverskaffer se bepalings en voorwaardes en toelatingsvereistes moet voldoen.
5. Solidariteit behou die reg voor om te enige tyd hierdie aanbieding van die diensverskaffer op die Solidariteit platforms te wysig, skrap, uitbrei, beperk of ‘n tydsduur daaraan xx xxxxxx.
6. Geen vergunning, uitstel of ander toegewing wat Solidariteit aan die lid mag gee ten opsigte van die nakoming van enige verpligting ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes, word onder enige omstandighede geag 'n geïmpliseerde toestemming of uitoefening van afstanddoening daarvan xx xxxx nie en raak nie op enige wyse enige regte van Solidariteit kragtens, of voortspruitend uit hierdie bepalings en voorwaardes nie, en stop of weerhou
nie Solidariteit van die afdwinging xxx xxxxxx en stiptelike voldoening hiervan nie.